Die gemiddelde graanboer se insetkoste is tans 50% meer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar en dit bedreig die sektor se winsgewendheid, waarsku Graan SA.
Die organisasie sê saadpryse het in dié tydperk met 6% gestyg, kunsmis met 128%, landbou-chemikalieë met 18% en brandstof met 40%.
Internasionaal het ’n mandjie van energie-kommoditeite in die afgelope ses maande verdubbel, en omdat Suid-Afrika meer as 80% van sy produksie-insette invoer, het dié stygings plaaslike insetpryse wesenlik beïnvloed.