AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Groot geleenthede vir menslike verbruik van sojabone

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Sojabone. Foto: Johan Norval
Sojabone. Foto: Johan Norval
Op ’n voedselberaad van die Verenigde Nasies wat binnekort gehou word, gaan aanbeveel word dat minder diereprodukte deel van mense se dieet moet vorm.

Op ’n voedselberaad van die Verenigde Nasies wat binnekort gehou word, gaan aanbeveel word dat minder diereprodukte deel van mense se dieet moet vorm. Dit bied ’n unieke geleentheid om sojaboonprodukte by verbruikers te bevorder, het prof. Hettie Schönfeldt van die fakulteit natuur- en landbouwetenskappe aan die Universteit van Pretoria gesê op ’n simposium oor sojabone vir menslike verbruik.

Sy het gesê daar sal egter belê moet word in navorsing en ontwikkeling sodat moderne tegnologie ingespan kan word om dít wat aan die verbruiker gebied word, te verbeter. Verbruikers moet ook bewus gemaak word van die voordele en dit moet aanloklik wees vir diegene wat let op die voedsaamheid, asook diegene wat hul sente omdraai.

Kenners op die seminaar was dit eens dat daar by baie verbruikers nog ’n siening is dat sojabone kos vir diere is en nie regtig geskik is vir menslike verbruik nie.

Schönfeldt het gesê dit is ’n verspeelde geleentheid as verbruikers nie ingelig word oor die verbruik van sojabone nie en as die gebruik daarvan in voedselprodukte weggesteek word. Dit is nou die ideale geleentheid om proteïene van verskeie bronne aan te beveel. Produkte wat sojabone bevat, kom in bykans elke winkelrak van ’n supermark voor.

Sy het gesê die ideale inname van droëbone of sojabone word geraam op ’n porsie per dag (10 kg per capita per jaar), terwyl die werklik inname tans minder as 2 kg per jaar is. Daar is dus baie groeipotensiaal daarvoor in Suid-Afrika. In die skoolvoedingsprogramme word sowat 9 miljoen kinders vyf dae ’n week gevoed en soja word gereeld in die vorm van maalvleis saam met pap en groente bedien.

Studie oor verbruikers se onkunde

Oor verbruikers se onkunde oor die gebruike van soja het Schönfeldt verwys na ’n studie wat gedoen is onder verbruikers in die hoërinkomstegroepe, tussen die ouderdom van 25 en 65. ’n Reeks produkte wat kerse, vissmeer, sjokoladesmeer, skyfies, ontbytkosse, melkpoeier, soppoeier, wors en maalvleis is voorgehou en net 27% het geweet soja kan in al die produkte voorkom.

Op ’n vraag oor hoe dikwels hulle soja eet, het 17% gesê nooit, 54% net soms en 10% daagliks. Meer as die helfte van die verbruikers het gesê hulle sal soja eet as daar maklike en smaaklike resepte daarvoor beskikbaar was en 11% het gesê hulle sal nie oortuig kan word om soja te eet nie.

Prof. LJ Grobler, ’n professor in meganiese ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit en ’n kenner van die verwerkingsproses van sojabone, het gesê die persepsie van sojabone het jare terug ’n knou gekry toe die eerste pogings wat soos maalvleis gelyk het, aaklig gesmaak het. “Baie sojaprodukte in die buiteland is feitlik gereed vir eet. Dit moet water geweek word of het min voorbereiding nodig. Ons moet die verwerking plaaslik tot by die finale produk neem en dit is waar die geleenthede lê.”

Hy het gesê in hierdie stadium word hierdie plantgebaseerde vleisvervangende produkte ingevoer en ten duurste verkoop. As die koste van die grondstowwe en die verwerking in ag geneem word, behoort hierdie produkte net 60% van die prys van normale vleis te kos en nie andersom nie.

Prof. Wilna Oldewage-Theron, professor in voedingswetenskap aan die tegniese Universiteit van Texas in Amerika, het daarop gewys dat sojabone 38% proteïen en 18% olie bevat. Sy sê sojabone bevat meer kilogramme proteïen per hektaar as enige ander gewas. Sojaboonproduksie is 17 keer doeltreffender as enige ander bron van proteïen en gebruik ook die minste water.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
-0.0%
Rand - Euro
16.83
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.77
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil leer mey ander deel
Ek probeerom ander mense op te helder en ek hou ook baie van eet. Ek hou daarvan om ui te eet en ook om my eie kos te maakEk hou daarvan om aktief te wees deur bergfiets te ry...
Ek kan baie waarde toevoeg tot jou lewe...
Ek is n vrou met sagtheid en n vriendelike geaardheid. Dit sal vir my lekker wees om n man se huis in n heerlike tuiste te omskep waar vriende en familie saam kan kuier. Eensaam...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot