AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Navorsing hou Israel op wenpad

'n Gebrek aan water, natuurlike hulpbronne en vrugbare landbougrond het Israel genoodsaak om sy landbounavorsing buite verhouding tot die grootte van die land te ontwikkel. Suid-Afrika kan heelwat lesse hier leer.

'n Gebrek aan water, natuurlike hulpbronne en vrugbare landbougrond het Israel genoodsaak om sy landbounavorsing buite verhouding tot die grootte van die land te ontwikkel. Suid-Afrika kan heelwat lesse hier leer.

In 'n piepklein landjie waarvan meer as die helfte 'n dorre woestynlandskap is, het die landbou dit reggekry om 'n toonbeeld van die doeltreffende benutting van water, grond en arbeid te word.

Israel strek 470 km van die streek Galilea in die noorde tot Negev in die suide en sy breedte wissel van 135 km tot 'n skamele 18 km. Met net een groot varswaterbron (die See van Galilea), een groot rivier (die Jordaan) en 'n jaarlikse reënval van 30 mm in die suide tot 720 mm in die noorde, is dit beswaarlik 'n gebied wat hom tot die landbou leen.

Nogtans het Israel daarin geslaag om in skaars vyf dekades sy tekortkominge die hoof te bied en nie net in 'n groot mate selfonderhoudend te word nie, maar ook jaarliks sowat R27 miljard se landbou-hulpmiddele en -produkte uit te voer. Diewelslae kan veral aan deeglike landbounavorsing toegeskryf word.

In verhouding was Israel nog altyd een van dielande wat die meeste geld aan landbounavorsing bestee het. Hoewel dit vanweë 'n resessie die afgelope paar jaar afgeneem het, is die navorsingsbegroting steeds sowat R700 miljoen per jaar. Hiervan voorsien die staat meer as 60 %.

Die meeste hiervan gaan aan die Volcani-sentrum, die amptelike landbounavorsingsorganisasie, wat sowat 75 % van alle landbounavorsing onderneem. Navorsing word ook by universiteite en ander instansies gedoen.

Die sentrum het sowat 1 000 werkers, van wie 220 navorsers met doktorsgrade is. Vir 'n land met net meer as ses miljoen inwoners is dit 'n magdom breinkrag teenoor Suid-Afrika, waar meer as 40 miljoen mense woon en aan die begin van die jaar nog net 93 landbounavorsers met doktorsgrade was.

In Suid-Afrika is die Landbounavorsingsraad se besteding sowat R450 miljoen per jaar waarvan die Regering verlede jaar net meer as die helfte bygedra het. Dit is net 0,04 % van die landbou se bydrae tot die bruto binnelandse produk, terwyl dit in Israel sowat 4,6 % is.

Die landbounavorsingsorganisasie het sewe institute, waaronder tuinboukunde, vee, oesgewasse, grond en water en landbou-ingenieurswese. Navorsing word in 52 laboratoriums oor die hele land heen gedoen.

Dr. Eli Putievsky, direkteur van die landbounavorsingsorganisasie, sê die unieke verbintenis tussen navorsers, boere en landbouvoorligters speel 'n belangrike rol in die welslae van die organisasie. "Almal lewer bydraes tot die navorsing en die enigste maatstaf vir sukses is of dit tot die verbetering van die landbou bydra."

Om samewerking tussen navorsers en boere te bevorder, is navorsingsentrums in die gebiede waar die meeste landboubedrywighede is. Dr. Putievsky sê waar in die verlede net op verhoogde produksie klem gelê is, word vandag ook gefokus op beter gehalte, die vermindering van chemikalieë en die bewaring van die omgewing. Van die sowat 800 voorstelle wat jaarliks ontvang word, gaan 'n derde oor omgewingsbeskerming.

Waterbenutting en die herwinning van afvalwater is deurgaans 'n voorkeursaak. Vanweë die watergebrek word boere gedwing om ál meer te doen met minder hulpbronne tot hul beskikking. "In die afgelope 50 jaar het produksie vyftienvoudig verhoog deur die gebruik van beter tegnologie," sê mnr. Yitzhak Kiriati, direkteur van Israel se uitvoerinstituut.

Ernstige droogte die afgelope tien jaar het veroorsaak dat die beskikbare besproeiingswater vir tuinbou met 50 % verminder is, vir die vrugtebedryf met 30 % en vir oesgewasse met 100 %. Boere betaal R2,26 per kubieke meter water en voor die einde van die dekade sal dit na raming R3,70 wees - waarskynlik van die duurste landbouwater ter wêreld.

Uit die See van Galilea word jaarliks sowat 400 miljoen kubieke meter water na die sentrale en suidelike dele van die land gepomp. In die landbou word ál meer gesuiwerde afvalwater uit die stedelike gebiede gebruik.

In die Arava-woestyn, suid van die Dooie See, word uitsluitlik ondergrondse water gebruik. In diegebied produseer sowat 500 gesinne meer as die helfte van ál Israel se uitvoergroente en sowat 15 % van alle uitvoerblomme. Soetrissies, tamaties, spanspekke, dadels en rose is van die die gewildste produkte.

Op sowat 2 200 ha, waarvan 70 % onder nethuise en tonnels is, word intensief en met die gevorderdste drupbesproeiingstelsels geboer. Een van die landbounavorsingsorganisasie se streeknavorsingsentrums is in hierdie gebied.

Hier word onder meer navorsing gedoen oor die hersirkulering van water. Metodes word ontwikkel om water deur die gewasse te laat sirkuleer, te filtreer, die gehalte te verbeter en weer te benut. Toetse word ook gedoen om dieselfde water vir verskillende gewasse te benut. Volgens mnr. Ezra Rabins, bestuurder, het die waterbenutting al met meer as 30 % verbeter sedert navorsing hierop toegespits word.

Van die water wat benut word, is fossielwater wat miljoene jare op 'n diepte van 700 tot 1 600 m onder die aarde vasgevang is. Hierdie water is brak, bevat heelwat minerale en moet behandel of met vars water gemeng word voor dit gebruik kan word.

Benewens die waternavorsing word ook navorsing binne nethuise en tonnels gedoen om onder meer die klimaat te beheer, siektes en plae uit te skakel en nuwe kultivars te kweek. Volgens mnr. Rabins is dit die strewe om die hele Aravavallei in 'n landbou-kwarantyngebied te omskep waar aan alle fitosanitêre maatreëls voldoen word. Vanweë die baie sonskynure kan uitvoerprodukte Europese markte eerste bereik.

Deur die jare het Israel groot klem gelê op internasionale samewerking en sowat R500 miljoen word jaarliks bestee om landboutegnologie en -kennis aan die res van die wêreld oor te dra. Terselfdertyd word gepoog om soveel moontlik navorsingsprojekte in vennootskap met ander lande aan te pak.

In die sentrum vir internasionale landbou-ontwikkelingsamewerking (Cinadco), buite Tel Aviv, word opleidingsprogramme vir mense van oor die hele wêreld heen aangebied. Sowat 100 landboukundige spanne uit Israel bied jaarliks kursusse in ander wêrelddele aan en vertoonplase is in verskeie lande gevestig.

Ook met Suid-Afrika het Israel nog altyd noue bande gehad en talle Suid-Afrikaners het daar kursusse bygewoon. Volgens mnr. David Mendel, Suid-Afrika se handelsverteenwoordiger, was die algehele waarde van Suid-Afrikaanse uitvoer na Israel in die eerste ses maande vanjaar R1,1 miljard en die invoer R779 miljoen.

"Landboutegnologie-ondernemings in Israel doen al jare lank sake in Suid-Afrika en 'n groot vervaardiger van besproeiingstoerusting het 'n vervaardigingsaanleg in Suid-Afrika. Daar is ook ander Israelse ondernemings wat op die oomblik gesamentlike projekte met Suid-Afrikaanse maatskappye oorweeg."

Van die navorsingsprojekte by die landbounavorsingsorganisasie waaroor op die oomblik groot opgewondenheid is, is om met behulp van ultrasoniese klanke die gehalte van vrugte te bepaal sonder om hulle te beskadig. Ultrasoniese klank word gebruik om die suikerinhoud van dadels te bepaal en ook ingespan vir die bestryding van vrugtevlieë. In nog 'n projek word infrarooi ligstrale gebruik om die vetlaag in lakterende koeie te bepaal sodat die beste moontlik dieet saamgestel kan word.

Terselfdertyd word ernstig gesoek na maniere om die raklewe van blomme, groente en vrugte te verleng sodat dit per skip uitgevoer kan word.

Mnr. Dan Meiri, direkteur-generaal van Israel se driejaarlikse internasionale landbouskou, Agritech, sê die opwindendste tegnologiese ontwikkeling is op die gebied van rekenaars en kommunikasie. "Die neiging is ál meer om die vermoë te ontwikkel om 'n boerdery van 'n afstand af met behulp van sensors, rekenaarstelsels, selfone en die internet te beheer.'' Hy glo dit sal in die nabye toekoms moontlik wees om 'n boerdery in China met behulp van rekenaars uit Israel te bestuur. Van die gevorderdste landboutegnologie sal in Mei op die Agritech-skou in Tel Aviv te sien wees. Navrae oor die skou kan gerig word aan Israel se handelsverteenwoordiger in Suid-Afrika, mnr. Elad Stav, by tel. 011 788 1700 of e-pos: istrade@iafrica.com. 7 Maart 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
20.17
-1.1%
Rand - Euro
17.72
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.20
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,164.85
-1.8%
Platinum
864.59
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot