AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9423
0,00
CORN
28 Sep
-
4756
0,00
SOYA
28 Sep
-
9247
0,00
SUNS
28 Sep
-
9708
0,00
WEAT
28 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
28 Sep
-
4779
0,00
YMAZ
28 Sep
-
4682
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Hoër vraag na mielies in Afrika suid van Sahara

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Werner Rossouw
Ter illustrasie. Foto: Werner Rossouw
Kenia se verbod op geneties gemodifiseerde (GM) mielies kan noodsaaklike invoer vir dié land in die nuwe bemarkingsjaar bemoeilik.

Die vraag na mielies in Afrika suid van die Sahara in die 2022-’23-bemarkingsjaar gaan na verwagting aansienlik hoër wees as in die vorige bemarkingsjaar, terwyl die lande wat normaalweg in die streek uitvoer – Suid-Afrika, Tanzanië en Zambië – minder voorraad as verlede jaar sal hê.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê op streekvlak word gewoonlik sowat 3,4 miljoen ton mielies ingevoer, waarvan die meeste witmielies vir menslike verbruik is. Die invoerlande is normaalweg Kenia, Zimbabwe, Botswana en Mosambiek.

“Kenia sal na raming in die 2022-’23-bemarkingsjaar sowat 700 000 ton mielies moet invoer. Hoewel dit sowat 13% minder is as in die vorige bemarkingsjaar, is dit steeds ’n aansienlike hoeveelheid. Verlede jaar het Zambië, Tanzanië, Zimbabwe en Suid-Afrika goeie oeste gehad en daar kon maklik in Kenia se vraag voorsien word. Tanzanië en Zambië was hoofsaaklik die verskaffers aan Kenia al is Suid-Afrika die grootste produsent in die streek.”

Hy skryf Suid-Afrika se gebrekkige deelname aan Kenia se mieliemark toe aan die feit dat Kenia steeds ’n invoerverbod op geneties gemodifiseerde (GM) produkte het en 80% van Suid-Afrikaanse mielieproduksie is GM. “Dit is al lank ’n beleidsposisie in Kenia. Daar is aanduidings dat Kenia se reguleringsowerhede onlangs proewe voltooi het om GM mielies goed te keur, maar die kabinet moet die kommersialisering daarvan nog finaal goedkeur.”

Sihlobo sê Kenia se beleidsposisie oor GM kan sy invoer bemoeilik. Tanzanië wat altyd tot die redding kom, se produksie sal op ’n jaargrondslag sowat 16% laer wees op 5,9 miljoen ton, volgens die Amerikaanse departement van landbou. Dit word toegeskryf aan droogte aan die begin van die seisoen, skade deur herfskommandowurms en minder kunsmistoediening weens die hoë kunsmispryse.

Volgens die departement se ramings kan Tanzanië se uitvoer afneem van 800 000 ton verlede jaar tot 100 000 ton in hierdie bemarkingsjaar. “Dit sal nie genoeg wees om in Kenia se behoefte te voorsien nie,” sê Sihlobo. “Die fokus kan dan op Zambië en Suid-Afrika wees vir invoer. Dit is nog onduidelik hoeveel mielies Zambië vir uitvoer beskikbaar sal hê. Gegewe huidige ramings van 14,7 miljoen ton vir Suid-Afrika, kan Suid-Afrika 3,2 miljoen ton vir uitvoer beskikbaar hê. Hiervan sal sowat 78% geel- en 22% witmielies wees.”

As Kenia wil hê dat Suid-Afrika tot sy redding moet kom, sal hy aanpassings aan sy GM-wetgewing moet doen.

Hy wys daarop dat Mexiko en Argentinië ook mielies aan Kenia kan verskaf. Amerika en Brasilië sal dalk ook ’n markaandeel in Kenia wil bekom. Die voordeel vir Suid-Afrika is egter sy aansienlike voorraad witmielies vir uitvoer en dit is die graan wat Keniaanse verbruikers verkies.

“Vir Suid-Afrika is dit belangrik om die dinamika in die mieliemark dop te hou, want ’n toename in invoer in die streek sal ’n invloed op pryse hê,” sê Sihlobo.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.14
-0.7%
Rand - Pond
19.34
-0.1%
Rand - Euro
17.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.8%
Goud
1,625.20
-0.3%
Silwer
18.17
-1.2%
Palladium
2,065.00
-0.5%
Platinum
848.78
-0.6%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,621
0.0%
Alle aandele
64,026
0.0%
Hulpbronne 10
56,997
0.0%
Industriële 25
79,272
0.0%
Finansiële 15
14,209
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot