AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9367
11,00
CORN
30 Sep
-
4844
-20,00
SOYA
30 Sep
-
9460
68,00
SUNS
30 Sep
-
10161
-44,00
WEAT
30 Sep
-
7117,8
17,80
WMAZ
30 Sep
-
4889
-3,00
YMAZ
30 Sep
-
4855
4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Mieliepakkette wat misoeste kan systap

Met 'n goed beplande pakket mieliebasters, vogbewaring en die regte plantdatum kan boere die risiko van 'n totale misoes weens droogte feitlik uitskakel en 'n uitstekende oes maak as dit 'n gunstige jaar is.

Een manier om te verseker dat mielies nie in kritieke stadiums 'n watertekort ondervind nie, is om die lengte van die groeiseisoen van die verskillende basters in ag te neem met die samestelling van 'n pakket.

Miljoene rande word jaarliks deur saadondernemings bestee aan die ontwikkeling van nuwe mieliebasters met unieke eienskappe. Die boer met 'n grondige kennis van toestande op sy plaas en 'n kenner van 'n saadonderneming kan dieeienskappe gebruik om 'n kultivarpakket saam te stel wat die boer teen droogteskade sal verskans, maar wat ook sal verseker dat hy 'n goeie oes maak as dit wel goed reën.

Mnre. Sydney Bondesio en Peet van der Walt, onderskeidelik bestuurder: bemarkingsdienste, en bestuurder: marknavorsing en advertensies van Pannar, sê boere moenie nuwe basters oorhaastig begin gebruik nie.

Ou staatmakers wat hulle oor jare heen bewys het, moet die grootste deel van die aanplanting uitmaak, terwyl nuwe basters geleidelik ingeskakel moet word om seker te maak dat hulle werklik beter presteer, en om voorsiening te maak vir genetiese vordering.

Daar is drie gebiede in die land waar mielies op groot skaal verbou word: Die westelike gebied, die warmer oostelike gebied en die koel oostelike gebied. Elkeen van diegebiede het sy eie toestande wat in aanmerking geneem moet word as 'n pakket saamgestel word.

In die westelike produksiegebied is baie hitte-eenhede beskikbaar, maar 'n midsomerdroogte van ongeveer 20 Desember tot 20 Januarie is in die meeste jare 'n gegewe.

Om dietoestande optimaal te benut, moet yler geplant en 'n pakket gekies word met mieliebasters wat sterk meerkoppig is. Dit sal in gewone én droë jare 'n aanvaarbare oes lewer en ook goed presteer as dit 'n goeie jaar is.

Meerkoppige basters is diewat twee tot drie koppe maak wat feitlik gelyktydig baard stoot sodat die koppe saam bestuif kan word.

By enkelkoppige basters gee die plant ál sy aandag aan net een kop wat gewoonlik goed en groot ontwikkel. Selfs al word diebaster yl geplant, sal meer as een kop selde ontwikkel.

Dit bring mee dat as 'n meerkoppige baster yl geplant kan word (15 000 plante/ha tot 30 000 plante/ha) dit in goeie jare bykans dieselfde opbrengs sal gee as die enkelkoppige basters wat teen 30 000 plante/ha tot 60 000 plante/ha geplant word.

Die eienskappe van meerkoppige en enkelkoppige basters vereis verskillende bestuurspraktyke.

Dit is bekend dat meerkoppige basters droogte beter kan weerstaan as enkelkoppige basters. Meerkoppige basters kan in gunstige toestande beter vaar en uitstekende opbrengste lewer. Met 'n digte plantestand en veral met wye ryspasiëring verhoog die kans van omval egter, asook vir swakker prestasie in droogtes vir dietipe basters.

By enkelkoppige kort groeiers kan met 'n hoër plantestand gekompenseer word vir hoër opbrengste. Diesoort basters het 'n uitstekende staanvermoë.

In die westelike produksiegebied is opbrengs en droogte 'n probleem. Daarom word gekyk na basters wat in taamlik swak seisoene nog bestendig bogemiddeld vaar.

Die daaglikse vogbehoefte van 'n mielieplant word in figuur 1 uitgebeeld. Dit wys dat die hoogste voggebruik tydens bestuiwing plaasvind. In dietyd is die mielieplant ook die kwesbaarste vir droogte en stremming wat tot groot oesverliese kan lei.

Die droogtegevoeligheid van 'n mielieplant word in figuur 2 uitgebeeld. Daarvolgens is dit duidelik dat droogte in enige groeistadium die gewone groei en ontwikkeling van die plant beïnvloed.

Tydens die vegetatiewe groeistadium is die mielieplant betreklik droogteverdraagsaam. Droogtestremming in dietyd sal veroorsaak dat 'n korter plant ontwikkel wat 'n kleiner plantmassa sal produseer, maar dit beïnvloed graanproduksie min in droëlandtoestande.

Figuur 2 toon die gevoeligheid van die mielieplant vir droogtestremming tydens bestuiwing (blomtydperk) en met graanvulling duidelik aan.

Vir elke droogtestremmingsdag tydens bestuiwing sal die oespotensiaal met 7 % tot 10 % per dag afneem. 'n Droogtestremmingsdag is wanneer die plant begin verwelk teen 09:00 tot 10:00 en dus nie gedurende die nag van die vorige dag se droogte herstel het nie. Die oesverlies word ook beïnvloed deur die hitte en/of warm wind wat met die droogtestremming gepaardgaan.

Een manier om te verseker dat die mielies nie in kritieke stadiums 'n watertekort ondervind nie, is om die lengte van die groeiseisoen van die verskillende basters in ag te neem met die samestelling van 'n pakket.

Die meeste basters wat vandag kommersieel aangeplant word, word in drie groeiklasse ingedeel, naamlik diemet 'n kort, medium- en lang groeiseisoen.

In tabel

1

 word die plantkundige eienskappe van diedrie hoofklasse by benadering uiteengesit. Dit is duidelik dat die drie verskillende klasse se basters se ontwikkeling vanaf die kritieke blom- en graanvulperiode met mekaar verskil.

As al drie bastertipes van 5 tot 10 November in die westelike produksiestreke geplant word, en die midsomerdroogte kom van 20 Desember tot 20 Januarie voor, kan die volgende verwag word:

Omdat die mieliebasters met 'n kort, medium- en lang groeiseisoen onderskeidelik 65 dae, 70 dae en 75 dae groei van planttyd tot blomtyd, beteken dit die vinnige groeiers sal van 10 tot 15 Januarie blom, die mediumgroeiers van 15 tot 20 Januarie en die lang groeiers van 20 tot 25 Januarie.

Hoewel dit net 'n paar dae verskil, beteken dit 'n groot verskil ten opsigte van die blootstelling aan die droogte tydens die bestuiwingstyd. Die kort groeiers sal tydens stuifmeelstorting vir vyf tot tien dae aan droogtespanning onderwerp wees, die mediumgroeiers vir een tot vyf dae en die lang groeiers sal die droogte heeltemal vryspring. Groot opbrengsverliese kan dus verwag word indien net mieliebasters met 'n kort groeiseisoen op daardie datum geplant is.

Indien die droogte nie tydens die bestuiwingstyd nie, maar tydens graanvul voorkom, verander die situasie na die volgende:

Basters met 'n kort groeiseisoen vul hul graan ook oor 'n korter tydperk en hulle sal dus opgegaarde vog beter kan benut as die medium- en lang groeiers, en verder met graanvulling vorder. As geen opvolgreën val nie, sal die kort groeiers die beste opbrengs lewer en die lang groeiers sal die swakste presteer.

As daar tóg opvolgreën val, sal die lang groeiers die beste herstel, omdat graanvulling in die droogtetyd nog nie in 'n gevorderde stadium was nie. Dit beteken dat minder pitte afgespeen sal word en 'n beter graangewig verwag kan word.

Hieruit is dit duidelik dat as die langtermyn-reënvalpatroon vir veral die westelike produksiegebied in ag geneem word, mieliebasters met 'n medium- tot lang groeiseisoen voorrang behoort te geniet in die samestelling van 'n pakket. Dit is diebasters wat hulle op die duur as betroubare basters bewys het.

In die oostelike produksiegebied verskil die klimaat en reënval, wat meebring dat ander eienskappe swaarder behoort te weeg wanneer 'n basterpakket saamgestel word. In diestreek behoort opbrengspotensiaal, staanvermoë, siekteweerstand en afdroging voorrang te geniet.

Meer gebalanseerde mieliebasters waarin al vier dieeienskappe sterk verteenwoordig is, is nodig. In die warmer dele van diestreek behoort basters met 'n mediumgroeiseisoen die kern van die pakket te vorm en kan vinniger groeiers daarmee saam gebruik word, sodat 'n deel van die oes vroeg gestroop en teen 'n beter prys bemark kan word.

Kort groeiers behoort in diestreek tot 25 % digter geplant te word omdat na 'n hoër opbrengs gemik word en midsomerdroogtes nie so 'n groot rol speel nie.

Die plantvenster is Oktober, met die beste planttyd teen die middel van die maand. As later as 16 Oktober geplant word, neem die opbrengs af.

Droogte is ook in die oostelike produksiegebiede die grootste beperkende faktor, maar dit is nie so erg as in die weste nie. Die plantestand moet steeds binne perke wees en meerkoppigheid kan nie heeltemal buite rekening gelaat word nie. Waar in die westelike gebied sowat 20 000 plante per hektaar geplant word, kan sowat 40 000 plante per hektaar in die oostelike gebiede geplant word.

Grondsuurheid kan in die oostelike gebiede lol. Daar is basters wat dietoestande beter verdra, maar die beste oplossing bly om kalk diep in te werk.

Minder hitte-eenhede is nóg 'n beperkende faktor vir plantdatums en vir die opbrengspotensiaal, veral in die koeler gebiede. As telaat geplant word, is daar net nie genoeg hitte-eenhede beskikbaar om die plant deur die graanvultydperk te onderhou nie. Eintlik behoort mielies in diestreek nie later as 20 November geplant te word nie.

As 'n mieliebaster met 'n mediumgroeiseisoen byvoorbeeld op 1 November by Potchefstroom geplant word, behoort dit teen die einde van Februarie fisiologies ryp te wees. By Ermelo sal dieselfde baster met dieselfde plantdatum eers teen die einde van April fisiologies ryp wees, hoofsaaklik as gevolg van minder hitte-eenhede wat beskikbaar is.

Met 'n digter stand en hoër vogtigheid is die toestande vir die ontwikkeling van stam- en wortelsiektes gunstiger, en is 'n goeie staanvermoë 'n vereiste vir die basters wat vir 'n pakket oorweeg word. Wisselbou is 'n nuttige bestuursinstrument om veral wortel- en stamsiektes hok te slaan.

In die oostelike produksiegebiede moet meer van die basters se eienskappe onder die vergrootglas kom wanneer 'n plantpakket saamgestel word.

Tabel 1: Plantkundige eienskappe van die drie hoofklasse

 mieliebasters

Stadiums

Basters se groeiseisoenklasse

Kort

Medium

Lank

Dae tot blom:
Koel dele 70 - 75 75 - 80 80 - 85
Warm dele 60 - 65 65 - 70 70 - 75
Rypwording:
Koel dele 130 - 140 140 - 155 155 - 165
Warm dele 120 - 125 130 - 140 145 - 150

Klop vogstremming met plantdatum
Die plantdatum is seker die belangrikste meganisme wat

die boer kan inspan om die probleem van die midsomerdroogte in die westelike

produksiegebied en die swakker reënval in Februarie/Maart in die oostelike

gebied te bestuur en terselfdertyd die volle opbrengspotensiaal van die

mieliebasters te benut.

In die weste wys reënvalsyfers oor 38 seisoene dat dit baie moeilik is om grondvog op te gaar voor planttyd, dat 'n midsomerdroogte waartydens gemiddeld 2,2 mm reën per dag vir drie tot vier weke van 10 Desember tot 10 Januarie val, in meer as die helfte van die seisoene voorgekom het en dat die helfte van die reënseisoen (die halveerdatum) op gemiddeld 20 Januarie is.

Bestendige goeie reën val dan gewoonlik tot die einde van Maart met 'n skerp afname in reënval in April met 'n laagtepunt in Junie.

Volgehoue droogtestremming gedurende die twee weke voor en ná bestuiwing het vernietigende gevolge op graanopbrengs.

As boere op 21 November mieliebasters met 'n mediumgroeiseisoen begin plant, word die midsomerdroogte oorbrug en vind bestuiwing in die laaste week van Januarie plaas, in die piek reënvalperiode.

Deur tot op 11 Desember aan te hou plant, word die risiko van 'n uitgerekte midsomerdroogte ook verminder en vind bestuiwing tot in die middel van Februarie ('n koeler tyd) plaas en bestendige reën in Maart voorsien in die plante se vogbehoeftes.

Waar besonderhede oor die reënvalpatroon in 'n gebied nie bekend is nie, kan die halveerdatum van die langtermyn gemiddelde reënval (daaglikse syfers van 1 Julie tot 30 Junie) as riglyn te gebruik om plantdatums te bepaal.

Die aantal dae wat 'n mieliebaster groei tot 50 % blom word van die halveerdatum afgetrek en dit gee die datum waarop begin plant kan word.

In die westelike produksiegebied het ondervinding geleer dat die plantdatum verkieslik aangeskuif moet word as vogtoestande teen planttyd nie optimaal is nie; 'n uitgerekte midsomerdroogte voorsien word met El Niño-toestande en die plante fisiologies ryp kan word voor die datum waarop skadelike ryp begin voorkom.

In die oostelike produksiegebiede het die korrekte plantdatum 'n baie groot invloed op die uiteindelike opbrengs, daar kom ook 'n droogtetyd voor gedurende Februarie en Maart en minder hitte-eenhede is beskikbaar.

Omdat 'n droogtestremming in Februarie/Maart verwag kan word, moet die plantdatum so gekies word dat die blom- en graanvultydperk nie in dietyd val nie, of genoeg vog moet in die grond oorgedra word om die gebrekkige reënval aan te vul.

In 'n proef oor 22 jaar, waaroor mnr. Sakkie Koster van OTK-saad verslag gedoen het, is gevind dat die hoogste opbrengs met lang groeier bereik is met 'n plantdatum van 6 tot 10 Oktober en word 'n aanvaarde plantdatum van 25 September tot 21 Oktober voorgestel.

By medium groeiers is die beste opbrengs behaal met aanplantings van 6 Oktober tot 21 Oktober. 'n Aanbevole plantdatum in die geval is van 25 September tot 31 Oktober.

Waar kort groeiers geplant is, was die daling in opbrengs gekoppel aan plantdatum nie so dramaties nie. Tog het die opbrengs beduidend gedaal wanneer die basters later as 21 Oktober geplant is.

Met die inligting wat ingesamel is, was dit duidelik dat as 'n opbrengs van 4 t/ha as 'n ekonomiese afsnypunt gebruik word, 'n plantdatum van later as 5 November in 80 % van die seisoene nie 'n ekonomiese opsie sal wees nie.

'n Halveerdatum wat vir die oostelike produksiegebiede laat in Desember tot vroeg in Januarie val, kan volgens mnr. Bondesio as 'n riglyn gebruik word om 'n plantdatum te bepaal.

Daarvolgens behoort met plant begin te word vanaf vroeg tot teen die einde van Oktober.

Bestuurswenke om die probleem van droogte te help oorkom, is:

* As dit moontlik is, moet planttye so gekies word dat die bestuiwingstyd met die piek-reënvalperiode saamval. Veral in die gebiede met 'n laer reënval waar dit baie warm word, is die regte planttyd van nog groter belang. Normaalweg verlaag 'n later plantdatum die risiko in die westelike gebied, maar in die oostelike gebiede kan 'n te laat plantdatum opbrengs ernstig knou.

* Probeer voorkom dat die mielies in die mid-somerdroogte of tye met 'n ondernormale reënval blom.

* Kies die mieliebasters wat die beste inpas by die langtermyn reënvalpatroon.

* Alle bewerkings moet daarop gerig wees om water te laat indring en vog te bewaar.

* As planttyd oor 'n taamlik kort tydperk strek, is 'n

pakket van verskillende groeiseisoenlengtes van groter belang om die risiko van

droogtes beter te vermy.

26 Julie 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+0.3%
Rand - Pond
20.07
-0.6%
Rand - Euro
17.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,672.60
+0.7%
Silwer
19.15
+1.8%
Palladium
2,230.49
+1.1%
Platinum
879.74
+1.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,435
+0.9%
Alle aandele
63,741
+0.8%
Hulpbronne 10
60,781
+1.7%
Industriële 25
77,206
+0.6%
Finansiële 15
13,761
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot