AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Grondbone 'n veilige opsie

Verlede seisoen se hoë mieliepryse gaan waarskynlik hierdie somer veroorsaak dat boere die maklike opsie kies en hoofsaaklik mielies plant. Hulle moet egter twee keer dink voordat hulle 'n wisselboustelsel links laat lê en risikobelaaide besluite neem.

Wit mielies word hoofsaaklik in Afrika - wat deur riskante markte gekenmerk word - verbruik. Dít op sig self is al 'n risiko, veral wanneer 'n oorskot die pryse weer kan laat tuimel, soos voorverlede seisoen gebeur het toe pryse tot onder R500/t gedaal het.

Suid-Afrikaanse boere het vyf keuses vir somergewasse: Mielies, sonneblomme, sojabone en grondbone, asook droëbone in sekere gebiede. Hoekom die toekoms dan met een gewas aandurf en die eiers almal in een mandjie pak?

Grondbone word sterk aanbeveel in 'n mielie-wisselbouprogram. Grondbone is 'n moeilike gewas om te verbou, maar selfs in die moeilikste toestande was daar die afgelope twee seisoene boere wat rekord-oeste met topgraderings gehad het. Hoe kry hulle dit reg, terwyl ander boere in dieselfde omgewing die swakste oeste in jare gehad het?

Die antwoord is eenvoudig. Die suksesvolle boere het die basiese beginsels nagekom. Dít bestaan uit: 'n Goeie wisselboustelsel; deeglike saadbeddingvoorbereiding; bemesting wanneer dit nodig is; goeie, suiwer saad; die regte plantprosedure, plantspasiëring en plantdiepte; gewasversorging, met deeglike aalwurm- en blaarvlekbestryding; die regte besproeiing waar dit van toepassing is; die regte oesdatum en korrekte oespraktyke.

Enige monokultuurstelsel is moeilikheid soek. Onder besproeiing verbou sommige boere jaar ná jaar koring in die winter en grondbone in die somer op dieselfde land. Dít is monokultuur, en baie produsente het reeds die nadele daarvan beleef. Op die Vaalharts-besproeiingskema behoort die opbrengste nie onder 4 t/ha te wees nie. Hoeveel produsente kry dit reg? As 'n boer soos mnr. Pieter Burger 6,3 t uitgedopte grondbone per hektaar kon afhaal, met 'n keurgraad van meer as 70 %, hoekom kry ander boere op die skema nie eers 3 t/ha nie, terwyl die graad veel te wense oorlaat?

Nóg 'n voorbeeld is mnr. Willem van Zyl van Hoopstad, wat op droëland ongeveer 3 t/ha oes, terwyl die omgewing se gemiddelde oes skaars 1,5 t/ha is.

Hierdie goeie opbrengste is beslis nie behaal deur grondbone ná grondbone te plant nie. Mnr. Burger het sy oes gehad op 'n land met die volgende geskiedenis van gewas-opvolging: Lusern, koring, mielies, braak en grondbone. Mnr. Van Zyl se groot grondboonoes het gevolg ná twee jaar mielies.

Gars is 'n beter gewas as koring om voor grondbone te verbou, maar die beste is om mielies in te sluit en grondbone ná hawer (wat op mielies volg) te plant. As 'n wintergewas verbou moet word, kan gars en koring ook afgewissel word. Ekonomiese druk laat nie altyd 'n hawer-groenbemesting toe nie, maar grondbone se beter prestasie vergoed daarvoor.

Grondbone word geplant op lande wat diep omgeploeg is. Alle plantreste en die boonste grondlaag moet so diep moontlik ingeploeg word. 'n Ploeg wat die sooi omkeer, moet gebruik word, eerder as een wat die sooi net skuins omvou. Tand- of stoppelbewerking is nie geskik vir grondboonproduksie nie. Aangesien grondbone op sanderige grond verbou word, is wind-erosie 'n probleem, en bewerkingspraktyke moet soms van die ideale stelsels afwyk om dít in ag te neem. Ploeg eers en kompakteer dan die grond met 'n eg of tandroller. Ploeg dus so 50 mm dieper as gewoonlik en bring 'n deel van die gekompakteerde laag na die oppervlakte om harder kluite te vorm om winderosie te help beperk. 'n Ferm saadbedding is wenslik, maar dit kan net verkry word deur 'n eg of tandwerktuig te gebruik op lande wat nie waaiprobleme het nie.

Grondbone het genoeg voedingstowwe nodig om 'n goeie oes te lewer. Eerstens moet die pH of grondsuurheid reg wees, met 'n lesing van ongeveer 6 (water). Normaalweg is die pH te laag; dan moet die boer vooraf kalk toedien en inwerk. As die grondbone in grond met 'n hoë pH geplant of die gewas met besproeiingswater met 'n hoë pH besproei word, is bemestingstowwe wat swawel bevat (superfosfaat, ammoniumsulfaat en gips) 'n beter keuse. Fosfor, kalsium en kalium is baie belangrik, met stikstof in die vierde plek.

'n Basiese aanduiding van die hoeveelheid voedingstowwe vir 'n goeie opbrengs is: 'n Fosforinhoud van meer as 20 (in Bray2-grond),'n kalsiuminhoud van ongeveer 400 dele per miljoen, met kalium altyd sowat 25 % daarvan, naamlik 100 dele per miljoen. Stikstof kan deur die plant self geproduseer word met behulp van die stikstofbindende knoppies op die wortels mits dit goed ontwikkel is.

Waar daar heelwat plantreste is of wanneer hawer, koring, gars of mielies onder besproeiing verbou is, kan die boer voorsiening maak vir 'n stikstof-negatiewe periode en kan hy 40 kg - 60 kg stikstof/ha (op sandgronde) saam met hierdie oesreste of met die ploegaksie voor planttyd inwerk. Die oormatige bemesting van die afgelope jaar of twee op Vaalharts het weer bewys dat boere op dieterrein versigtig moet wees.

Dit word deurgaans aanbeveel dat gips teen ongeveer 300 kg/ha op die ry (droëlande) en 600 kg/ha tot 800 kg/ha (besproeiing) net ná planttyd uitgestrooi word.

Spoorelemente soos magnesium, sink en yster kan met blaarontledings bepaal word wanneer die blare vergeel. Boortekorte kan in uitgeloogde sandgronde met 'n lae pH, soos in die provinsie Limpopo en in die noorde van KwaZulu-Natal, verwag word. Dit is egter eers met pitvorming sigbaar en kan met 'n boortoediening met planttyd en ses weke later reggestel word. Die boer kan grondontledings doen, maar in uitgeloogde sandgronde, soos by Alma, Naboomspruit en in die Waterberggebied, en in die omgewing van Dundee, Wasbank en Vryheid, behoort die boere buitendien boor toe te dien. Een kilogram boor, wat in die twee toedienings verdeel word, los die probleem op.

Die regte kultivar by grondbone gaan afhang van siekteprobleme, hoofsaaklik swart peulvrot. Onder besproeiing is grondbone as keusegewas problematies as swart peulvrot al voorgekom het, omdat diesiekte lank in die grond bly. Harts, Kwarts en tot 'n mate Akwa het redelike weerstand teen die siekte, maar as die besmetting erg is, sal Akwa ook maar tweede kom; selfs Kwarts ook.

Verder is Akwa altyd 'n goeie keuse. Kwarts, met sy beter weerstand teen aalwurm, is ook 'n goeie keuse, maar aalwurm kan bestry word, wat Sellie, Robbie, Jasper en Anel ook goeie keuses maak. Boere moet eers 'n kontrak vir Anel kry, omdat nie alle verwerkers dit aanvaar nie.

Aalwurm is deesdae seker die grootste probleem en behoort goed beheer te word. As die gondboonsaad nie 'n normale pienk kleur het nie, maar vaal-geelbruin vertoon, kom die saad van besmette lande en behoort dit nie geplant te word nie. Boere moet ook bedag wees op agente wat laer dosisse plaagdoder aanbeveel. Die afgelope seisoen het dieraad wéér nie gewerk nie, en lae opbrengste en swak gradering veroorsaak.

Plantluise word eers bestry as die besmettings erg word. Bolwurm word glad nie gespuit nie; dit vrek van 'n virus wat die land bykans immuun teen volgende besmettings maak. Die grondboon-bladmyner, 'n nuwe pes, moet vroeg bestry word. Blaarvlekbestryding is uiters noodsaaklik, maar moet reg en deeglik gedoen word. Blaarvlekbesmetting kan tot vroeëroes lei, met lae opbrengste en swak gehalte. Dit moet dus deeglik bestry word.

Dr. Johan Swanevelder

is verbonde aan die LNR-IGG. Sy adres is Private sak X1251, Potchefstroom 2520. Telefoonnommer 018 299 6100, faksnommer 018 297 6572 en e-posadres: atilda_s@ops1.agric.za

Goedkoop

saad laat oes misluk

Die afgelope seisoen het sommige boere weer

goedkoop saad geplant en gevolglik 'n swak oes gehad. Soos by alle ander

gewasse, en as alle ander faktore reg is, is goeie saad noodsaaklik vir 'n

goeie grondboonopbrengs en goeie gradering.

Dit gaan 'n mens se verstand te bowe dat besproeiingsboere steeds swak, goedkoop grondbone koop om te plant in plaas van goeie saad. Vir goeie resultate moet suiwer saad van 6/7-grootte (of 7/8 as dit nie anders kan nie) geplant word. Die 8/10- en 10/13-grootte is nie vir plant bedoel nie, hoewel 'n redelike opbrengs soms met 8/10-saad verkry word. Volgens LNR-proewe met verskillende saadgroottes lewer groter sade 'n hoër opbrengs en 'n groter persentasie groot pitte op as kleiner sade.

Die saad moet deeglik met 'n swamdoder behandel word, asook met bakteriese entstof net voor planttyd. As die boer Moliflow T gebruik, moet die saad liefs net voor planttyd op die land behandel word. Let op na die saad se voorkoms. Dit moet eetbaar lyk. As dit soos varkkos lyk, sal dit die lande met aalwurm, swartpeulvrot en ander swamme besmet. Ongelukkig word sulke grondbone soms as saad aangebied.

Plant eerder die beste, suiwerste saad wat as getoets gesertifiseer is.

Die beste planttyd is die laaste week van Oktober en die eerste twee weke van November. Die regte tyd wissel van jaar tot jaar, maar die boer kry die beste resultate as hy tussen 20 Oktober en 20 November plant. Later aanplantings lewer laer opbrengste. Goeie opbrengste kan nog verkry word met aanplantings tot vroeg in Desember, maar dit word nie aanbeveel nie.

As dit goed gereën het, of as die grond goed besproei is en ongeveer 'n meter diep nat is, kan die finale saadbedding gereed gemaak word.

Die planters moet vooraf getoets en ingestel word. Behandel die saad dan met swamdoder en 'n entstof vir knoppiesbakterieë, en vul die planterbakke daarmee. Dan kan die plantproses begin.

Die optimum-plantspoed word deur die eweredige spasiëring van die saad bepaal. Gewoonlik is dit heelwat stadiger as met mielies, maar dit wissel van 'n vinnige stapspoed tot 'n ligte draffie volgens die verskillende planterfabrikate en -modelle.

In goeie, nat toestande en op lande wat besproei word, is die plantdiepte 50 mm tot 70 mm, en op droëlande ongeveer 60 mm tot 70 mm. Groter sade moet dieper as klein pitte geplant word; in dieselfde toestande byvoorbeeld 60 mm diep vir 6/7-grootte en 50 mm diep vir 7/8-grootte. Wees egter versigtig vir uitdroging van die bogrond en saad wat stik (begin ontkiem en dan verdroog). Plant dus in klam grond.

Die planterspoor moet 'n riffie bokant die saad maak. As dit nie gebeur nie, behoort die boer krappertjies te monteer om 'n riffie grond bo-op die saad te skraap. Dit moet nie teveel grond bo-op plaas nie. Die riffie sal met die eerste reënbui verdwyn, maar dit kan die saadlobbe help om hoër op te stoot, operd te voorkom en 'n beter opbrengs te lewer.

Gips kan ook met planttyd toegedien word, gevolg deur vooropkoms-onkruiddoders 'n dag of twee later teen die voorgeskrewe dosisse. Hou altyd 'n klein stukkie land oop vir 'n kontrole wat nie bespuit word nie, vir ingeval dit skade veroorsaak. Ses rye van 50 meter lank behoort genoeg te wees. Roei onkruid hier met die hand uit.

Rywydtes op droëlande wissel van 900 mm tot 1 m na gelang van die grondtipe en hoeveelheid vog. Onder besproeiing is die rywydtes 450 mm tot 600 mm. In albei gevalle word 'n spasiëring van 75 mm in die ry aanbeveel. Met planttyd moet egter vir ontkieming voorsiening gemaak word; dus kan die spasiëring tot 50 mm verminder word, aangesien nie alle sade sal opkom nie.

Belangrik: Maak seker die planter plant reg.

Besproeiingsboere moet ook kennis neem dat 'n koringplanter vir koring, gars en

rog baie doeltreffend vir hierdie gewasse is, maar dit is nie

vir grondbone geskik

nie.

6 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot