
Die Suid-Afrikaanse Makadamiakwekersvereniging (Samak) hou sy jaarlikse makadamiasimposium op 4 Junie vanjaar by die Fairview Lodge buite Tzaneen. Daar is ook ’n stinkbesie-werksessie op 5 Junie.
Dié gewilde simposium trek plaaslik sowel as internasionaal aandag en dien as ’n forum vir navorsers, boere en verwerkers om die uitdagings in die makadamiabedryf te pak. Dis ook ’n gulde geleentheid om met belanghebbers in die bedryf te skakel.
Dr. Rob Morrison, ’n navorser aan die Amerikaanse departement van landbou (USDA), gaan die gehoor toespreek oor die moontlike gebruik van feromone om die tweekol-stinkbesie te beheer.
Ander onderwerpe wat bespreek gaan word sluit in:
- Seleksie en waardebepaling van nuwe kultivars;
- Stinkbesie-beheer;
- Riglyne vir storingsprotokols en vervaldatums;
- ’n Strategie om die sogenaamde “uiering-voorkoms” te voorkom;
- Die aanwending van fosfonaat deur besproeiingstelsels om Phytophtora (wortelvrot) en stamkanker te voorkom;
- Die kalibrering van stelsels vir optimale besproeiing;
- Nuwe benaderings in biologiese pesbeheer deur middel van vlêrmuise in boorde;
- Subtrop se stinkbesie-webwerf.
- Die kalibrering van stelsels vir optimale besproeiing
- Nuwe benaderings in biologiese beheer van stinkbesies deur middel van vlêrmuise in boorde.