Prof. Johan Willemse, onafhanklike ekonoom, sê in die oostelike dele van die land soos die Oos-Vrystaat en Mpumalanga behoort mielie-aanplantings redelik in balans te wees. “Ek het onlangs deur die somerreëngebied gereis. Veral in Noordwes wil saaiboere van mielies na sojabone oorskakel.”
Hy sê hy verwag dat sowat 40% tot 50% van die boere daar sojabone gaan plant en daarom verwag hy daar ’n swaai weg van mielies af.
“Ek meen egter daar gaan genoeg witmielies wees en daar is ’n redelike oordragvoorraad ook. Daarom behoort die swaai nie ’n invloed op die mieliemark te hê nie, maar dit sal wel die sojamark beïnvloed.