AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Korog, die graan-as[sensor]tertjie, is nou ryp

Uitstekende korogkultivars met 'n besondere potensiaal as voer- en wisselbougewas vereis dat die graanbedryf meer betrokke raak by die bemarking van korog en ook kultivars vir spesifieke gebruike identifiseer. Drie nuwe kultivars is vanjaar die eerste keer vir kommersiële aanplantings beskikbaar.

Uitstekende korogkultivars

met 'n besondere potensiaal as voer- en wisselbougewas vereis dat die

graanbedryf meer betrokke raak by die bemarking van korog en ook kultivars vir

spesifieke gebruike identifiseer. Drie nuwe kultivars is vanjaar die eerste keer

vir kommersiële aanplantings beskikbaar.

Korog hou groot potensiaal in vir menslike en dierlike gebruik. In Suid-Afrika, soos in die meeste ander koringproduserende lande, word korog egter grotendeels as veevoer gebruik omdat daar genoeg broodkoring is.

In die Wes-Kaap word korog op sowat 40 000 ha verbou, hoofsaaklik vir veevoer in die vorm van graan, hooi, kuilvoer en weiding. Dit word ook as dekgewas in wingerde gebruik om waterverdamping, afloop en gronderosie te verhoed.

In die noordelike dele van die land word ongeveer 20 000 ha korog geplant, hoofsaaklik wintersoorte vir groenvoer.

In die Wes-Kaap wissel die hoeveelhede voergars en -koring van jaar tot jaar, na gelang van klimaatstoestande. Om in die groeiende vraag na goeie voergraan te voorsien, het dit tyd geword dat korog die nodige erkenning kry vir die bydrae wat dit kan lewer as alternatiewe voergraan en wisselbougewas.

Dit is die mening van mnr. Herman Roux van die departement Genetika in die Fakulteit Landbou- en Bosbouwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. Diedepartement is verantwoordelik vir die universiteit se korogteelprogram.

'n Mengsel (50-50) van korog en mielies gee 'n beter voer as wanneer elkeen op sy eie gebruik word. Die een vul die ander aan. Hierdie aspek word reeds oorsee besef en korog het sy regmatige plek in die voermark ingeneem. In Australië behaal korog byvoorbeeld 'n premie van 20 % bo voergarspryse.

In Suid-Afrika word korog egter afgemaak as 'n minderwaardige voer en is sy prys gekoppel aan 80 % van die mielieprys. Pryse is gewoonlik soortgelyk of minder as dievan voergars.

Mnr. Roux sê dit is nodig dat hierdie proewe ook in Suid-Afrika gedoen word sodat korog se waarde besef en boere daarvolgens vergoed kan word.

Die beter proteïeninhoud en hoër energiewaarde van korog teenoor die ander kleingrane is bekend. Navorsing wys dat die proteïeninhoud van koroggenotipes goed vergelyk met dievan koring. Dit word algemeen aanvaar dat die voergehalte van korog beter is as dievan koring en gars, danksy `n beter balans van die aminosure en die hoër inhoud van die essensiële aminosure, lisien en metionien. Vir diere, soos pluimvee en varke, is die balans van dieaminosure in die rantsoen belangriker as die proteïeninhoud as sodanig - en korog verskaf die antwoord op hierdie vereistes. Mnr. Roux sê korog word reeds met groot welslae in voermengsels gebruik en dit is veral gewild in vark- en pluimveerantsoene. Die meeste word in rantsoene ingesluit. (tabel 1 ).

TABEL 1: Die hoogste moontlike
insluitingspeile in verskillende
rantsoene

 

Hoogste peil(%)

Hoenders:
Kuikens

0

Braaikuikens

20

Lêhenne

30

Varke:
Kruip

10

Speenvarke

20

Groeivarke

30

Afrond

40

Sôe

25

Beeste:
Kalwers

20

Melkbeeste

30

Vleisbeeste

35

Skape:
Lammers

20

Ooie

30

Volstruise:
Kuikens

0

Slag- en groeivoëls

20

Broeivoëls

30

'n Lae gluteninhoud, swak glutensterkte en baie ensiemaktiwiteit veroorsaak egter dat korogmeel swak deeg maak. Die hoë ensiemaktiwiteit is egter 'n voordeel in vermouting en verbrouing. As korog- met broodkoringmeel gemeng word, kan dit wel bevredigende brood lewer.

Die broodmaakgehalte van die koroggenotipes verskil aansienlik en deur bakprosesse aan te pas (byvoorbeeld mengspoed en fermentasietyd) kan aanvaarbare brood wel van 100 % korogmeel gebak word. In 'n land soos Ethiopië waar koringtekorte ervaar word, word korog gebruik vir verskillende soorte tradisionele kos en bier.

Mnr. Roux sê sy departement is sedert 1998 betrokke by 'n projek om korogproduksie in Ethiopië te bevorder. Die land is 'n netto invoerder van koring. Aanvanklike resultate het 'n groot voordeel in opbrengs teenoor koring getoon. In Augustus 2000 is 'n voorlopige samewerkingsooreenkoms bereik tussen die Ethiopiese buro van landbou en die Universiteit van Stellenbosch. Dit het daartoe gelei dat die kultivars Usgen 19 en Tobie in Januarie verlede jaar in Ethiopië vrygestel is vir kommersiële verbouing. Dit kan 'n groot ommekeer in die voedselsekuriteit van dieland tot gevolg hê.

Korog is 'n uitstekende voergraan wat teen relatief lae insetkoste geproduseer kan word. Dit is goed aangepas by uiteenlopende klimaatstoestande en grondtipes. Met 'n goed ontwikkelde wortelstelsel kan korog sowel droogte as uitermate nat toestande beter as koring verdra.

Sekere plaaslike korog genotipes presteer baie beter as koring (graan en voer), veral wanneer dit op marginale grond en in stremmingstoestande verbou word. Die pitvastheid en hoë vlakke van siekte- en insekverdraagsaamheid sowel as aluminium-bestandheid verhoog die winsgewendheid van korog verder.

Omdat korog meer weerstand teen siektes bied as koring, word aanbeveel dat korogaanplantings nie met swamdoders bespuit word nie. àl die kultivars is bestand teen die huidige geelroesrasse en buiten Kiewiet is almal ook bestand teen stamroes. Wat blaarroes betref, is al die kultivars bestand daarteen, behalwe Rex wat matig vatbaar is en Bacchus wat matig weerstandbiedend is.

Mnr. Roux sê dit is ook meermale in die praktyk bewys dat koring wat op 'n korogkuilvoerland verbou word, 'n aansienlik hoër opbrengs gee. Korogkultivars verskil wesenlik. Boere moet dus die regte kultivar koop wat in hul behoeftes voorsien en aangepas is in hul omgewing. Tabel 2 toon die gemiddelde opbrengste sowel as agronomiese inligting van die verskillende kultivars.

TABEL 2: Die verskillende korogkultivars se gemiddelde
opbrengs en agronomiese proefdata oor drie jaar
in die Wes- en Suid-Kaap.

Kultivar

Opbrengs
(t/ha)

Hektoliter-
massa
(kg/hl)

Dae
tot aar

Hoogte
(cm)

Usgen 19

3.21

69

116

119

Rex

3.09

68

109

118

Kiewiet

3.50

72

110

113

Bacchus

3.51

71

108

112

Tobie

3.76

74

94

112

Ibis

3.29

69

105

135

Tobie, byvoorbeeld, is 'n kortseisoenkultivar en sal in droë jare die beste vaar. Bacchus, Kiewiet en Usgen 19 sal weer die beste doen in 'n lang groeiseisoen. Op swak grond sal Rex die beste vaar.

Wanneer 'n kultivar vir kuilvoer geplant word, sal die voedingswaarde van die eindproduk grootliks afhang van die groeistadium waarop die plante gesny word. Die beste resultate word verkry wanneer die plante tussen die blom- en melkstadium gesny word. As dit vroeër gesny word, sal die droëmateriaalopbrengs afneem terwyl die smaaklikheid verbeter en die voedingswaarde toeneem.

Oorsese resultate wys dat korog wat al voor die vlagblaarstadium gesny is, besonder goeie kuilvoer met 'n proteïeninhoud van sowat 23 % gee. 'n Groot voordeel is dat die plante in so 'n vroeë stadium baie vinnig hergroei en 'n tweede en selfs 'n derde snysel verkry kan word as genoeg vog beskikbaar is. 'n Stikstofbobemesting word egter aanbeveel na elke snysel.

As korog vroeg genoeg gesaai word, kan ál die kultivars een keer bewei en daarna gelaat word vir 'n graanoes. Hierdie praktyk word egter nie aanbeveel in gebiede met 'n kort groeiseisoen nie. Druk beweiding moet toegepas word 40 dae ná opkoms en moet verkieslik nie langer as sewe dae duur nie. 'n Stikstofbobemesting word daarna aanbeveel.

Weiding

Indien korog net vir weiding geplant word, moet dit elke 14 dae nadat die diere onttrek is, weer bewei word. Korog herstel baie vinnig ná beweiding. As die plante toegelaat word om tegroot te raak, verminder die smaaklikheid en lei dit tot onnodige vertrapping.

As gevolg van korog se dikker strooi, vlesige are en weelderige bogrondse groei, blom die gewas oor 'n langer periode en neem dit ook langer vir die plante om af te droog as in die geval met koring en gars. Korog moet dus gesaai word voordat met koringaanplantings begin word.

Mnr. Roux beveel 'n saaidigtheid van 300 sade per vierkante meter aan. Omdat korogsaad gewoonlik groter is as dievan koring, kan saaidigthede wissel van 80 kg tot 150 kg per hektaar.

Grondvoorbereiding en bemestingsriglyne is dieselfde soos vir koring. Hormoonbevattende onkruiddoders word nie aanbeveel nie, andersins word dieselfde onkruiddoders en aanbevole dosisse soos in die geval van koring gebruik. Swam- en luismiddels word normaalweg nie toegedien nie.

Mnr. Herman Roux is bereikbaar by tel. 021 808 4860;

hsr@sun.ac.za.

Drie nuwe kultivars beskikbaar

Die Universiteit van Stellenbosch se departement genetika het reeds verskeie korogkultivars vir die winterreëngebied ontwikkel. Die nuutste kultivars, Tobie, Bacchus en Ibis, sal vanjaar vir die eerste keer kommersieel geplant word. Diekultivars sal die bestaande kultivars, Usgen 19, Kiewiet en Rex goed aanvul.

Net beperkte hoeveelhede saad van die drie nuwe kultivars sal beskikbaar wees. Produsente word dus aangeraai om vroegtydig hul bestellings te plaas, sê mnr. Herman Roux van die departement genetika in die Fakulteit Landbou- en Bosbouwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. Saad van Tobie en Bacchus is by BNK op Bredasdorp te kry, terwyl Ibis by WPK op Malmesbury beskikbaar is.

Pannar en Starke Ayres is die lisensiehouers vir Kiewiet, terwyl Usgen 19 deur Klein-Karoo Saad en Rex deur Agricol bemark word. Al hierdie kultivars word deur die Plantverbeteringswet beskerm en verskyn op die nasionale kultivar lys. Net gesertifiseerde saad mag dus verkoop word.

Hoewel Bacchus se strooi korter is as dievan Rex en Ibis, stoel dit baie goed en lewer 'n uitstekende hooi- en kuilvoeropbrengs. Hoë graanopbrengste word verkry in gebiede met 'n medium- tot lang groeiseisoen.

Tobie presteer ook goed in gebiede met `n lang groeiseisoen, maar word spesifiek aanbeveel vir gebiede met `n kort groeiseisoen. Dit is `n baie vroeë kultivar met uitstekende graanopbrengste en siekteweerstand. Dit beskik ook oor 'n baie goeie hektolitermassa-betekenisvol hoër as dievan die ander kultivars.

Ibis se strooi is langer as dievan ander kultivars. Hoewel dit bogemiddelde saadopbrengste het, word dit spesifiek vir die maak van kuilvoer aanbeveel, asook as dekgewas, vir produsente wat `n langer strooi verkies. Ibis is 'n vinnige groeier en stoel gevolglik minder. Dit is dus ideaal vir die vestiging van lusern of in 'n mengsel met wieke, erte of hawer vir die maak van hooi en kuilvoer.

Usgen 19 ontwikkel die stadigste van ál die vrygestelde kultivars. Uitstekende graanopbrengste word dus verkry in gebiede met `n lang groeiseisoen. Diekultivar is geskik vir die maak van hooi en kuilvoer.

Rex is ook gewild vir die maak van kuilvoer. Op swakker marginale gronde word uitstekende graanopbrengste verkry.

Kiewiet produseer uitstekende graanopbrengste, veral op die beter tipe marginale gronde. Hierdie kultivar het egter vatbaar geraak vir 'n nuwe stamroesras en moet liefs nie in gebiede waar stamroes gereeld voorkom, verbou word nie.

Volgens mnr. Roux, wat in beheer van die teelprogram is, is hul doelwit om aangepaste, stabiele kultivars te ontwikkel, met die klem op opbrengs (graan en biomassa), siekteweerstand, asook gehalte ten opsigte van proteïen en hektolitermassa. Omdat geen statutêre finansiering gedoen word nie, word die lopende koste van die projek deur die universiteit gedra. 'n Klein inkomste word uit tantieme op vrygestelde kultivars geïn.

28 Februarie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot