Grondbone kan help om die risiko van gewasboerdery te
beperk, maar dan moet die boer, verwerker en uitvoerder hul deel doen. Boonop
wag 'n goeie beloning op boere wat grondboonboerdery wetenskaplik benader.
Boere moet elke jaar, wanneer hulle aan die begin van die produksieseisoen beplan, drie faktore in ag neem: Die verskillende gewasse beskikbaar, die hoeveelheid grond beskikbaar en hoe gekose gewasse by die bepaalde wisselbouprogram inpas.
ál drie faktore moet deeglik ondersoek en in ag geneem word voordat 'n boer 'n ingeligte besluit kan neem, sê dr. Wimpie Nell van die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Landboubestuur.
Die boer moet die bruto marge van die verskillende
gewasse volgens sy bestuursvermoë en die boerdery se produksievermoë bepaal. Die
produksie-inligting van grondbone, sonneblomme en mielies (die gemiddelde
opbrengs, gradering
en pryse in die gebied van die onderneming Suidwes Beleggings) in die tabel is 'n goeie voorbeeld van hoe hierdie inligting as hulpmiddel vir goeie besluite gebruik kan word.
Die gemiddelde opbrengs, gradering en prys van grondbone, | ||
| 2000/01 | 2001/02 |
Grondbone: | ||
Gemiddelde pitprys (R/t) | 2 181,00 | 3 224,00 |
Gemiddelde hooiprys (R/t) | 350,00 | 400,00 |
Pitopbrengs (t/ha) | 1,26 | 1,15 |
Hooi-opbrengs (t/ha) | 0,75 | 0,80 |
Bruto inkomste (R/ha) | 3 011,00 | 4 028,00 |
Veranderlike koste (R/ha) | 1 439,00 | 1 870,00 |
Bruto marge (R/ha) | 1 572,00 | 2 158,00 |
Sonneblomme: | ||
Gemiddelde saadprys (R/t) | 1 300,00 | 2 500,00 |
Pitopbrengs (t/ha) | 0,90 | 1,20 |
Bruto inkomste (R/ha) | 1 170,00 | 3 000,00 |
Veranderlike koste (R/ha) | 923,00 | 1 230,00 |
Bruto marge (R/ha) | 247,00 | 1 770,00 |
Mielies: | ||
Gemiddelde saadprys (R/t) | 913,00 | 1 200,00 |
Gemiddelde hooiprys (R/t) | 250,00 | 300,00 |
Pitopbrengs (t/ha) | 2,20 | 2,40 |
Hooi-opbrengs (t/ha) | 1,50 | 1,50 |
Bruto inkomste (R/ha) | 2 384,00 | 3 330,00 |
Veranderlike koste (R/ha) | 1 439,00 | 1 870,00 |
Bruto marge (R/ha) | 945,00 | 1 460,00 |
Die gradering van sonneblomme in 2000/01 was soos volg: Keurgraad 44%, diverse graad 29% en persgraad 27%. In 2001/02 was die gradering volgens die drie grade onderskeidelik 54%, 30% en 16%.
| ||
Die pryse vir die verskillende grade in 2000/01 was soos volg: Keur |
Dieinligting wys dat wanneer vergelykings tussen gewasse getref word met die
oog op gewasbeplanning, die boer noukeurig moet let op die opbrengs en
prysvlakke en dit by sy eie situasie aanpas.
Dr. Nell waarsku dat die bruto marge opbrengs- en pryssensitief is. As die
gradering van grondbone in 2001/02 byvoorbeeld 70 % keurgraad, 20 % diverse
graad en 10 % persgraad sou wees, styg die bruto marge tot R2 589/ha, wat R1
129/ha hoër is as dievan mielies.
Die huidige hoë mieliepryse lei daartoe dat boere groot stukke grond met
lusern of permanente weiding vir mielies omploeg. Hierdie besluit kan dalk
korttermynvoordele hê, maar kan op die duur nadelig wees.
Boere moet nie die rol van grondbone as wisselgebougewas miskyk nie. 'n
Opname oor die afgelope agt jaar het gewys dat die opbrengs van mielies ná
grondbone in 'n wisselboustelsel 900 kg/ha meer is as in 'n enkelgewasstelsel
waar mielies ná mielies verbou word.
Mnr. Piet Viljoen, hoofbestuurder van Groundnut International, 'n afdeling
van die Suidwes-groep, sê die grondboonbedryf benodig nou boere wat besef dat 'n
wisselbouprogram met grondbone die besigheidsrisiko verlaag, 'n vaste
oppervlakte jaar ná jaar daarmee beplant en trots is op die gehalte van die
produk.
"Ons wil onderskei tussen boere wat grondbone net by geleentheid plant en die
wat gereeld grondbone plant, en boere wat ag slaan op praktyke wat nodig is om
goeie grondbone te lewer.
'n Boer wie se oes 80 % keurgraad lewer, kan R1 000/ha meer in sy sak steek
as iemand wat 44 % keurgraad lewer. Dit kos net R200/ha meer om die beter produk
te lewer. Só 'n boer kan met grondbone 'n inkomste van R2,3 miljoen op 500 ha
genereer. "Dit is wisselbou se bydrae tot bestendigheid, ongeag die hoë
mielieprys."
Volgens mnr. Viljoen is daar nog 'n paar uitdagings vir die grondboonbedryf.
Hiervan is die beskerming van die saadskema en gestruktureerde bemarking wat
regstreeks afhanklik is van toegewyde, eerbare en gereelde produsente van
grondbone. "Boere vir wie dit saak maak, moet verseker dat die bedryf in
Suid-Afrika sal voortbestaan."
Boere moet dus goed nadink voordat hulle besluit om aansienlik minder te
produseer. 'n Groot afskaling kan tot gevolg hê dat 'n mark wat oor baie jare
gevestig is, verlore gaan. Wantroue in die internasionale mark weens swak
prestasie sal dit moeilik maak om die verlore markaandeel terug te kry.
Hy sê Groundnut International het naam gemaak op die internasionale mark deur
volgehoue leweringsprestasie, gehalte en integriteit. Die maatskappy word as die
leidende vennoot in die Suid-Afrikaanse grondboonbedryf gereken.
Verskeie betrokkenes het reeds hul samewerking aan die Suidwes-groep gegee.
Saam met dr. Schalk van Wyk van Soygro is 'n plan gemaak om 'n groter inkomste
uit grondboonproduksie te verseker.
Volgens dr. Van Wyk is 'n vooroes-produksieprogram saamgestel wat daarop
gemik is om gehalte drasties te bevorder. Dit sluit veral die beperking van
aflatoksien in. Grondliggend aan die program is die versterking van
plantweerstand teen aalwurm- en aflatoksienswamme deur 'n 3/2/1-puntplan.
In diebesondere plan lewer ál die betrokkenes - die boer, die verwerker en
die uitvoerder - 'n bydrae om grondbone se gehalte te verbeter en te verseker
dat die grootste deel van die oes geskik is vir eet en uitvoer.
Die plan beklemtoon die boer se verantwoordelikheid om die genoemde twee
swamme deur wisselbou en biologiese maatreëls te bestry. Die boer is ook
verantwoordelik vir die optimalisering van plantweer-stand deur kultivarkeuse,
saadbehandeling, plantvoeding, stremmingsbeperking en aalwurmbestryding. Hy moet
ook peuldrogingsbestuur verbeter deur drogingsge-riewe daar te stel of deur
beter hopies te pak.
Dr. Van Zyl sê die boer kan dus deur die regte bestuurspraktyke, soos
wisselbou, saadbehandeling en die korrekte kultivarkeuse sy oes verbeter. Sy
aksies, van uithaal tot met lewering, kan eweneens 'n belangrike bydrae lewer om
gehalte te verseker.
Swamme hou op groei wanneer die peule se voggehalte by 9 % kom, wat beteken
dat toksiene nie gevorm kan word nie. Betreklik vinnige droging tot op hierdie
vlak is dus belangrik. Die houers waarin die peule geplaas word, moet van 'n
materiaal wees wat verseker dat die bone verder sal afdroog. Hierdie saak is
veral van deurslaggewende belang waar boere meganies oes. As 'n boer nie die
toerusting het om groot hoeveelhede te droog nie, moet goiingsakke gebruik word.
Om die beste gehalte te verseker, moet grondbone gelewer word wanneer die
voggehalte 7 % is. Teen hierdie voggehalte kan die bone in polipropileensakke
gelewer word. Miedens kan by leweringspunte gepak en met plastiekseile bedek
word. Latere hantering sal met hierdie stadige droging nie so 'n groot risiko
vir die breek van sade inhou nie, sê dr. Van Wyk.
Die verwerker se verantwoordelikheid is die tipering van die produk om vas te
stel of dit besmet of skoon is en die afsondering en deurlugting daarvan. Die
uitvoerder moet waak teen vrywater en swamgroei tydens die bootreis. (Die
vrywater is die vog wat rondom die bone kondenseer en swamgroei bevorder.)
Volgens mnr. Viljoen is Groundnut International ook betrokke by
kultivarontwikkeling wat die vereiste grondboon volgens internasionale vraag sal
lewer. Voorts word navorsing deurlopend gedoen ten opsigte van veranderings op
die internasionale mark en nuwe geleenthede vir waardetoevoeging.
Dr. Van Wyk het gesê plantgesondheid moet elke boer se wagwoord wees as hy 'n
goeie opbrengs wil verkry en beter grondbone wil produseer. Die geslaagde
bestryding van plae, soos blaarvlek, stam- en peulsiektes en aflatoksien, wat
alles betreklik algemeen in die hele produksiegebied voorkom, en swartpeulvrot,
sclerotinia- en botritis-stamvrot, asook skurwepeul-aalwurm, wat meer beperk
voorkom, begin by die besluite wat die boer vooraf moet neem.
Van hierdie besluite is byvoorbeeld of die land wat geplant word, deel is van
'n vaste wisselboustelsel en of dit 'n herhalende aanplanting is wat 'n groter
risiko vir gehalte is en dus buitengewone voorsorg vereis. Die vooraf bewerking
is eweneens belangrik en dr. Van Wyk beveel die gewone ploegbewerking aan, veral
waar grondbone herhalend op 'n land verbou word.
Die ander belangrike saak is die keuse van kultivar en die gehalte van die
saad, sê dr. Van Wyk. Dr. Jan Swanevelder van die LNR-Instituut vir Graangewasse
op Potchefstroom, beveel aan dat in gebiede waar swart peulvrot voorkom, boere
die kultivars Akwa en Kwarts plant, omdat die uitvoermark dit bo kultivars soos
Sellie, Robbie en Jasper verkies.
Volgens dr. Van Wyk is die risiko vir die vatbaarheid van aflatoksien ook
kleiner by Akwa en Kwarts.
Nog 'n belangrike stap tot plantgesondheid is die behandeling van saad voor
plant, het hy gesê. Hiervoor is 'n swamdoder spesiaal ontwikkel wat nie net 'n
swamdoder en belangrike voedingselement aan die plant toedien nie, maar ook 'n
draer is van die stikstofbindende rhizosfeerbakterieë.
Dit is wel meer moeite om grondbone as byvoorbeeld mielies te verbou, maar
die beloning kan heelwat meer wees vir die moderne wetenskaplike grondboonboer,
het dr. Van Wyk gesê.
11 Oktober 2002