AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Grootste someraanplantings ooit verwag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sojabone. Foto: Alani Janeke
Sojabone. Foto: Alani Janeke
Met sojabone wat seëvier ten koste van veral mielie- en sonneblomaanplantings kan Suid-Afrika uitsien na sy grootste someraanplantings ooit.

Soos allerweë verwag, dui ’n opname van die nasionale oeskattingskomitee (NOK) daarop dat produsente in die somerreëngebied beoog om die meeste sojabone ooit te plant.

Dr. Werner Rossouw, direkteur van Silostrat, sê in reaksie op die plantvoornemens die totale somerseisoenaanplantings van 4,351 miljoen ha sal die grootste wees sedert die ontstaan van die vrye mark.

Die vorige rekord was 4,343 miljoen ha die afgelope seisoen en die vorige hoogste was in 2000 met 4,216 miljoen ha. Die tienjaargemiddelde is 3,930 miljoen ha.

“Hierdie sowat 400 000 ha meer as die tienjaargemiddelde dui daarop dat die hoë kommoditeitspryse en die goeie grondvog wat tans teenwoordig is, saam met goeie reënverwagtinge, veroorsaak het dat heelwat oorlêlande nou weer benut word.”

Die voorgenome sojaboonaanplantings toon ’n toename van 16,2%, of 150 200 ha, teenoor die afgelope seisoen – vanaf 925 300 ha tot 1,076 miljoen ha. Volgens die opname, wat die situasie teen middel Oktober weerspieël, beoog kommersiële produsente om 2,591 miljoen ha mielies vir 2023 te plant.

Dit is 32 000 ha (1,2%) minder as die vorige seisoen. In die geval van witmielies beoog hulle om 1,502 miljoen ha te plant, wat 73 000 ha (4,6%) minder as die vorige seisoen is. In die geval van geelmielies is die verwagte aanplantings 1,089 miljoen ha, wat 41 000 ha (3,9%) meer is as die afgelope seisoen.

Sonneblom

In sy reaksie op die plantvoornemens sê dr. Dirk Strydom, hoof van bemarking, Nampo en navorsingskoördinering by Graan SA, daar was ’n verwagting dat meer mielie-hektare aan sojabone afgestaan sou word. Daar was egter ’n groter afname in die verwagte sonneblomaanplantings. “Dit kan wees weens die bekommernisse en ervaring met Sclerotinia die afgelope seisoen. Die goeie nuus is dat soja-uitvoer goed verloop, wat verligting bring gegewe die groei in produksie.”

In die geval van sonneblomsaad word die verwagte aanplantings beraam op 580 500 ha, wat 90 200 ha (13,4%) minder is as die 670 700 ha van verlede seisoen. Die verwagte aanplantings van grondbone gaan ook afneem met 8 900 ha (20,5%) tot 34 500 ha en sorghum gaan met 4 100 ha (11%) afneem tot 33 100 ha.

Trekkerverkope

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, sê goeie trekkerverkope sedert die begin van die jaar, die vooruitsigte van ’n La Nina en betreklik hoë kommoditeitspryse het alles gedui op verhoogde aanplantings soos wat dit nou ook in die plantvoornemens aangetoon word. “Daar was egter ook vrese dat stygende produksiekoste – veral kunsmis en landbouchemikalieë – aanplantings kon ontmoedig het, maar die data dui op die teenoorgestelde. Hoewel die plantvoornemens belowend lyk, sal die hoër insetkoste boere se winste meer benadeel as die vorige seisoen.”

Hy beklemtoon dat hierdie faktore buite boere se beheer is omdat die prysverhogings die toestande op die wêreldmark weerspieël. Suid-Afrika voer sowat 80% van sy jaarlikse kunsmisverbruik in en kunsmiskoste is sowat 35% van ’n graanboer se produksiekoste.

Sojaboon-voorspelling

Mnr. Jozeph du Plessis, boer van Schweizer-Reneke, sê hy bly by sy voorspelling dat in sy distrik daar vir die eerste keer in menseheugenis meer sojabone as mielies aangeplant kan word. In die verre weste van Noordwes en die Vrystaat word heelwat meer sojaboonaanplantings beplan.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.00
+1.0%
Rand - Pond
20.31
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.15
+0.4%
Silwer
21.24
+1.5%
Palladium
1,840.00
-0.5%
Platinum
1,007.60
+1.5%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot