AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9384
0,00
CORN
03 Okt
-
4797
0,00
SOYA
03 Okt
-
9314
0,00
SUNS
03 Okt
-
10079
0,00
WEAT
03 Okt
-
7065
0,00
WMAZ
03 Okt
-
4845
0,00
YMAZ
03 Okt
-
4793
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hou pH in die groen

Grondsuurheid is soos 'n verkeerslig: As 'n boer 'n suksesvolle, winsgewende akkerbouer wil wees, moet hy deeglik let op die rooi, oranje en groen ligte. As hy 'n rooi lig ignoreer, sal hy ontnugter word - net soos 'n motorryer wat teëspoed kan kry as hy roekeloos is.

Grondsuurheid is soos 'n verkeerslig: As 'n boer 'n

suksesvolle, winsgewende akkerbouer wil wees, moet hy deeglik let op die rooi,

oranje en groen ligte. As hy 'n rooi lig ignoreer, sal hy ontnugter word - net

soos 'n motorryer wat teëspoed kan kry as hy roekeloos is.

Die hoeksteen vir suksesvolle akkerbou in die algemeen en mielieverbouing in die besonder is ongetwy-feld 'n gesonde grondsuurheidsvlak, veral op die Hoëveld waar versuring weens hoë reënval en ondeurdagte bemestingspraktyke dikwels 'n beperkende faktor vir wins-gewende produksie is.

Dr. Gawie du Toit, bekende grondkundige wat die lang pad vanaf navorsing tot boer geloop het, se raad is kort en bondig: Beweeg weg uit die gevaarsone van 'n lae grond-pH (wat gewasproduksie beperk) en produseer die gewasse in 'n gunstige pH-gebied.

Hy sê die pH dui die gevaar of veiligheid van grondsuurheid aan: Dit kan met 'n verkeerslig vergelyk word: Rooi, oranje of groen. Dit werk soos volg:

Rooi: Dien kalk so gou moontlik toe, want gewasproduksie is aan die afneem.

Oranje: Die gevaarligte flikker en die boer moet dadelik die pH begin verhoog.

Groen: Die pH is gunstig vir gewasverbouing en geen kalk is nou nodig nie.

As die grond kalk moet kry omdat die pH baie laag is, moet die boer nie net uit die rooi na die oranje sone begin beweeg nie; hy moet eerder genoeg kalk toedien om hom regdeur tot in die veilige groen sone te neem, anders moet hy oor 'n jaar weer kalk toedien. As hy eers in die groen sone is, kan hy dalk vir 'n paar jaar sonder kalk klaarkom. "Dit is dus raadsaam om eenmalig genoeg kalk te strooi om 'n goeie pH-fondasie te lê deur die grond aansienlik te neutraliseer," sê hy.

Kalktoediening is 'n groot en frustrerende taak. Die kalk moet baie fyn wees om doeltreffend te wees, maar dan waai dit maklik weg. Daarom strooi hy die kalk gewoonlik laatmiddag of vroegoggend wanneer die wind as 'n reël nie waai nie. Hy meng die kalk deeglik met die grond met 'n skotteleg, waarna hy die grond so diep moontlik ploeg (sowat 300 mm) - 'n duur taak.

Dit is nie wenslik om sandgrond jaar ná jaar te ploeg nie, omdat dit maklik waai, wat nog 'n belangrike rede is waarom dr. Du Toit sy grond nie elke jaar bietjies-bietjies kalk gee nie, maar net elke drie tot vier jaar. Dit is dus ook in die grondstruktuur se belang om eenmalig kalk te gee en te ploeg en die lande daarna met tandwerktuie te bewerk totdat kalk weer nodig is.

Die boer kan egter nie sonder hierdie ploegaksie wegkom wanneer hy kalk toedien nie, want dit is die beste manier om die kalk diep en goed met die grond te meng. Dit moet in die wortelsone beland. Hiervoor is 'n tandbewerking nie doeltreffend genoeg nie.

Hy het in die seisoen 1981/82 met mielieproewe op die Nooitgedacht-proefplaas by Ermelo begin om onder meer die werking van geneutraliseerde suurgrond sowel as lae toedienings van stikstof, kalium en fosfaat te ondersoek. Hierdie proewe is voortgesit nadat dr. Du Toit Nooitgedacht in 1992 verlaat het. Mnr. Marius van Rensburg is tans aan die stuur van sake.

Albei proefpersele is eenders bemes, naamlik 165 kg stikstof, fosfor en kalium per hektaar, wat as 'n hoë bemesting bestempel kan word. Net die een perseel het in sommige jare kalk gekry om die pH(KCl) op ongeveer 5 te hou.

Dit is insiggewend dat daar in die eerste ses jaar (1981/82 tot 1986/87) min verskil was tussen die proefperseel wat kalk gekry het en die kontroleperseel waarvan die grond slegs bemes is en wat geen kalk ontvang het nie.

Vanaf die sewende seisoen (1987/88) was daar 'n dramatiese verskil in opbrengs tussen die twee behandelings, uiteraard ten gunste van die perseel wat kalk gekry het. Die volgende vyftien seisoene (1987/88 tot 2001/02) was nóg merkwaardiger.

Die perseel wat kalk gekry het, het deur die jare 'n goeie oes gelewer, dikwels 5 t/ha en soms selfs meer as 6 t/ha, terwyl die perseel wat geen kalk ontvang het nie, vanaf die sewende seisoen (1987/'88) kwalik 3 t/ha kon haal en vanaf 1991/'92 in duie gestort het. Sedert 1996/97 was die oes op die kontroleperseel net sowat 500 kg/ha, wat in enige landboutaal 'n misoes is.

Dr. Du Toit sê boere moet daarop let dat die groot wisseling tussen jare deur die wisselende klimaat (veral reënval) veroorsaak word en dat dit verreweg die prominentste faktor is wat die mielie-opbrengs in die somersaaigebied bepaal.

Ontstellend

Sowat 1 ton tot 2 ton kalk per hektaar is nodig om die grond se pH konstant te hou. Uiteraard is dit nie genoeg om 'n wantoestand reg te stel nie. Dit is ontstellend dat kwalik 1 miljoen ton kalk jaarliks vir Suid-Afrika se totale gewasproduksie gebruik word, terwyl minstens 3 miljoen ton kalk nodig is om die pH van slegs die sowat 3 miljoen ha mieliegrond op 'n konstante pH te hou, wat nog te sê wantoestande reg te stel.

Dr. Du Toit het reeds in 1976 met kalk- en bemestingproewe by Nooitgedacht begin. Later het hy die kleinperseel-gegewens (soos proewe op klein proefpersele bekend staan) op groter skaal uitgebrei deur dit kommersieel by boere in Noordwes en die Vrystaat te evalueer. Nadat hy die Departement van Landbou se diens in 1992 verlaat het, het hy self begin boer en het hierdie waardevolle kennis suksesvol in sy eie mielieboerdery by Ermelo toegepas.

Hy praat nie graag oor sy eie boerderyprestasies nie, maar sê wel dat dit insiggewend is dat hy goed daarin slaag om sy grond se pH in die omgewing van 6 te hou en verkies om konserwatiewe, laerisikobemesting toe te pas deur net sowat 65 kg stikstof, kalium en fosfaat per hektaar toe te dien, wat ver benede die peil van 165 kg/ha is wat in die Nooitgedacht-proewe gevolg word. Dit is 'n hoë bemestingpeil wat deur baie boere ter wille van hoë opbrengs gevolg word.

Dr. Du Toit het tot dusver minstens 5 t kalk per hektaar toegedien op daardie lande wat dit nodig het. Hierdie toediening geskied gewoonlik elke drie of vier jaar. Noudat hy so 'n gunstige grond-pH bereik het, sal hy waarskynlik net elke vyf jaar kalk op 'n land toedien.

Hierdie benadering word deesdae met groot sukses deur baie boere oor die hele somersaaigebied gevolg.

Navrae: Dr. Gawie du Toit, Posbus 913, Ermelo, 2350; tel. 083 630 1330; e-pos gmdt@tlu.co.za.

Goeie

kalk die geheim

Die belangrike boodskap van goeie kalk kan nie genoeg beklemtoon word nie, sê dr. Gawie du Toit. Enige kalk wat bemark word, moet aan bepaalde regulasies voldoen, wat deur die Registrateur van Misstowwe neergelê word.

Kalk word in sterk soutsuur gekook om dit vir doeltreffendheid te toets. As dit hierdie toets slaag, word die kalkbron as geskik beskou vir die neutralisering van grond.

Dit is egter nie die manier waarop die grond en plante op die kalk reageer nie, want baie flouer suurbronne in die grond moet op die kalk inwerk om dit sy werk te laat doen.

Prof. Willem Fölscher van die Universiteit van Pretoria (wat intussen afgetree het) het al langer as 20 jaar gelede saam met sy nagraadse studente 'n metode ontwikkel, harswaardebepaling, wat juis die natuurlike toestande in die grond naboots. Dit het gehelp met die bepaling van 'n kalkbron se werklike doeltreffendheid om 'n vinnige neutralisering van die grond-pH moontlik te maak. Diemetode bepaal 'n kalkbron se vermoë om die grond op die kort termyn te neutraliseer. Kalk met 'n goeie harswaarde is noodwendig baie fyn om baie doeltreffend te kan wees. Hoe nader die harswaarde aan 100 % is, hoe beter is die kalk. Boere moet veral op hierdie waarde van die kalk let. Die kalkgehalte gaan vir dr. Du Toit oor die doeltreffende neutralisering op kort termyn. Die kalk moet die grond so gou moontlik (binne ses tot agt weke) grootliks neutraliseer - en nie eers ná 'n lang tyd nie. 5 September 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.0%
Rand - Pond
20.06
+0.5%
Rand - Euro
17.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,662.50
+0.1%
Silwer
19.20
+0.9%
Palladium
2,166.73
+0.0%
Platinum
867.03
+0.3%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
0.0%
Alle aandele
63,726
0.0%
Hulpbronne 10
60,230
0.0%
Industriële 25
77,400
0.0%
Finansiële 15
13,796
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot