Me. Adri Botha, voorsitter van die SA Grondboonforum, sê in ’n inligtingstuk aan produsente dié syfer kan nóg verder daal, en dat die 2021-’22-produksieseisoen onthou sal word vir sy uiterste weerstoestande. Na gelang van die gebied word grondboontjies tradisioneel van middel Oktober geplant. Dit duur dan 150 tot 180 dae totdat dit geoes kan word.
“Baie reën het veroorsaak dat sommige boere te laat kon plant. Dit het ook ernstige waterskade deur die seisoen veroorsaak,” sê Botha.
Mnr. Eduard Dreyer, grondboonboer en mede-eienaar van die verwerkingsaanleg Vienna Ground Nuts tussen Bothaville en Kroonstad in die Vrystaat, sê buiten die baie reën was daar nie genoeg hitte-eenhede nie. Wanneer daar nie genoeg hitte is nie, is grondtemperature te laag en dit vertraag die plant se groei en ontwikkeling.