Die navorsing en proewe daaragter is gesamentlik deur Corteva AgriScience en die Kansas-staatsuniversiteit (KSU) uitgevoer, en het in die vaktydskrif Nature Biology Communications verskyn. Kultivars is ontwikkel wat beter kan reguleer wanneer, waar en tot watter mate die zmm28-geen uitgedruk word.
Navorsers van Corteva AgriScience het reeds in 2019 in die vaktydskrif PNAS geskryf oor hul langtermynproewe met die zmm28-geen. Hulle het getoon dat mieliekultivars waarin die geen meer uitgedruk word, beter groei.
Tot 7% hoër opbrengste is verkry, selfs onder droogtetoestande en in grond met min stikstof. In die jongste navorsing is getoon dat verskeie hibriede waarin die geen sterker uitgedruk word, meer stikstof as gewoonlik uit grond kan opneem.