AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9345
5,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9260
40,00
SUNS
29 Sep
-
10140,2
166,20
WEAT
29 Sep
-
7095
24,00
WMAZ
29 Sep
-
4887
5,00
YMAZ
29 Sep
-
4840
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Katoen is 'n wenner

Die inkomste wat 'n boer uit katoen kan verdien, is 'n uitstekende alternatief vir mielies, koring en ander kontantgewasse — veral met die huidige lae mielie- en koringprys.

Boere kan gerus weer 'n slag na katoen as kontantgewas kyk, aangesien diegewas die inkomste van verskeie ander gewasse ver klop, volgens mnr. Chris Nolte van Clark Cotton.

Opnames wat mnre. Nolte en Danie Steyn, ook van dieselfde maatskappy, in die verband gedoen het, het verrassende resultate gelewer hoe katoen vertoon vergeleke met ander gewasse, soos mielies, koring, ertjies en sojabone, onder besproeiing in die Loskopdamgebied en met mielies, sonneblomme en sorghum op droëland. Katoen staan kop en skouers bokant almal uit wanneer dit by inkomste per hektaar kom.

Vir die bepaling van produksiekoste het mnr. Nolte gekyk na die pryse van die onderskeie gewasse soos vanjaar in Maart en dit met gemiddeld 5% tot 10 % aangepas vir moontlike kostestygings gedurende die 2003/4-produksieseisoen. Hy reken dat hoewel die syfers vir die Loskopdam-besproeiingsgebied geld, dit maklik aangepas kan word vir ander gebiede en die resultaat sal dieselfde wees.

Katoenverbouing is baie intensief, gevolglik skram boere dikwels daarvan weg ten gunste van graanverbouing wat nie so intensief is nie. Boere behoort hulle egter nie hierdeur te laat afskrik nie, aangesien hulle uit katoen feitlik drie keer meer kan verdien as uit mielies en meer as dubbel as uit koring en ertjies, soos in tabel 1.

Tabel 1 toon dat katoen in hierdie scenario 'n bruto inkomste van R5 432 per hektaar kan lewer, vergeleke met R1 833 per hektaar vir mielies, R2 496 per hektaar vir koring en R2 501 per hektaar vir ertjies.

As na tabel 2 gekyk word, waar mnr. Steyn die prys van koring op R1 398 per hektaar en dievan mielies op R1 100 per hektaar geskat het, blyk dit dat katoen steeds verreweg die beste bruto wins van R6 303 per hektaar gelewer het.

In droëlandtoestande was die inkomste per hektaar R2 920 vir katoen, steeds meer as vir gewasse soos mielies, sonneblomme en sorghum, soos in tabel 3 duidelik gesien kan word.

Volgens mnr. Nolte is die totale waterbehoefte van katoen, wat reën en besproeiing insluit, 750 mm en van mielies 766 mm per seisoen. Waar koring as wintergewas in die Loskopdam-besproeiingsgebied, geplant word moet aanvaar word dat daar geen besproeiingswater vir somergewasse beskikbaar sal wees nie, waarsku mnr. Nolte. Indien geen wintergewasse geplant word nie, sal net 385 mm ingelysde water per hektaar beskikbaar wees plus reënval. Hy reken dat waar ertjies as wintergewas geplant word, sal daar waarskynlik net 135 mm ingelysde water per hektaar vir somergewasse beskikbaar wees.

Die waterbehoeftes is afgelei van verdampingspansyfers op die duur vir diegebied en gewasfaktore soos van toepassing vir 'n plantdatum in Oktober. Hy het daarop gewys dat katoen redelik droogtebestand is en met welslae verbou kan word in toestande waarin die meeste ander kontantgewasse sal misluk. Katoen het 'n goed ontwikkelde wortelstelsel wat grondvog tot op dieptes van 1,5 meter en dieper kan benut. In redelike grondvogtoestande kan katoen temperature van hoër as 40 °C weerstaan. Die mees kritieke tydperk vir katoen is van 8 tot 13 weke ná planttyd (van begin blomstadium tot piek blomstadium) en ernstige vogtekorte kan lei tot oesverlies van 40 % tot 50 %.

In die geval van mielies is die tydperk van die blom- tot die pitvulstadium die deurslaggewendste. Enige vogtekort in dietydperk sal tot ernstige oesverliese lei. Temperature hoër as 32 °C kan ook groot oesverliese tot gevolg hê deurdat die stuifmeel kan afsterf. Mielies benodig vanaf die blomstadium tot die hardedeegstadium sowat 460 mm water.

8 Augustus 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.0%
Rand - Pond
19.44
-0.1%
Rand - Euro
17.39
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,643.89
-1.0%
Silwer
18.56
-1.8%
Palladium
2,141.00
-0.5%
Platinum
851.00
-1.8%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,584
-1.4%
Alle aandele
62,955
-1.3%
Hulpbronne 10
57,668
-0.4%
Industriële 25
77,401
-1.4%
Finansiële 15
13,733
-2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot