AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Lupien tel kop op

Lupien is fluks op pad om verlore aansien te herwin nadat poeieragtige meeldou (witroes) sowat 30 jaar gelede feitlik sy doodsklok gelui het. Diegewas het groot potensiaal in wisselboustelsels.

Lupien is fluks op pad om verlore aansien te herwin nadat

poeieragtige meeldou (witroes) sowat 30 jaar gelede feitlik sy doodsklok gelui

het. Diegewas het groot potensiaal in wisselboustelsels.

Lupien is een van die wêreld se gewildste wisselbougewasse in kleingraanstelsels, veral vanweë die voordele wat dit as wisselbougewas vir veral kleingraanboere inhou. Nogtans twyfel baie boere oor die waarde daarvan, sê mnr. Herman Agenbag van die Proteïennavorsingstigting (PNS) op Elsenburg.

Boere is geneig om in isolasie na lupien te kyk pleks van na die langtermynvoordele wat dit vir 'n wisselboustelsel inhou.

Mnr. Leon Killian, ook van die PNS, meen dat boere met reg die ekonomiese vatbaarheid van lupien kan bevraagteken. Hoewel dit al lank op die toneel is, is dit vir talle boer 'n betreklik nuwe gewas.

Lupien se produksiekoste is laag en dit benodig geen stikstof as die saad ingeënt is nie. Die behoefte aan ander bemesting is klein en dit verdra redelik lae grondsuurheid.

Suid-Afrika voer jaarliks proteïene van R900 miljoen in. "Sowat 50 000 ha sal binne die volgende drie jaar onder soetlupien moet kom as ons dietekort wil uitwis. Kenners voorsien nie 'n oorproduksie binne die volgende 15 jaar nie."

Hy sê lupien het die potensiaal om 'n hoë opbrengs te lewer en behaal (na gelang van die proteïeninhoud) ongeveer R1 600/ton. Lupienpitte kan ook maklik op die plaas gemaal en vermeng word om goeie, gebalanseerde rantsoene vir pluimvee en vee saam te stel.

Lupien is nie net tot die Wes-Kaap beperk nie. Hoewel dit 'n koel omgewing verkies (15 °C tot 25 °C), is 'n nuwe kultivar op Cedara (Pietermaritzburg) ontwikkel wat aansienlik beter teen hitte bestand is as die beskikbare kultivars.

Volgens mnr. Killian handhaaf hierdie kultivar die afgelope sewe jaar 'n gemiddelde opbrengs van 3 ton/ha. Dit word in die somer geplant in rywydtes van 750 mm. Die opbrengs kan met gemiddeld 20 % tot 30 % toeneem by nouer rywydtes (300 mm tot 450 mm). 'n Hoër opbrengs word in die winter onder besproeiing behaal.

Wanneer gewasse, soos mielies of sonneblomme, lupien in 'n wisselboustelsel opvolg, kan 'n verhoging van 30 % tot 40 % in opbrengs verwag word omdat lupien die grond se stikstofinhoud opstoot. 'n Groot deel van die opvolggewas se stikstofbehoeftes word dus gratis verskaf.

Lupien kan suksesvol in die Wes-Kaap geproduseer word in rywydtes soortgelyk as dievir koring (150 mm tot 300 mm). Sulke rywydtes word nou in KwaZulu-Natal ondersoek waar koringplanters vir die vestiging van lupien in smaller rye gebruik kan word.

Mnr. Agenbag sê verskeie proewe is die afgelope jare vir die suksesvolle inskakeling van lupien as wisselbougewas in die Swartland gedoen. Goeie resultate word behaal en dit stem ooreen met Australiese bevindings. Die proewe het gewys dat die opbrengs van koring ná lupien 17 % tot 48 % kan toegeneem vergeleke met koring in 'n enkelgewasstelsel. Die proewe toon ook 'n betekenisvolle toename in die proteïeninhoud en -gehalte van koring ná lupien.

Die resultate van boerestudiegroepe wys 'n verlaging van 8 % tot 10 % in die produksiekoste van koring ná lupien teenoor koring in 'n enkelgewasstelsel. Die bruto marge van koring in 'n enkelgewasstelsel was R893,62/ha teenoor R1 152,88/ha van koring na lupien - 29 % meer.

Volgens mnr. Agenbag het die Wes- en Suid-Kaap die potensiaal om 100 000 ha lupien te lewer. Verkieslik moet meer soetlupiene verbou word. Dit kan gedoen word sonder om in die pad te staan van kanola. Dietwee gewasse vul mekaar aan.

Hy sê dit is jammer dat die verkeerde opvatting by boere bestaan dat die opbrengspotensiaal van breëblaarlupiene beter is as dievan smalblaarsoorte. Kultivarproewe toon die teendeel, terwyl laasgenoemde ook beter weerstand teen antraknose bied.

Australiërs hou ook daarvan

`n

Wisselboustelsel van koring-lupiene-koring-lupiene is die gewildste

wisselboustelsel onder Australiese boere, sê mnr. Herman Agenbag van die

Proteïnnavorsingstigting na 'n besoek aan dieland.

Lupiene word ook in

ander stelsels gebruik, soos twee jaar koring gevolg deur een jaar lupiene, of

koring-lupiene-kanola-koring, of koring-medics-lupiene-koring.

In Suid-Afrika

is kort rotasies met lupiene en kleingraan, soos koring-lupiene-koring, ongewens

omdat lupiene baie gevoelig vir verskeie verwelk- en wortelsiektes is. In so 'n

kort rotasiestelsel in Suid-Afrika sal die risiko van wortelssiektes baie hoog

wees.

As lupiene en hawer in kort rotasie verbou word, is die risiko's

verbonde aan wortelsiektes aansienlik minder, omdat hawer wortelsiektes

teenwerk.

Hy meen `n gesonde wisselboustelsel vir lupiene is een waar lupiene

minstens twee jaar lank, maar verkieslik drie jaar, deur kleingraan en ander

gewasse soos kanola of medics opgevolg word voordat dit weer op dieselfde grond

verbou word.

Die uitslae van langtermynstudies in Victoria, Australië, toon

dat die saadopbrengs van koring in `n enkelgewasstelsel met 18 % tot 20 % gedaal

het. Dit is in teenstelling met `n toename van 28 % in die opbrengs van koring

wat in `n wisselboustelsel met lupiene verbou is.

Opnames onder boere daar

oor dieselfde tydperk het toenames van 1,0 ton/ha tot 2,7ton/ha in die opbrengs

van koring na lupiene tot gevolg gehad teenoor dievan koring in `n

enkelgewasstelsel. (Die gemiddelde opbrengs van koring in `n enkelgewasstelsel

was 2,2t/ha).

Volgens 31 wisselbouproewe in Wes-Australië was die opbrengs

van koring ná lupiene aansienlik (1 ton/ha tot 1,5ton/ha) beter as vir koring

met hoë stikstofbemesing in `n enkelgewasstelsel. Die proteïninhoud van koring

na lupiene was ook beduidend beter as die van koring in `n

enkelgewasstelsel.

 

Proewe wys opbrengspotensiaal

Die landboutoestande verlede jaar was aansienlik gunstiger vir lupienproduksie in die Swartland én Suid-Kaap vergeleke met 2001. Na beraming is sowat 10 000 ha se soetlupien in diegebiede geplant, wat 'n afname van 4 000 ha teenoor 2001 is.

Mnr. Herman Agenbag van die Proteïennavorsingstigting (PNS) op Elsenburg sê daar is verskeie redes vir die afname. Die vrees vir antraknose by breëblaarlupiene het boere ontmoedig om diesoort lupien te saai. Gevolglik is net 150 ha daarvan gesaai. Sommige boere het oorgeskakel na soetsmalblaarlupiene, terwyl ander geen lupiene gesaai het nie. Dit blyk ook dat enkeles soetlupienproduksie laat vaar het en oorgeskakel het na bitterlupiene of kanola.

Kommersiële aanplantings het meestal minder saad gelewer as wat verwag is. Opbrengste het gewissel van minder as 1 ton/ha tot ongeveer 1,5 ton/ha, terwyl enkele boere 'n saadopbrengs van 2 ton/ha en selfs meer gerapporteer het.

In kultivarproewe wat verlede jaar deur mnre. Dirk Hanekom, P. Lombard en H. de Wet van die Wes-Kaapse departement van landbou op Elsenburg gedoen is, is besonder goeie opbrengste op sommige van die proefpersele behaal.

Figuur 1 en figuur 2 wys die gemiddelde opbrengste van

die verskillende soetlupienkultivars in die Swartland en die Suid-Kaap.

Smalblaarkultivars (L. angustifolius) het beter gevaar as die

breëblaarkultivars (L. albus

) omdat veral die Australiese tipes meer verdraagsaam is teen antraknose en nie so maklik versuip nie.

Die geel kultivars (L. luteus

) het in die Suid-Kaap heelwat swakker as die ander tipes gevaar. In die Swartland was die resultate soortgelyk as dievan die breëblaarkultivars.

Mnr. Agenbag sê by die kommersiële aanplantings was bolwurms in sekere areas 'n ernstige probleem, wat in sekere gevalle meer as een bespuiting geverg het. By geel- en breëblaarlupiene was antraknose 'n ernstige probleem. Lande in die omgewing van George wat met siektevrye saad uit Kwazulu-Natal van die breëblaarlupien Cedara 6150 beplant is, het nie antraknose gehad nie en 'n goeie opbrengs gelewer.

Sommige boere het probleme ondervind met die proteïeninhoud van smalblaarlupien wat nie aan die minimum vereiste van 31 % (droë basis) voldoen nie. Die lae proteïeninhoud kan toegeskryf word aan die feit dat boere nie hul saad ent voordat hulle dit saai nie, sê mnr. Agenbag.

11 April 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.1%
Rand - Pond
19.29
+0.2%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,630.45
+0.5%
Silwer
18.41
+0.3%
Palladium
2,073.50
+1.5%
Platinum
852.00
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot