Iets sal daadwerklik gedoen moet word, want dit raak voedselsekerheid, het mnr. Derek Mathews, voorsitter van Graan SA se direksie, op Graan SA se jaarvergadering gesê.
Mielieboere het gehoor dat insetkoste nou só hoog is dat die somme nie klop as iemand slegs mielies aanplant nie. Dit is die geval selfs in weerwil van die huidige hoë mieliepryse.
“Ons het geen beheer oor fatore soos die wisselkoers of internasionale pryse nie. As laasgenoemde daal, sal dit ’n absolute tragedie vir Suid-Afrika wees,” het Mathews gesê.