AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Kanola kan nou plek vol staan

Met skerp stygende produsentepryse in 'n grootliks ondervoorsiende mark en boere se toenemende kundigheid daarmee, dui alles daarop dat kanola se oorgang van 'n nuwe gewas na 'n belangrike alternatiewe wisselbougewas in die Wes- en Suid-Kaap suksesvol verloop.

Met skerp stygende produsentepryse in 'n grootliks

ondervoorsiende mark en boere se toenemende kundigheid daarmee, dui alles daarop

dat kanola se oorgang van 'n nuwe gewas na 'n belangrike alternatiewe

wisselbougewas in die Wes- en Suid-Kaap suksesvol verloop.

Daar is genoeg bewyse dat kanola met welslae as 'n alternatiewe gewas uit eie reg sowel as wisselbougewas verbou kan word. Met die onlangse groot prysstygings is kanola winsgewender en mededingender as vroeër.

Die tabel wys die gelykbreekpunt van kanola teen verskillende pryse en 'n totale koste van R2 273/ha. Teen 'n prys van R2 100/t is die gelykbreekpunt byvoorbeeld 1,08 t/ha. Teen die huidige prysvlakke van R2 400/t en hoër kan boere reeds 'n wins met 'n opbrengs van 1 t/ha maak.

Die beraamde gelykbreekpunte van kanola teen verskillende pryse en opbrengste vir 2002.
Die totale koste is op R2 273/ha geraam.

Prys(R)

Die gelykbreekpunt teen verskillende opbrengste

 

0,5 t/ha

0,75 t/ha

1 t/ha

1,25 t/ha

1,5 t/ha

1,75 t/ha

2 t/ha

2 000

-1 273

-773,00

-273,00

227,00

727,00

1 227,00

1 727,00

2 200

-1 173

-623,00

-73,00

477,00

1 027,00

1 577,00

2 127,00

2 400

-1 073

-473,00

127,00

727,00

1 327,00

1 927,00

2 527,00

2 600

-973

-323,00

327,00

977,00

1 627,00

2 277,00

2 927,00

2 800

-873

-173,00

527,00

1 227,00

1 927,00

2 627,00

3 327,00

Waar boere die korrekte verbouing van kanola bemeester het, lewer dit 'n goeie en stabiele opbrengs. In die Caledon-Riviersonderend-gebied word 1,5 t/ha tot 1,8 t/ha gereeld behaal. Sommige boere kry selfs opbrengste van meer as 2 t/ha.

Sedert bykans 10 jaar gelede met kommersiële verbouing begin is, het alles egter nie so seepglad vir kanola verloop nie. Pleks van volgehoue uitbreiding, het aanplantings die afgelope vier jaar op 25 000 ha tot 28 000 ha gestabiliseer. Die Suid-Kaap produseer sowat twee derdes van die Suid-Afrikaanse kanola-oes, en die Wes-Kaap (Swartland) die res.

Diestagnering kan grootliks toegeskryf word aan sommige boere se huiwering om 'n nuwe gewas te beproef. Kanolapryse was tot verlede jaar ook nie naastenby vergelykbaar met die relatief hoë pryse wat vir koring betaal is nie.

Maar dit is nou alles geskiedenis. Kanola se produsenteprys het nou só gestyg dat dit as 'n volwaardige kontantgewas in die Wes- en Suid-Kaap beskou kan word.

Daarbenewens is die verspreiding van kanola noordwaarts 'n voldonge feit, met verkenningsproewe op koers in die Vrystaat en enkele gebiede oorkant die Vaalrivier.

Volgens dr. Nick Kotze, direkteur van navorsing en ontwikkeling by Agricol in Brackenfell, moet kanolapryse beduidend hoër as koringpryse wees voordat boere meer sal plant.

"Ons moet die prys van kanola hoër kry, en een manier om dít te bewerkstellig, is om meer olie daaruit te pers. Sowat 70 % van die kanola beland in veevoer, waarvoor 'n laer prys betaal word as wat ondernemings aanbied wat olie pers."

Daar is geen beperking op die afset van kanola nie, sê mnr. Kellie Becker, bestuurder van Southern Oil op Swellendam. Inteendeel, die vraag na kanola oortref die produksie verreweg. Selfs al sou die huidige produksievlakke verdubbel, sal sy onderneming alles kan verwerk.

Die vraag na kanola-olie en -smeer groei, terwyl mayonnaise-vervaardigers nou ook belangstel om kanola-olie in sommige van hul handelsmerke in te sluit.

Sekere siektes het tot gevolg dat kanola eers ná vier jaar weer op dieselfde grond verbou kan word. Daarom kan net sowat 100 000 ha se kanola jaarliks in die Wes- en Suid-Kaap geplant word - sowat vier keer meer as die huidige gebied onder verbouing.

Selfs op daardie produksievlak sal Suid-Afrika nie met oorskotte opgeskeep wees nie. Dit is omdat só 'n drastiese toename nie oornag sal geskied nie en dus die nywerheid met genoeg tyd laat om die nodige aanpassings te doen, sê mnr. Becker.

Die werklike waarde van kanola kom eers na vore as na die sukses daarvan in 'n wisselboustelsel in sy geheel gekyk word. Die prestasie van 'n enkele gewas binne só 'n stelsel word dikwels bevorder deur die heilsame uitwerking van ander gewasse wat dit voorafgaan. Só 'n gewas presteer dus nie altyd na eie verdienste nie.

Mnr. Seppie Morkel van die plaas Quarrie, in die distrik Napier, het byvoorbeeld verlede seisoen bevind dat koring wat kanola in 'n wisselboustelsel opgevolg het, gemiddeld 2,8 t/ha geproduseer het. Gedurende dieselfde jaar het koring wat lusern opgevolg het, gemiddeld 2,2 t/ha gelewer. Selfs gars wat koring ná kanola in die rotasie opgevolg het, het beter gevaar.

Dit word algemeen verwag dat die opbrengs van koring ná kanola in 'n wisselboustelsel gemiddeld 20 % tot 25 % hoër sal wees as in 'n stelsel waar slegs koring geplant word. Die hoër opbrengs kan grootliks aan natuurlike siektebestryding toegeskryf word, wat deur kanola teweeggebring word.

Wetenskaplikes, soos mnr. Dirk Hanekom van Elsenburg, beweer dat die wortelstelsel van kanola 'n soort bio-berokingsuitwerking het wat die voorkoms van grondsiektes verlaag.

Gewas nommerpas vir wisselbou

Kanola kry nie die erkenning wat dit verdien as na die winsgewendheid van die wisselboustelsel in sy geheel gekyk word nie, sê mnr. Kobus Schonken, landgoedbestuurder van Crookes Brothers se plase in die Napier-omgewing.

Dieboerdery is verlede jaar as die wenner van die Super Kanola-kompetisie aangewys vir 'n blok kanola op een van die plase wat deur mnr. Alfred McKinnon bestuur word. Die prys gaan aan die blok kanola wat die hoogste opbrengs en bruto marge lewer.

Mnr. Schonken sê hulle moes om duidelike redes wegbeweeg van die risiko wat gars ná gars in 'n enkelgewasstelsel inhou en dringend 'n alternatiewe kontantgewas vir hul wisselboustelsel vind. Kanola was nommerpas.

Aanvanklik was die inkomste uit kanola nie 'n belangrike faktor nie. Dit was eerder die kragtoertjie wat kanola as wisselbougewas lewer wat die deurslag gegee het. Hulle ondervind ook dat koring wat op kanola volg, selfs koring klop wat ná lusern geproduseer word.

Volgens hom moet 'n geslaagde wisselbouprogram in ooreenstemming met die grondpotensiaal opgestel word. So, byvoorbeeld, verbou sy maatskappy selde kanola teen 'n noordelike hang of op lande met 'n lae potensiaal. Sulke grond is dikwels vlak en droog dus maklik uit, en word verkieslik vir lusern gebruik.

Die boerdery se wisselboustelsel wat op 80 % van die

lande onder bewerking geld, is soos volg:

  • Die eerste fase strek oor vyf tot ses jaar (weidingfase) waartydens

    lusern verbou en die probleemgrasse jaarliks in die winter chemies bestry

    word.

  • Daarna volg die kontantgewasfase van sewe jaar. Koring word vir een jaar

    en gars vir twee jaar geplant. Dan is dit kanola se beurt vir een jaar, waarna

    koring weer vir een jaar en gars vir twee jaar geproduseer word.

  • Gedurende die tweede garsjaar (laaste garsaanplanting) word lusern

    ondergesaai en begin die weidingsiklus van voor af.

Hierdie rotasiestelsel het tot gevolg dat kanola jaarliks 10 % tot 15 % van die grond beslaan wat vir die produksie van kontantgewasse bewillig word. Die verhouding van kanola tot die ander kontantgewasse word deurgans gehandhaaf en pas uitstekend in die wisselboustelsel. Daar is egter nie 'n vaste resep vir boerdery nie en aanpassings word dikwels gedoen.

Die kanolajaar pas knus tussen die graanfases in en bied 'n uitstekende geleentheid om probleemgrasse te bestry met selektiewe sistemiese grasdoders wat nie op graan gebruik kan word nie. Die probleemgrasse is onder meer predikantluis, wat moeilik is om te bestry wanneer gars verbou word, raaigras en die Vulpia-grassoorte.

Die praktyk van onkruidbestryding tydens die kanolajaar

is soos volg:

  • Sowat een week voor die vestiging van kanola word

    alle onkruid wat voor planttyd ontkiem en aan die opkom is, met 'n

    glifosaat-onkruiddoder bestry. Hierdie is 'n belangrike aspek van

    onkruidbestryding, sê mnr. Schonken.

Onmiddellik ná saaityd en voordat die kanola opkom, word 'n breëblaar-onkruiddoder gespuit om breëblaaronkruid en grasse by spesifiek kanola te bestry. Nadat die plante opgekom het (wanneer die plante sowat 100 mm hoog is), volg 'n selektiewe onkruiddoder.

Die aktiewe bestanddele van diedrie middels verskil en word doelbewus só gebruik om die opbou van weerstand, wat veral by raaigras 'n groot probleem is, teen te werk.

Hy wys ook daarop dat wortelsiektes eie aan koring en gars nie by kanola voorkom nie, of nie eens die gewas as gasheer vir oorlewing gebruik nie. Dit is waarom kanola so 'n uitstekende "breekgewas" in die wisselboustelsel is.

Boere kan self besluit watter graangewas kanola in die rotasie moet opvolg. Die opvolggewasse lyk uit die staanspoor gesond en dit kan net daarop dui dat wortelsiektes in die grond grootliks in bedwang is. Die uitwerking van kanola is selfs nog ná drie jaar opmerklik, sê mnr. Schonken.

Kanola se penwortelstelsel kan gesien word as 'n soort biologiese ploeg wat grond losmaak vir beter belugting en vogindringing - ook tot voordeel vir gewasse wat daarna volg. Maar daar moenie van kanola verwag word om verdigte grondlae op te breek nie. Kanola lewer eweneens self ook beter resultate as grond losgemaak is vir wortels om beter in te dring.

Volgens mnr. Schonken bied kanola hulle die geleentheid om 'n koringjaar ná kanola en voor twee garsjare in te pas. Dit help om 'n balans tussen koring en gars te handhaaf, in plaas van gars in 'n enkelgewasstelsel en die risiko's wat daaraan verbonde is.

By sommige boere is dit praktyk om net een garsjaar te hê. Omdat hulle in 'n streek met effens hoër en betroubaarder reënval is, is hulle meer verseker van 'n graaninkomste as die boere in die oostelike Rûens. Daarom volg hulle in die breë 'n siklus van vyf jaar lusern en sewe jaar graan, terwyl dit by die ander andersom is.

Die kontantgraanfase word dus verleng deur gars twee jaar ná mekaar in te pas. Kanola skei die twee graanfases. Dog, kanola het onlangs sodanig in prys toegeneem dat hulle dit nou ook as 'n volwaardige kontantgewas beskou.

18 Oktober 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.04
+0.0%
Rand - Pond
21.04
+0.3%
Rand - Euro
18.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
1,022.62
+1.1%
Palladium
1,676.57
+0.4%
Goud
1,955.08
+0.2%
Silwer
24.39
+1.8%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,773
+0.1%
Alle aandele
79,908
+0.1%
Hulpbronne 10
74,955
-0.2%
Industriële 25
102,790
+0.3%
Finansiële 15
16,565
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot