Mnr. Koos Blanckenberg, ’n graanboer van dié omgewing, sê daar is vanjaar meer kanola geplant as verlede jaar, en ook nuwe toetreders.
Hy sê die Swartland se kanola-stand is maar swak omdat die gebied teen einde Augustus 130 mm minder reën gehad het as die langtermyngemiddelde.
Weens min en oneweredige reënval in die ses weke ná planttyd het die plante later as ideaal ontkiem, wat ’n risiko van swakker peule bring omdat die blomtyd dan korter is.