Me. Mariam Mayet, uitvoerende direkteur van die African Centre for Biodiversity (ACB) wat die aansoek gebring het, sê die aanlyn hofverrigtinge van 7 en 8 Februarie was nie bedoel om uitspraak te lewer oor of die geen droogteverdraagsaam is of nie, maar net of die prosedures wat gevolg is om dit toe te laat, prosedureel korrek was.
“Toe die geen in 2015 deur die uitvoerende raad vir geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s) goedgekeur is, het die ACB ’n administratiewe appèl aangeteken en onsekerhede, risiko’s en nie-nakoming van Suid-Afrikaanse wette uitgewys.”
Ten spyte daarvan het die appèlraad bloot die besluit van die uitvoerende komitee outomaties goedgekeur deur Monsanto se aansprake te herhaal, sê Mayet.