AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Jongste neigings in rissiebedryf

Weens die groeiende vraag na groenrissies behoort boere sekere riglyne te volg om te verseker diegroentesoort voldoen aan die hoë vereistes wat gestel word.

Wee/ns die groeiende vraag na groenrissies behoort boere

sekere riglyne te volg om te verseker diegroentesoort voldoen aan die hoë

vereistes wat gestel word.

'n Besoek aan 'n varsproduktemark of 'n winkel se groente-afdeling sal die toenemende gewildheid van groenrissies bevestig.

Rissies is deesdae in 'n magdom van vorms, kleure en geure beskikbaar. Die nuutste is 'n aantreklike Italiaanse horingsoort, wat as soetrissie onder fynproewers gesog is. Dit word met 'n smaaklike vulsel geëet.

Daar is 'n hoogs betalende mark vir verskeidenheid en gehalte. Boere kan gerus daarvan kennis neem, sê kenners van die saadmaatskappy Mayford.

Soet- en brandrissies (Capsicum annuum L

.) is lid van die Solanaceae-familie, wat aartappels, tamaties en eiervrugte insluit. Die rissies wissel in vorm, kleur, smaak en wanddikte, maar die meeste soorte behoort tot een van die twee hoofgroepe: die Grossum-groep, wat die matige en soet kultivars insluit, en die Longum-groep, waaronder die brandsoorte ingesluit word.

Rissies se brandsmaak word deur die bestanddeel

capsaicin veroorsaak. Capsicum frutescens

, 'n brandrissie wat in die vervaardiging van brandrissiesous gebruik word, bevat tot 1 % capsaicin. Die brand van 'n rissie word in Scoville-hitte-eenhede gemeet. Jalapeno- en Cayenne-rissies het 2 000 tot 25 000 eenhede, terwyl die warmer Tabasco-rissie tussen 50 000 en 70 000 eenhede bevat.

Soetrissies bevat min of feitlik geen capsaicin, wat as 'n nul op die Scoville-skaal aangedui word.

Die klimaat is belangrik vir die ontwikkeling van

rissies en dit het 'n groot invloed op die opbrengs. Heelwat hoër opbrengste

word met basterkultivars behaal as met die ou, oopbestuifde kultivars. Die

volgende opbrengste (vars peule) kan as riglyne dien:

  • Soetrissies:

    Oopbestuifde kultivars behaal 15 t/ha tot 30 t/ha en F1-basters onderskeidelik 30 t/ha tot 60 t/ha

    (ooplandtipes) en 80 t/ha tot 150 t/ha (tonneltipes).

  • Brandrissies:

    Oopbestuifde kultivars lewer ongeveer 8 t/ha (vars) of 1,5 t/ha (droog) en F1-basters

    (ooplandsoorte) 14 t/ha tot 35 t/ha (vars) en 3 t/ha tot 5 t/ha

    (gedroog).

Rissies floreer in warm weer. Omdat dit 'n meerjarige gewas is, het dit 'n besonder lang groeitydperk. Die plante benodig meer hitte as tamaties, ongeveer 24 °C vier tot vyf maande lank. Teen lae temperature (5 °C tot 15 °C) ontwikkel die plante stadig en swak. Misvormde vrugte kan dan ook voorkom. Langdurige bewolkte weer sal verder tot die vertraging van vrugvorming bydra.

Afgesien van die rissieplant se behoefte aan hitte, is die plant tog gevoelig vir temperature hoër as 32 °C, want dan speen dit blomme af. Min, indien enige, vrugset vind plaas by temperature hoër as 35 °C, veral as 'n droë, warm wind waai. Vrugte wat wel vorm, sal misvormd wees weens die belangrike rol wat bestuiwing in die vorming van die vrug speel. Die vrugte is ook gevoelig vir sonbrandskade. In diegeval kan kultivars met goeie blaarbedekking, soos El Charro, oorweeg word.

Veral soetrissies onder beskerming (maar selfs in ooplandtoestande) moet verkieslik deur 'n drupstelsel gevoed word. Hierdeur kan die regte verhouding en hoeveelhede fyn beheer word.

Die makro-elemente moet in die regte verhouding toegedien word. In die beginstadium (kort ná uitplant) is voldoende fosfaat belangrik om te help dat die jong plantjie gevestig raak. Fosfaat bevorder ook wortel-ontwikkeling. Nadat die plant goed gevestig is, styg die behoefte aan stikstof, aangesien diestadium met sterk groei en ontwikkeling van die plant gepaardgaan.

Sodra die vrugte volwasse en begin ryp word, moet stikstof en kalium in die regte verhouding toegedien word. Sodra die eerste vrugte gepluk word, is minder stikstof nodig (weens minder vrugte aan die plant).'n Oormaat stikstof kan die blomme laat afspeen. Hierdie dilemma kan voorkom word deur die stikstoftoediening 10 dae tot 14 dae voor pluktyd te verlaag. Sodra nuwe vrugte vorm, word die stikstofvlak verhoog. Die sleutel tot welslae is die verhouding tussen die makro-elemente gedurende die onderskeie ontwikkelingstadiums.

Om die verhouding tussen die makro-elemente duidelik uit te druk, word verwys na die konsentrasie van die makro-elemente in die besproeiingswater (in die druppers) as dele per miljoen. Dele per miljoen is ook gelyk aan die hoeveelheid suiwer makro-elemente in gram per duisend liter water (75 dele stikstof per miljoen beteken 75 gram opgeloste suiwer stikstof per 1 000 l water kom in die druppers voor).

Die plantestand vir soetrissies is sowat18 000 tot 34 000 per hektaar. Dit word bepaal deur verskeie faktore, soos besproeiingmetodes en werktuie. By die verbouing van soetrissies onder beskerming is die aanbeveling ongeveer 25 000 plante/ha (2,5 plante per vierkante meter). Aangesien lig belangrik vir die produksie van soetrissies is, word enkelrye meestal gebruik.

Tabel 2 verskaf riglyne vir die spasiëring van rissies op ooplande.

Rissies groei die beste as die grond se voginhoud 80 % tot 90 % van die veldkapasiteit is.

Die klimaat en grondstruktuur bepaal die besproeiingbehoeftes. Die algemene praktyk is 40 mm water elke tien dae oor 'n tydperk van vyf maande (gelykstaande aan 600 mm/seisoen). Die grond moet gedurende die blom- en vrugsetstadium klam bly om te verhoed dat blomme en klein vruggies afspeen.

Weens die toenemende vraag na puik rissies, moet verbouingspraktyke aangepas word, sê Mayford. In Suid-Afrika lei boere ooplandrissies meestal nie op nie. Mayford se tegniese sentrum raai boere egter aan om dit te doen, aangesien die vrugte se gehalte en pryse dan hoër is. Dit beskerm die vrugte beter teen sonbrand en siektes word beter beheer.

Die algemeenste metode is om 'n paal elke sowat 3 m in die ry te plant en op elke 300 mm-hoogte 'n lyn te span om die plante te stut.

Soetrissies word gepluk sodra dit 'n volwasse, groen stadium bereik. Die vraag na rooi (ryp) vrugte neem egter toe. Die raklewe verleng van vyf tot sewe dae as die vrugte met die stingel aan gepluk word. Sekere kultivars, soos Paso Real, is vir verpakkingsdoeleindes met 'n geboë stingel geteel.

Die vrugte word kleiner namate die oestyd vorder en die

temperatuur daal. Vir groter vrugte is die volgende verbouingspraktyke wenslik:

  • Verwyder die heel eerste rissies, wat gewoonlik

    voorkom waar die stam die eerste keer verdeel.

  • Moenie die vrugte toelaat om heeltemal ryp te word

    aan die plant nie. Dit vertraag die vorming van nuwe vrugte en kan dus 'n

    nadelige uitwerking op die opbrengs hê.

  • Verwyder alle vrugte wat abnormaal lyk of beskadig is

    (soos deur sonbrand) so gou moontlik. Dit sal die vorming van nuwe vrugte

    stimuleer.

TABEL 1: Stikstof-, fosfaat- en kaliumriglyne vir ooplandrissies
Vooraftoediening (kg/ha) Tyd van toe-
diening
Gemiddelde
opbrengsmikpunt
Hoë opbrengsmikpunt
NPK N P K
5075 50 70 105 70 Met planttyd
Kopbemesting (kg/ha)  
NPK N P K
20 00 200 0 4 weke ná uitplant
200 0 20 0 09 weke na uitplant
Wortelstelsel moet beste kans kry

Een van die belangrikste (maar minder bekende) eienskappe van die rissiefamilie, is dat wortelontwikkeling feitlik tot stilstand kom sodra die eerste vrugte vorm. Terselfdertyd is dit juis die omvang van die plant se wortelstelsel wat die produksievermoë bepaal. Daarom moet verbouingpraktyke op die ontwikkeling van 'n goeie wortelstelsel gerig wees en die boer met geskikte grond daarvoor uitkies.

Kenners van die saadmaatskappy Mayford sê rissies is sensitief vir grond met min suurstof (versuipte grond) en gekompakteerde grond. As rissies op swaar grond (met baie klei) geplant word, is dit beter om die plantjies op walle te plant om dreinering te verbeter.

Die ideale pH is 5 tot 6,5. Buite hierdie norm kan 'n wanbalans in die opname van mikro-elemente ontstaan wat tot swak, misvormde vrugte kan lei.

'n Wisselboustelsel van minstens drie jaar is raadsaam. Vermy verwante gewasse soos aartappels, tamaties, eiervrug, grondbone, tabak en swartbekbone gedurende hierdie tydperk. Siektes wat in die grond oorleef, soos bakteriese siektes en fusarium- en verticilium-verwelksiekte, kan in die grond ontwikkel en dit kan tot sewe jaar duur om van dieorganismes ontslae te raak.

Dít beklemtoon die belangrikheid van gesertifiseerde saad, wat vry van saadgedraagde siektes is, veral in gebiede waar rissies vir droging geproduseer word. Siektes kan van gebied tot gebied oorgedra word weens die onverantwoordelike gebruik van ongesertifiseerde of goedkoop saad. Dit het menige boer al duur te staan gekom.

Dit is onmoontlik om bemesting sonder 'n volledige grondontleding aan te beveel.

Die plant moet goed ontwikkel voordat vrugset plaasvind. Genoeg stikstof is in hierdie stadium noodsaaklik. Fosfaat moet voor planttyd ingewerk word, terwyl kalium net voor en tydens vrugset toegedien moet word. 'n Kalsiumtekort sal blom-endverrotting veroorsaak.

'n Volledige toediening van mikro-elemente is noodsaaklik. 'n Tipiese bemestingprogram vir rissies verskyn in tabel 1.

TABEL 2: Riglyne vir spasiëring van rissies (oopland)
Spasiëring van plante in enkelrye
Afstand tussen rye Tussen plante
1 m - 1,2 m 250 mm - 400 mm
Spasiëring van plante in dubbelrye
Tussen beddings Tussen rye in die bedding Tussen plante
1,5 m 300 mm - 350 mm 500 mm

26 Julie 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot