AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kalktoediening radikaal hersien

Akkurate aanbevelings vir die toedieing van kalk op suur grond volgens die mate van suurversadiging en met inagneming dat verskillende kalkbronne se gehalte verskil, is pas deur die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Graangewasse bekend gemaak.

Die mieliebedryf is verreweg die grootste verbruiker van misstof in Suid-Afrika. Mielieboere koop meer as 40 % van ál die kunsmis wat in Suid-Afrika verkoop word.

In die vorige seisoen het hulle nagenoeg 202 miljoen ton stikstof, 42 miljoen ton fosfor en 57 miljoen ton kalium gebruik.

Die benutting van voedingselemente is ondoeltreffend as die grond erg versuur of verbrak het. Daarom is 617 000 ton landboukalk in 2002 slegs vir mielieproduksie verkoop om suur grond te neutraliseer. In verhouding hiermee is min swael vir die opheffing van brak toestande verkoop.

Die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Graangewasse (IGG) op Potchefstroom het pas nuwe riglyne vir die kalkbehandeling van suur grond bekend gemaak. Dr. Erik Adriaanse van die instituut sê die nuwe aanbevelings is gebaseer op navorsing wat veral die afgelope tien jaar deur die IGG gedoen is. Voorheen het hulle ook ander navorsingsresultate vir hul aanbevelings gebruik. Die kalkproewe in verskillende distrikte van die land en die statistiese verwerking van die syfers is deur sy kollega, dr. Hendrik Venter, gedoen, met bykomende werk deur wyle mnr. Pierre van Rooyen, wat 'n biometrikus van die instituut was.

"Die riglyne is 'n radikale hersiening van alle riglyne wat tot dusver gebruik is, aangesien die jongste navorsing radikaal van alle vorige navorsing verskil. Die akkuraatheid waarmee die bykomende wins ná die toediening van kalk en ander middels bepaal word, is net so radikaal verbeter," sê dr. Adriaanse.

Mielieproduksie word slegs deur grondsuurheid beperk as daar toksiese vlakke van sekere elemente in die grond is, veral aluminium (Al) en in 'n mindere mate mangaan (Mn), en niedeur 'n lae pH (hoë konsentrasie van waterstof) nie. Daar is slegs 'n gevaar van aluminiumvergiftiging by mielies as die pH (KCl) laer as 4,4 en die pH (H2O) laer as 5,4 is. Dan is dit nog nie te sê dat dit probleme sal veroorsaak nie.

Aluminiumvergiftiging word deur kort, dik wortels sonder wortelhare gekenmerk. Die swak wortelgroei veroorsaak dat die plant nie genoeg water en plantvoedingstowwe kan opneem nie. Die toksisiteit van aluminium word bepaal deur die grond se suurversadiging, naamlik die verhouding van die aluminium en waterstof teenoor die somtotaal van kalium, kalsium, magnesium, aluminium en waterstof in die grond. (Suur grond word in werklikheid van hierdie sleutel-makrovoedingselemente gestroop.)

Dr. Adriaanse sê oesverliese word ál groter namate die suurversadiging bo 20 % styg, omdat die opname van voedingstowwe en water dan beperk word. By 80 %-suurversadiging is geen oes moontlik nie. Volgens die LNR-IGG se proewe word ook mangaantoksisiteit voldoende geneutraliseer wanneer die suurversadiging tot onder 20 % verlaag word.

Wanneer kalk gestrooi word om die suurversadiging te verlaag, moet die boer die hoeveelheid kalk bereken wat nodig is om die suurversadiging tussen 0 % en 15 % te kry om 'n buffer teen herversuring en aluminiumvergiftiging in te bou. 'n Groot buffer kan egter net geregverdig word as die tempo van herversuring hoog, die variasie in grondsuurheid op 'n land groot, gewasse wat gevoelig vir suurgrond (soos koring en droëbone) in die wisselboustelsel ingesluit en kalk eers weer ná drie jaar of langer toegedien gaan word.

Die boer moet goed uitwerk hoeveel dit hom gaan kos om die suurversadiging onder 15 % te kry. Meer kalk as wat nodig is om die suurversadiging tot 0 % te verlaag, kan nie geregverdig word nie.

Indien die grond se magnesiuminhoud laag is (minder as 40 mg/kg), beveel die IGG 'n dolomitiese kalk bo 'n kalsitiese kalk aan, tensy die magnesium met 'n misstofmengsel of 'n magnesiumverbinding aangevul kan word.

Die nuwe kalkaanbevelings word onder meer gegrond op die verlangde verandering in die grond se suurversadiging, die maatstawwe vir kalkgehalte (waaronder die kalsiumkarbonaatinhoud volgens soutsuur, deeltjiegrootte van die kalk pH (KCI)) en die katioonuitruilkapasiteit van die grond. Die katioonuitruilvermoë word bepaal deur die somtotaal van kalium, kalsium, magnesium, aluminium en waterstof. 'n Rekenaarprogram doen hiervolgens kalkaanbevelings vir verskillende kalkbronne en spesifieke grondsoorte. Die basis van die aanbevelings verskyn in die tabel. Die boer moet egter ook die kalkprys, vervoer en toedieningskoste asook die kalk se voginhoud in ag neem.

Afgesien van die kalk se gehalte is die kalkreaksie in die grond baie afhanklik van die deeglike vermenging van die kalk met die grond. Goeie vermenging word verseker deur die kalk eers in te sny en dan in te ploeg. Kalk behoort minstens twee maande voor planttyd toegedien te word om seker te maak die kalk het teen planttyd volledig met grondsure gereageer.

Die strooktoediening van kalk word net aanbeveel wanneer strookversuring geïdentifiseer is, of vir lande wat algeheel versuur is en waar beheerde spoorverkeer toegepas word. Strookversuring ontstaan gewoonlik by beheerde spoorverkeer waar die stikstof gebandplaas en as kantbemesting toegedien word. Strooktoediening van kalk behoort ook minstens twee maande voor planttyd te geskied deur die kalk sowat 300 mm oor die ry uit te strooi en in te werk.

Segmenttoediening met 'n werktuig wat die kalk diep plaas, spesiaal aangepaste skeurploeë of diep ploegbewerkings is doeltreffend, maar nie altyd winsgewend nie. Die oppervlaktoediening van gips teen sowat 4 t/ha is 'n ekonomies doeltreffende metode vir grond wat aluminiumoksied of ysteroksied bevat. Dolomitiese pleks van kalsitiese kalk vir die opheffing van bogrondsuurheid moet altyd saam met gips toegedien word, aangesien gips die magnesium uit die bogrond na die ondergrond verplaas. Gips sal een of twee seisoene neem om die ondergrond te bereik. Daarom is die inwerk van kalk soms 'n vinniger oplossing.

Navrae: Dr. Erik Adriaanse, Instituut vir Graangewasse, Private sak X1251, Potchefstroom 2520; tel. 018 299 6100; faks 018 294 7146; e-pos erik@igg2.agric.za. Dr. Hendrik Venter se e-pos-adres is venter@igg2.agric.za.

 

Lae pH nie altyd sleg

Hoewel grondsuurheid een

van die grootste beperkende faktore vir mielieproduksie is, het die boer,

volgens die jongste navorsing, groter beweegruimte as wat tot dusver geglo is.

Twee kenners van grondvrugbaarheid verduidelik hoekom.

Vroeër is grond met 'n pH van 7 (die neutrale vlak) as ideaal vir gewasverbouing beskou, maar volgens die jongste navorsing veroorsaak 'n lae pH nie noodwendig laer opbrengste nie.

Drr. Hendrik Venter en Erik Adriaanse van die LNR se Instituut vir Graangewasse op Potchefstroom sê aluminium los gaandeweg makliker in die grond op namate die pH afneem - dit is die belangrikste rede waarom oormatige grondsuurheid veroorsaak dat gewasse swakker groei.

By 'n pH (KCl) van 4,5 is daar só min opgeloste aluminium in die grond dat dit mielieproduksie nie benadeel nie. Suurversadiging dui aan hoeveel aluminium in die grond toksies is. Oesverliese word ál groter namate die suurversadiging bo 20 % styg omdat die opname van voedingstowwe en water dan beperk word. By 'n suurversadiging van 80 % is geen opbrengs moontlik nie.

Tot dusver is algemeen geglo dat die drempelwaarde van 20 % suurversadiging altyd by pH-waardes laer as 4,5 oorskry word. Drr. Venter en Adriaanse sê dit is nie noodwendig so nie. Mielieproduksie word nienadelig deur grondsuurheid beïnvloed as die pH 4,5 en hoër is nie, want suurversadiging by hierdie vlak is laer as 20 %, wat algemeen as die drempelwaarde vir mielieproduksie aanvaar word. By 'n pH laer as 4,5 is oesverliese ook nie noodwendig 'n voldonge feit nie, aangesien die suurversadiging minder óf meer as 20 % kan wees. Daarom is dit moontlik om mielies suksesvol by pH-waardes laer as 4,5 te verbou.

Die verskil tussen gemete waardes wat nie as tesuur vir gewasproduksie beskou word nie, en hierdie drempelwaardes kan dus as 'n veiligheidsbuffer beskou word. Die kernvraag is tot by watter persentasie suurversadiging kalk toegedien moet word. Benewens die veiligheidsbuffer, word dit ook deur die gewas se voedingsbehoeftes bepaal. Grondsuurheid stroop die grond van noodsaaklike voedingstowwe. In ernstige gevalle van versuring kan 'n tekort aan kalsium en veral magnesium groeistremming veroorsaak. Om 10 ton mielies per hektaar te produseer, neem die plante ongeveer 50 kg kalsium per hektaar en 45 kg magnesium per hektaar op. Gewoonlik kom veel laer vlakke magnesium in vergelyking met kalsium in die grond voor. Daarom is magnesium-gebreksimptome algemeen bekend, terwyl kalsium-gebreksimptome selde op die Hoëveld voorkom. Wanneer kalk toegedien word om die suurversadiging tot onder 20 % te bring, word tekorte aan kalsium en magnesium gewoonlik voldoende aangevul. Die verantwoordelike benadering is dus om grondsuurheid onder 'n suurversadiging-drempelwaarde van 20 % te bestuur. Dit sal betekenisvolle oesverliese uitskakel.

Riglyne vir kalktoediening (t/ha)

SV
(%)

Hiqua
(Wit-
bank)

Marico
(Zee-
rust)

Buhr-
mans-
drif1
(Zeerust)

Meyer-
ton
(Veree-
niging

Sappi1
(Germis-
ton)

Immer-
groen
(Pieters-
burg)

Calmasil
(Middel-
burg)

Vaalbrug
(Orkney)

Britten
(Chris-
tiana)

Mooi-
plaas
(Pretoria)

10

0,3

0,6

0,5

0,4

0,2

0,4

0,4

0,4

0,6

0,4

 

0,4

0,8

0,7

0,5

0,3

0,6

0,5

0,5

0,8

0,6

 

0,4

0,9

0,9

0,7

0,3

0,7

0,6

0,6

1,0

0,7

 

0,5

1,1

1,0

0,7

0,4

0,8

0,6

0,6

1,1

0,8

20

0,7

1,6

1,5

1,1

0,6

1,2

1,0

1,0

1,6

1,1

 

1,0

2,1

1,9

1,5

0,7

1,6

1,3

1,3

2,2

1,5

 

1,1

2,5

2,3

1,8

0,9

1,9

1,5

1,5

2,6

1,8

 

1,3

2,9

2,6

2,0

1,0

2,1

1,7

1,7

2,9

2,0

30

1,3

2,9

2,6

2,0

1,0

2,1

1,7

1,7

2,9

2,0

 

1,7

3,8

3,5

2,6

1,3

2,8

2,3

2,3

3,9

2,7

 

2,0

4,5

4,1

3,1

1,6

3,3

2,7

2,7

4,6

3,2

 

2,3

5,1

4,6

3,5

1,8

3,8

3,1

3,1

5,2

3,6

40

1,9

4,3

3,9

3,0

1,5

3,2

2,6

2,6

4,4

3,1

 

2,6

5,8

5,2

4,0

2,0

4,2

3,4

3,5

5,9

4,1

 

3,0

6,8

6,2

4,7

2,4

5,0

4,1

4,1

7,0

4,8

 

3,4

7,7

7,0

5,3

2,7

5,7

4,6

4,7

7,8

5,5

50

2,6

5,9

5,4

4,1

2,1

4,4

3,5

3,6

6,0

4,2

 

3,5

7,9

7,2

5,5

2,8

5,8

4,7

4,8

8,1

5,6

 

4,2

9,4

8,5

6,5

3,3

6,9

5,6

5,7

9,6

6,7

 

4,7

10,6

9,6

7,3

3,7

7,8

6,3

6,4

10,8

7,5

60

3,4

7,7

7,0

5,3

2,7

5,6

4,6

4,6

7,8

5,5

 

4,6

10,3

9,3

7,1

3,6

7,5

6,1

6,2

10,5

7,3

 

5,4

12,2

11,0

8,4

4,2

8,9

7,3

7,4

12,4

8,6

 

6,1

13,7

12,5

9,5

4,8

10,1

8,2

8,3

14,0

9,7

70

4,3

9,6

8,7

6,6

3,3

7,0

5,7

5,8

9,8

6,8

 

5,7

12,8

11,6

8,8

4,4

9,4

7,7

7,7

13,1

9,1

 

6,7

15,2

13,8

10,5

5,3

11,1

9,1

9,2

15,5

10,8

 

7,6

17,1

15,5

11,8

5,9

12,6

10,2

10,3

17,4

12,2

80

5,2

11,6

10,5

8,0

4,0

8,5

6,9

7,0

11,8

8,2

 

6,9

15,5

14,1

10,7

5,4

11,4

9,3

9,4

15,8

11,0

 

8,2

18,4

16,7

12,7

6,4

13,5

11,0

11,1

18,7

13,0

 

9,2

20,7

18,8

14,3

7,2

15,2

12,4

12,5

21,1

14,7

1 = By Buhrmansdrif en Sappi is kalsitiese kalk. Ál die ander kalk is dolomitiese kalk. Die verlangde verandering in die suurversadiging (SV), die katioonuitruilvermoë (KUK) en kalkgehalte is in ag geneem.

11 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot