Die brief “Claude Cloete reg oor maksimum wins” (LBW, 21 Oktober 2021) deur dr. Gawie du Toit het betrekking. In sy brief toon Du Toit twee grafieke.
GRAFIEK 1 wys die verwantskap tussen opbrengs en NPK- (stikstof, fosfor en kalium) vlakke, en GRAFIEK 2 die verwantskap tussen wins en NPK-vlakke.
Dit stem ooreen met die standpunt van dr. Emanuel Epstein, destyds van die Kearney Foundation of Soil Scien- ce aan die Universiteit van Kalifornië (Davis-kampus) in Amerika.