AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Knoffelkry vastrapplek in die Karoo

Organies gekweekte knoffel ís moontlik - ondanks risiko's. Die produsenteprys moet egter goed wees om te kompenseer vir 'n laer opbrengs, sê 'n Karooboer wat die organiese produksie van knoffel oorweeg. Ander knoffelboere gee ook hul menings.

Min mense weet waarskynlik dat die Karoo die naasgrootste knoffelproduserende gebied in Suid-Afrika is. Van die knoffelboere in die Karoo voeg ook reeds waarde tot hul produk toe deur dit vir nismarkte te verwerk.

Mnr. Bertus Steenkamp van Klipbank, Carnarvon, het vier jaar gelede begin om knoffel te produseer om "gesondheid en geur" aan sy lewe te gee, en om te help om die "kragrekening te betaal". Hy het 3 ha onder die kultivars Olifantvoet en Egiptiese Pers.

Dit het egter gou ontwikkel van net 'n gewas wat die kontantvloei verbeter, tot 'n vertakking wat met groot erns bejeën is. Nou het hy ook begin kyk of dit nie organies gekweek kan word nie.

Daar is heelwat belangstelling in organies gekweekte knoffel, maar dit lyk of die prys nie aan die verwagting sal voldoen nie.

Die organiese verbouing daarvan sal waarskynlik deur ál meer boere oorweeg word mits die prys goed is. Op die oomblik lyk dit of dietaamlik ingrypende aanpassing aan die boerdery deur 'n beduidende pryspremie geregverdig sal moet word. Boere sal hul bemesting en siektebestryding moet aanpas, en dit is net logies dat die opbrengs en gehalte taamlik sal daal, meen mnr. Steenkamp.

Boonop is dit nie 'n proses wat oornag sal kan plaasvind nie. Streng riglyne moet gevolg word, soos voorgeskryf deur die sertifiseringsliggaam Ecocert International. Een van die hoofdoelwitte is 'n vertrouensituasie tussen Econet en kwekers.

Mnr.

Steenkamp sê sertifisering neem sowat twee jaar in beslag. Die inspeksie en

sertifisering is 'n duur proses. Bemesting en bestryding van siektes is gekoppel

aan baie streng beheermaatreëls, met direkte voorskrifte oor produksie en

bemarking vir en in die EU. Dit geskied onder streng regulasies, getiteld:

"Council Regulation (no. 2092/91) on organic production of agricultural products and indicators referring thereto on agricultural products and foodstuffs."

Mnr. Steenkamp meen as al diemoeite beloon kan word, sal dit deure open vir gespesialiseerde produsente, omdat organiese produkte wêreldwyd toenemend in aanvraag is. Vir sommige organies gekweekte produkte word tot 200 % meer op wêreldmarkte betaal as vir soortgelyke, maar konvensioneel geproduseerde voedsel.

Hoewel dit nie die norm is nie, word daar in die algemeen gemiddeld 35 % meer vir organies geproduseerde voedsel as vir gewone produkte betaal in lande waar groter klem gelê word op voedsel- en omgewingveiligheid.

Hy meen só 'n dinamiese sektor in die voedselbedryf moet goed benut word, want 'n land soos Brittanje voer meer as 80 % van sy organies geproduseerde voedsel jaarliks in. En die vraag daarna styg.

Nismarkte is altyd welkom en benutbaar, en hy sien dit as 'n groot uitdaging om knoffelsaad vir organiese verbouing te voorsien aan die gesondheidsbewuste verbruikers van die wêreld.

Mnr. Tiekie van Wyk van Wolwas, Loxton, is 'n jong boer wat 'n goeie toekoms vir knoffelboerdery sien. Hy het reeds 12,5 ha onder knoffel, hoofsaaklik die kultivar Olifantvoet.

Toe hy in 1998 ná sy opleiding plaas toe gekom het, wou hy "iets anders" aanpak, en hy het knoffel gekies. Hy skat in die Loxton-gebied is meer as 100 ha onder knoffel.

Omdat die grond in die Karoo in die algemeen redelik brak is, moet die knoffellande goed voorberei word, onder meer deur kunsmistoediening. In diestadium is sy opbrengs sowat 5 t/ha, maar mnr. Van Wyk wil dit in die volgende paar jaar heelwat verbeter. In die noordelike produksiegebiede is 6 t/ha tot 10 t/ha die norm.

Daar word egter nie net knoffel gekweek in die Karoo nie - dit word ook reeds op 'n beperkte skaal verwerk om waarde daaraan toe te voeg. Mev. Anna van Wyk, 'n boervrou van Loxton, het 'n hele verwerkingsaanleg in 'n huis op Loxton waar knoffel verwerk word.

Sy en haar man, mnr. Johannes van Wyk van die plaas Rietpoort, plant al vanaf 1988 knoffel. Hulle het met 10 sakkies saad (50 kg) begin, maar dit het uit die staanspoor só goed gegaan dat hulle elke jaar meer geplant het. Vanjaar het hulle sowat 3 t saad geplant.

Aanvanklik het hulle ook net die knoffel in sy natuurlike vorm op die markte verkoop, maar toe hul jongste dogter, Anita, nie werk ná opleiding kon kry nie, het sy besluit om haar aandag aan knoffelverwerking te wy. Sy het begin eksperimenteer deur knoffel in te lê en knoffelbosse as versiering te maak.

Op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees van 1997 het sy 'n knoffelkraampie gehad. Die stalletjie was 'n reuse-sukses en baie bestellings en navrae het gevolg.

Mev. Van Wyk sê op diemanier het knoffelverwerking sy beslag in die boerdery op Rietpoort gekry.

Hulle bemark nou ook gepiekelde knoffel in botteltjies en plastieksakkies, asook tamatie- en kerriegegeurde fyn knoffel in botteltjies. Daar is 'n groot vraag na die gebottelde produkte in delikatessewinkels, terwyl die plastieksakkies baie goed in supermarkte verkoop.

Daar is ook 'n goeie mark vir knoffelbosse, en die vraag na verpakkings van persknoffel styg ook. Die pers knoffel se knolle is nie altyd baie groot nie, maar dit bly lank ferm. Die huisies is, ongeag die knolgrootte, baie groot. Die opbrengs is sowat 8 t/ha.

Knoffel het gekom om te bly in die Karoo. Die boere meen nie daar kan van 'n "knoffelontploffing" gepraat word nie, maar die groei is bestendig.

Maar, waarsku almal met wie Landbouweekblad gepraat het, knoffelboerdery is nie 'n maklike boerdery nie. Dit verg daagliks goeie bestuur en aandag, en die produksiekoste is hoog. Wat die Karoo so ideaal maak, is die feit dat knoffel van koue, droë winters hou, sodat die blare oor langer tydperke droog sal wees en minder vatbaar vir blaarsiektes is.

 

Bemarking so belangrik soos kweking Bemarking is net so belangrik as die kweek van knoffel. Wat bemarking betref, sê mnr. Bertus Steenkamp 'n boer sê "nie eens aan sy vrou" waar hy sy knoffel bemark nie. Die handel in knoffel is só intensief dat 'n goeie en betroubare handelaar of agent letterlik soos goud bewaar moet word. Daarom word die vryemarkbeweging van knoffel beperk deur min markinligting en feitlik geen deursigtigheid nie, en is dit uitsluitlik in die hande van agente, verwerkers en uitvoerders. Mnr. Steenkamp meen produsente sou verkies om ook daardie inligting te hê om hulle te help om steeds beter gehalte te lewer wanneer en waar dit benodig word, veral op kontrakbasis. Hy meen ook agente en varsproduktemarkte neem te veel kommissie op die knoffelpryse wat hulle beding. Voorts word dikwels te veel knoffel ingevoer, wat die plaaslike produsente se toegang tot markte belemmer en 'n swakker prys daarstel. Sekere riglyne is van belang vir goeie bemarking:

  • Knoffel moet goed skoongemaak wees, en die lowwe moet nie langer as 30 mm afgesny word nie. Die wortels moet op 'n lengte van 5 mm afgesny word.
  • Die knoffel moet goed droog wees as dit droog bemark word. Dit moet vanself droog word, anders verswak die gehalte van die bol.
  • Die bol moet goed met skutblare bedek wees.
  • Knoffel word noukeurig volgens grootte gesorteer. 'n Knolgrootte van 5 mm word verkies, maar groottes van tot 10 mm in deursnee is aanvaarbaar.
  • Die meeste kopers verkies pakkies van 5 kg elk, en dit moet duidelike etikette hê.
  • Om te verseker dat knoffel in 'n goeie toestand met die regte gewig op die mark kom, moet dit net voor versending finaal verpak word.
  • Boere moet nie te veel knoffel per keer na die markte stuur nie, omdat dit 'n redelik eksklusiewe produk is waarvan maklik 'n oorskot kan ontstaan, wat laer pryse tot gevolg sal hê.

Goed vir die gesondheid

Mnr. Steenkamp het 'n paar knoffelfeite gegee:

  • Die helende bestanddeel, allisien, is 'n vlugtige

    stof wat die kenmerkende skerp reuk verskaf en maklik deur hitte vernietig

    word wanneer dit gaargemaak word.

  • 'n Mens behoort minstens 2 g tot 3 g vars knoffel

    daagliks op 'n gereelde basis in te neem as deel van 'n gesonde leefstyl.

  • Knoffel speel 'n belangrike rol in die gesondheid van

    mense met hartvatsiektes.

  • Knoffel kan bloeddruk- en cholesterolvlakke verlaag.

  • Dit verdun die bloed en verminder die kanse op

    bloedklonte.

  • Dit help teen brongitis, verkoue, hoes, asook wond- en

    urogenitale infeksies.

  • Vars, fyngemaalde knoffel help met pynverligting by

    insekbyte en steekplekke van skerpioene en spinnekoppe.

23 Augustus 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot