AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Kwessies en geleenthede met graanhantering en -opberging

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Nico van Burick
Foto: Nico van Burick
Die koste van graanopberging moet deeglik aandag kry, anders gaan dit die graanbedryf knou.

Graan sal nooit weer so goedkoop opgeberg kan word soos vanjaar nie en dit is belangrik om die omgewing van opberging te verbeter, sê mnr. Wessel Lemmer, hoofbestuurder van Agbiz Graan.

Hy het op die simposium van die Graanhanteringsorganisasie van Suid-Afrika (Gosa) in Mosselbaai gesê om die omgewing te verbeter, is ’n meetinstrument nodig. Die graanopbergingskoste-indeks (GSCI) is geskep weens kommer oor die gebruik van die produsenteprysindeks (PPI) om die tarief vir opberging vas te stel.

“Op kort termyn is die PPI baie meer onstabiel as die koste van graanopberging. Die PPI is ’n gemiddelde syfer wat baie van die koste van opberging nie meet nie. Ons koste is baie hoër. Groot stygings word byvoorbeeld in salarisse, elektrisiteit, rente en brandstof verwag. Dié vier kostekomponente vorm 51,9% van die uitgawes.

“Voeg daarby stygings in die koste van instandhouding van voertuie en toerusting, van eiendomme, versekeringskoste, plaagbekamping en sekuriteit. Dit is alles koste wat nie in die PPI weerspieël word nie.” 

Bestuur stygende koste

Lemmer het gesê die vraag ontstaan hoe opbergingspesifieke kostestygings en verliese aan doeltreffendheid wat nie deur PPI gedek word nie, bestuur kan word. Betonsilo’s se waarde daal. Hulle kan met alternatiewe infrastruktuur vervang word.

Die instandhouding van silo’s en toegangspaaie kan deur die privatisering van spoorvervoer en samewerking gedoen word. Die verliese weens paaie beteken onder meer dat die vrag langer neem om die hawe te bereik.

Beurtkrag het ’n groot invloed op staantye en aflaaitye van graan. Daar kan na alternatiewe opwekking van elektrisiteit gekyk word. Stygende versekeringskoste raak almal – ook die kontrakteur wat die graan vervoer.

“Die gemiddelde ouderdom van silobestuurders is bo 50, wat ’n verlies aan kundigheid gaan meebring sodra die mense aftree-ouderdom bereik. Jonger mense met die nodige kwalifikasies is nodig. 

Alternatiewe opberging

“Heelwat groeipotensiaal bestaan vir alternatiewe opberging. Sowat 8,4 miljoen ton graan word reeds in alternatiewe geriewe opgeberg. Sodra jy egter te veel kapasiteit soos op plase bou, is dit nie meer doeltreffend nie. Suid-Afrika produseer elke jaar meer graan en oliesade. Die vraag is waar die uitbreiding moet kom.

“Die diefstal van graan neem toe van die groendeeg-stadium tot vragmotors vol graan wat gesteel word. Produsente verkies daarom om hul graan eerder by ’n silo op te berg as op die plaas. Die naspeurbaarheid van graan is moeilik.”

Lemmer het gesê veranderings in graanopberging moet innoverend wees, beter as die gemiddeld presteer en verandering aangryp. Evalueer nuwe neigings versigtig en moet dit nie ignoreer nie. Gebruik nuwe tegnologie wat prakties is, kostedoeltreffendheid verbeter en ’n groter inkomste beteken.

“Die graanprys speel ook ’n belangrike rol. Insetkoste is baie hoog en inkomste daal. Dit is belangrik dat banke se verhouding met produsente sterk bly. Goeie produkpryse skep ’n omgewing waarin ons sake kan doen.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na mevrou reg
Ek soek iemand om mee te deel en cuddle liefdevol en sosiaal wil wees saam my en saam my will groei
Leef jou lewe volheid.. Almal verdien geluk en liefde
Ek is vriendlik en spontane mens. Geniet die lewe volheid. Kamp visvang en natuur. Animal lover. Caring and loving-kindness. Hou van kos maak en bak ook.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot