AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Katoenbedryf reg vir groei, selfs sonder die jongste tegnologie

akkreditasie
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die katoenbedryf is kerngesond.

Hoewel nuwe tegnologie en verbeterde kultivars vir die plaaslike katoenbedryf van groot belang is, is die bedryf steeds kerngesond met pryse wat op die hoogste vlakke ooit is en probleme met pluiskapasiteit wat nou uit die weg geruim is. 

Dié versekering kom van mnr. Hennie Bruwer, uitvoerende hoof van Katoen SA, wat sê die bedryf is nou reg om weer te groei ná ’n skerp daling in produksievlakke die afgelope twee seisoene. Hy het by navraag gereageer nadat Bayer Crop Science vroeër aangedui het dat die plaaslike katoenbedryf op die oomblik te klein is om die koste vir die jongste tegnologie waaroor die maatskappy beskik, te regverdig.

“Die BollGard-3-tegnologie wat teen bolwurms ingespan word, sal ’n bonus wees as ons dit kan kry. Die Bollgard-2 wat ons wel het, is nog geskik vir die stryd teen die wurms,” sê Bruwer. “Wat ons eintlik soek, is die Roundup Ready XtendFlex vir onkruidbestryding waar drie aktiewe bestanddele – glifosaat, glifosinaat en dikamba –vir beter bestryding van onkruid gekombineer word.”

Hy sê daar begin plek-plek probleme ontstaan met weerstand by sekere onkruide teen onkruiddoders. “Uit daardie oogpunt is die nuwe tegnologie vir ons uiters belangrik voor dit ’n groter probleem word. Daar sal natuurlik ’n verbetering in opbrengs ook wees. Al is dit net 4% of 5% sal boere dit verwelkom.”

Bruwer sê dit bly belangrik om toegang te hê tot die beste en nuutste tegnologie. As dit te lank draal, het die res van die wêreld al weer ’n nuwe voorsprong teen die tyd dat dit in Suid-Afrika uitkom. Die skerp afname in produksie die afgelope twee jaar kan egter nie hieraan toegeskryf word nie. Die afname in aanplantings was vanweë probleme met nuwe pluiskapsiteit en laat betalings aan boere, asook hoë pryse vir gewasse soos mielies en sojabone wat produsente weggelok het.

Hy wys daarop dat daar groot uitbreidingsmoontlikhede in dele van Noordwes soos by Schweizer-Reneke is, maar daarvoor soek hulle kort groeiseisoen-kultivars en dit sal waarskynlik net saam met die nuwe tegnologie moontlik wees. “As ons sulke kultivars kan kry, kan ons 100 000 ha in ’n seisoen daar onder katoen sit.”

Katoen SA het selfs aangebied om geldelik by te dra om te help om die nuwe tegnologie in Suid-Afrika geregistreer te kry.

Dr. Klaus Eckstein, uitvoerende hoof van Bayer Crop Science in Suid-Afrika, het op ’n nuuskonferensie in antwoord op ’n vraag oor Bayer se moontlike betrokkenheid by die plaaslike katoenbedryf gesê dit is ’n baie moeilike kwessie. “Ons het reeds verskeie samesprekings met die katoenbedryf gehad om te sien hoe ons hierdie ’n voorkeursaak kan maak. Ons het begrip vir die behoeftes, maar moet ook besluit waar ons betrokke kan raak en waar nie.”

Hy het gesê in Brasilië het dit sewe jaar geduur om op te vang met die maatskappy se belegging daar. “Ons moet ’n balans vind oor die aanwending van ons hulpbronne en ingeligte besluite neem. Die katoenmark is nou waarskynlik onder 20 000 ha, terwyl die verwagting was dat dit tot 150 000 ha tot 200 000 ha sou groei. Ek wil nie die waarde van die bedryf vir die landbou in die land kleineer nie, maar dit is moeilik om voorkeure te bepaal terwyl ons só baie nog wil doen. Dit is soms moeilik om die regte sleutel te vind om waarde te ontsluit.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-1.3%
Rand - Pond
19.81
-2.0%
Rand - Euro
17.59
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.67
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-1.0%
Goud
1,648.56
-0.7%
Silwer
18.56
-1.8%
Palladium
2,174.65
+1.1%
Platinum
861.00
-0.6%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,881
-0.9%
Alle aandele
63,230
-0.9%
Hulpbronne 10
59,641
+3.1%
Industriële 25
76,783
-2.2%
Finansiële 15
13,710
-2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot