AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mielieboer is Namibi

'n Mielieboer van die Grootfontein-omgewing is aangewys as Namibië se meester-akkerbouer. Ernstige kommer is deur leiers in die bedryf uitgespreek omdat mielie-aanplantings die afgelope paar jaar met sowat die helfte afgeneem het.

Die onlangse styging in die mielieprys het nuwe optimisme in Namibië se mieliebedryf gebring nadat wisselvallige reën en stygende produksiekoste die aanplanting die afgelope tyd met bykans die helfte laat krimp het.

Op 'n boeredag op Nehlen, Kombat, die plaas van mnr. Heinz van Biljon, Namibië se meester-akkerbouer, het mnr. Jan Engelbrecht, voorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging van Namibië, gesê in die afgelope dekade was daar net drie goeie jare.

Dit het groot finansiële druk veroorsaak, skuld die hoogte laat inskiet en boere se skuldverhouding baie laat verswak. Dietoestande het die gebied onder mielies laat krimp van 15 000 ha 'n paar jaar gelede tot die huidige skatting van sowat 8 000 ha.

Die verbouing van ander gewasse, soos katoen en grondbone, het ook aansienlik afgeneem. Dit kan ernstige gevolge vir dieland se akkerboubedryf inhou, aangesien boere sekere vaste uitgawes, soos arbeid en skulddelging, sal moet dek sonder die nodige inkomste.

Die hoër graanpryse het vir baie boere 'n uitkoms gebring, maar die geweldige prysskommeling op die Suid-Afrikaanse mark bring mee dat net één verkeerde besluit 'n boer in een jaar kan knak.

Hy het 'n beroep op Namib-meulens gedoen om aanplantingskontrakte vooruit met produsente aan te gaan om hul risiko te verklein.

Die nuwe omgewing waaraan boere blootgestel is, vereis aanpassings. Die dramatiese verswakking van die ruilwaarde van die Namibiese dollar teen die Amerikaanse dollar dwing boere om hul bewerking en bestuur só aan te pas dat die koste tot die minimum beperk word.

Die akkerboubedryf bly een van die belangrikste hoekstene waarop landbou-ontwikkeling in Namibië moet rus, aangesien diebedryf in verhouding tot sy grootte 'n belangrike werkskepper is.

Volgens die jaarverslag van die Namibiese Akkerbouprodusentevereniging is die akkerbou by 'n kruispad. Boere is onseker oor wit mielies omdat daar geen vasgestelde prysvooruitsig is nie en daar ook nie genoeg opbergplek vir graan in dieland is nie.

Daarom het die Akkerbouraad besluit dat Namibië se grense vir die invoer van mielies gesluit moet bly totdat die hele witmielie-oes verkoop is, en dat die Safex-invoerpariteitsprys die grondslag sal wees vir die Namibiese produsenteprys.

'n Voorplant-vloerprys sal gegee word wat gegrond is op die gemiddelde Safex-toekomsprys vir Julie die volgende jaar - soos uiteengesit in Oktober van die voorafgaande jaar - plus 10 %, plus die vervoerkoste na die onderskeie meulenaarsentrums.

Volgens die jaarlikse opname deur die Akkerbouprodusentevereniging kos dit sowat 1 400 Namibiese dollar om een hektaar mielies op onbesproeide grond te verbou en 1 530 dollar per hektaar vir katoen.

Boere word gemaan om hul produksie eerder konserwatief te beplan en hul koste doeltreffend te bestuur om die risiko so laag moontlik te hou. Hulle moet ook die koop van nuwe werktuie so ver moontlik beperk.

As die verhoging van plaaslike produksie ter sprake kom, moet onthou word dat Namibië se lae en ongereelde reënval dit 'n marginale mielieproduksiegebied maak. Daarom is dit noodsaaklik dat die regering moet wys dat hy boere wil help deur verantwoordelikheid vir die risiko's verbonde aan akkerbou te help dra. Daar moet ook onderhandel word om brandstofkoste vir die akkerbou verder te verlaag, die belasting op produksiemiddele moet verlaag word en stappe moet deur die Suider-Afrikaanse Doeane-unie gedoen word om die invoertariewe op werktuie te verlaag.

Op die vergadering van die Akkerbouprodusentevereniging is besluit dat die kultivarproewe - wat met die samewerking van saadmaatskappye op plase gedoen word - voortgesit en uitgebrei moet word en dat dit oopbestuifde kultivars moet insluit.

Grondbewerkingsproewe is te duur om plaaslik gedoen te word. Daarom sal navorsing wat die LNR se Graaninstituut op Potchefstroom ten opsigte van bewerking en rywydtes doen, deur kenners vir Namibië aangepas word.

Mnr. Christof Brock, hoof van die Akkerbouraad, het gesê daar word met angs kennis geneem van die kwynende graanaanplantings. 'n Omvattende ondersoek gaan gedoen word, en as iets aan die oorsake gedoen kan word, sal met die ministerie van landbou onderhandel word om 'n oplossing vir dieprobleem te kry.

Hoewel 'n mens geen beheer oor die klimaat het nie, glo hy nie koste is die grootste probleem nie, maar wel opbrengs. Hy glo egter as die regering wys hy stel in die bedryf belang, sal boere meer plant.

Die ondervinding in die suiwelbedryf het gewys dat as die regering net 'n klein bydrae lewer om bestendigheid te bewerkstellig, die boere bereid is om meer in só 'n bedryf te belê.

Sy raad, saam met die Akkerbouprodusentevereniging en die Namibiese landbou-unie, het besluit om 'n kursus vir graanboere - met die samewerking van Graan SA - aan te bied om boere in te lig oor hoe om verskansing in die bemarking van hul produk as nóg 'n hulpmiddel te gebruik.

Daar is ook planne om dispute oor gradering te verminder deur monsters meer professioneel te neem en selfs boere te nooi om die kursus te volg.

24 Mei 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.13
-0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.1%
Rand - Euro
17.67
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,697.80
-0.9%
Silwer
20.16
-2.4%
Palladium
2,196.39
-2.9%
Platinum
919.50
-0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot