AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4642
0,00
SOYA
30 Mrt
-
8220
0,00
SUNS
30 Mrt
-
8850
31,00
WEAT
30 Mrt
-
6630
0,00
WMAZ
30 Mrt
-
3850
-1,00
YMAZ
30 Mrt
-
4027
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Mielie-oes steek 15 miljoen ton-kerf verby

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Vida Booysen
Ter illustrasie. Foto: Vida Booysen
Ondanks die pessimistiese verwagtinge weens nat toestande aan die begin van die seisoen in die somerreëngebied het die geskatte mielie-oes nou die kerf van 15 miljoen ton verbygesteek.

Hiervan was meer as 12 miljoen ton teen middel Agustus reeds aan silo’s gelewer.

Die nasionale oesskattingskomitee (NOK) het in sy sewende produksieskatting die kommersiële mielie-oes op 15,004 miljoen ton geraam teen ’n opbrengs van 5,72 t/ha. Dit is 2% hoër as Julie se skatting. Hiervan is 7,6 miljoen ton witmielies en 7,4 miljoen ton geelmielies.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landousakekamer Agbiz, sê in reaksie op die skatting hoewel die geraamde oes 8% laer as die oes van die 2020-’21-seisoen is, is dit steeds heelwat hoër as die tienjaar-gemiddelde van 12,8 miljoen ton. “Dit is ook aansienlik meer as die 11,8 miljoen ton wat jaarliks vir plaaslike verbruik benodig word. Suid-Afrika sal ’n netto uitvoerder bly met ’n verwagte 3 miljoen ton wat uitgevoer sal word.”

Hy sê weersomstandighede lyk gunstig vir die volgende twee weke en hy verwag dat heelwat mielies in die komende dae aan silo’s gelewer sal word. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, gaan na verwagting 82% van die 2021-’22-oes lewer.

Die verwagte mielie-oes van die niekommersiële sektor is 667 000 ton, wat 4,8% meer is as die 636 440 ton van die vorige seisoen. Sowat 47% hiervan word in die Oos-Kaap verbou en 22% in KwaZulu-Natal.

Sojabone en sonneblomme

Die NOK het ook sy produksieskatting van sojabone met ’n persentasiepunt (20 740 ton) opwaarts aangepas tot 2,2 miljoen ton teen ’n verwagte opbrengs van 2,35 t/ha. Teen 19 Augustus was sowat 95% van die oes reeds aan silo’s gelewer. Sihlobo sê hierdie nuwe rekordoes moet verwelkom word. “Die groot sojaboonoes sal Suid-Afrika se afhanklikheid van ingevoerde oliekoek verminder.”

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is vir die derde opeenvolgende maand afwaarts aangepas. Dit is nou 876 050 ton teen ’n verwagte opbrengs van 1,31 t/ha en is steeds die derde grootste oes op rekord. Sowat 94% daarvan was teen 19 Augustus gelewer.

Die produksieskatting van sorghum is afwaarts aangepas met 9% tot 123 700 ton teen ’n verwagte opbrengs van 3,33 t/ha.

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê die hoofrede vir die afname by sonneblom is Sclerotinia wat opbrengste geknou het. “Die afname by sorghum, en ook in ’n mate vir sonneblom, was produksie-omstandighede in Limpopo wat op ’n belangrike stadium in die seisoen nie reën gehad het nie.”

Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 49 000 ton en die skatting vir droëbone is met 1,7% opwaarts aangepas tot 52 590 ton.

Wintergrane

In sy eerste produksieskatting vir wintergewasse het die NOK die koringoes op 2,179 miljoen ton geraam wat 106 000 ton (4,6%) minder is as die vorige seisoen se oes. Die verwagte opbrengs is 3,89 t/ha. Die oppervlakteskatting is hersien na 560 100 ha, wat 6 200 ha meer is as die vorige skatting. Sowat 46% van die koring sal in die Wes-Kaap geproduseer word, 22% in die Vrystaat en 13% in die Noord-Kaap.

Die produksieskatting van gars is 370 350 ton, wat 11% meer is as verlede jaar. Die oppervlakte beplant word geraam op 101 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,67 t/ha is. Die verwagte kanola-oes is 197 880 ton, wat 0,1% minder as die vorige seisoen is. Die oppervlakteskatting is 123 360 ha en die verwagte opbrengs 1,56 t/ha.

Vir hawer is die verwagte oes 43 880 ton teen ’n opbrengs van 1,56 t/ha en vir soetlupine word ’n oes van 21 000 ton verwag teen ’n opbrengs van 1 t/ha. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
-0.1%
Rand - Pond
22.35
-0.2%
Rand - Euro
19.64
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
971.29
+1.2%
Palladium
1,451.69
+0.2%
Goud
1,968.60
+0.2%
Silwer
23.53
+0.9%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
70,865
0.0%
Alle aandele
76,480
0.0%
Hulpbronne 10
66,658
0.0%
Industriële 25
103,311
0.0%
Finansiële 15
15,614
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot