AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuutste tegnologie verminder risiko

'n Drietal Vrystaatse boere wat saamwerk, vertel hoe hulle te werk gaan om presisieboerdery by hul omvangryke graanboerdery in te skakel - 'n proses wat al jare lank duur. Hulle deel hul planne met ons lesers en wys ook op die uitdagings wat met hierdie soort tegnologie gepaardgaan.

Suid-Afrikaanse boere wat nie so gelukkig soos hul oorsese eweknieë is om mildelik met staatsubsidies geseën en ondersteun te word nie, is grootliks vir hul eie voortbestaan verantwoordelik. In Suid-Afrika, met sy wisselvallige reënval en landbougrond waarvan die gehalte drasties wissel, selfs in een land, is presisieboerdery 'n instrument wat dierisiko kan verminder. Met presisieboerdery word die hulpbronne en grond optimaal benut.

Mnr. WH van Zyl en sy seun, Thabo, boer saam met nóg 'n vennoot, mnr. Frikkie Minnaar, op plase in die distrikte Bothaville en Wesselsbron. Hulle bewerk 3 200 ha. Mielies (vyf sesdes) en koring (een sesde) is hul hoofvertakkings. Hulle het ook 'n Bonsmarastoetery.

Hulle is voortdurend aan 't planne maak om hul produksiekoste te verlaag en opbrengs en winsgewendheid te verhoog. Daarom het hulle lankal presisieboerdery begin ondersoek as 'n metode om meer wins te maak.

Hulle wou onder meer hul langtermyn-opbrengs van 4,8 t mielies per hektaar (wat hulle as enkelgewas op droëland met gemiddeld 500 mm reën per jaar produseer) met doeltreffender boerderymetodes verhoog.

Die Van Zyls en mnr. Minnaar het in 1998 met presisieboerdery begin deur hul graanstropers met opbrengsmonitors toe te rus sodat opbrengskaarte, wat die opbrengswisseling binne landerye toon, verkry kon word. Dit het getoon dat die opbrengs binne een land tot 60 % gewissel het. In 'n land wat gemiddeld 4 ton mielies per hektaar gelewer het, het sommige dele tot 8 t/ha en ander dele aansienlik minder as 4 t/ha geproduseer.

Diemonitors was van die eerste toerusting vir presisieboerdery wat in Suid-Afrika verkrygbaar was. Beproefde toerusting vir die veranderlike toediening van saad en kunsmis was toe nog nie beskikbaar nie. Hulle het egter in beginsel besluit dat presisieboerdery vir hulle kan werk en het solank die beskikbare tegnologie (opbrengskartering) ingespan sodat die opbrengsreaksie van die verskillende grondkaarteenhede in verskillende klimaatstoestande bepaal kon word.

Senwes Landbou-ontwikkeling het reeds gedurende die 1980's grond op sommige van die Van Zyls se plase geklassifiseer. Diegrondkaarte is vir plaasbeplanning gebruik en 800 ha marginale grond is aan gewasverbouing onttrek. Aangesien die oppervlakte- en geografiese verspreiding van 'n marginale grondeenheid bepaal of dit prakties haalbaar sal wees om dit te onttrek, is daar steeds laepotensiaalgrond in sekere lande.

In 2001 het Senwes se Boerdery-tegnologiesentrum grondmonsters volgens 'n ruitpatroon geneem en kaarte opgestel wat die geografiese verspreiding van die grondchemiese aspekte van elke land toon. Dit is opvallend dat daar duidelike ooreenkomste voorkom tussen die vlak van opbrengs en die voedingstofstatus van sekere opnamepunte. Die insameling van noodsaaklike besonderhede is vroeg in 2001 afgehandel.

In November 2001 het hulle mielies met John Deere se SeedStar-taakrekenaars en -planters geplant, wat toe slegs saad teen wisselende digtheid volgens voorskrifkaarte kon plant. Die kunsmisopsie was nog nie gereed nie. Die plantestand is volgens opbrengspotensiaal bereken, met 14 000 plante/ha die laagste stand op laepotensiaallande en 24 000 plante/ha die hoogste stand op hoëpotensiaallande. Mnr. Van Zyl-hulle het John Deere ook gehelp met verdere ontwikkelingswerk sodat kunsmis en saad uiteindelik albei volgens voorskrifkaarte varieerbaar toegedien kon word.

Mnr. Bernard Muller, bemarkingsbestuurder van Senwes Boerdery se tegnologiesentrum, wat die projek koördineer, sê aangesien daar só baie faktore is wat die groei en opbrengs van gewasse beïnvloed, is dit noodsaaklik om genoeg bruikbare inligting vir doeltreffende besluitneming beskikbaar te hê. Die ideaal is 'n omvattende benadering.

Die belangrikste inligting wat vir die opstel van 'n voorskrifkaart nodig is, is onder meer opbrengs, die grond se waterhouvermoë, die grond se voginhoud voor planttyd, klimaatvooruitskouings en grondchemiese besonderhede.

Die wisseling in grond se vermoë om water binne bereik van plante op te berg, is volgens mnr. Muller 'n belangrike rede vir opbrengsvariasie binne een land.

Suid-Afrika is nog grootliks van die buiteland afhanklik vir die verskaffing van toerusting en elektronika vir presisieboerdery. Van die toerusting is egter nie geskik vir mnr. Van Zyl-hulle se behoeftes nie, met die gevolg dat hulle van die bestaande werktuie moes aanpas en selfs nuwe werktuie moes ontwerp wat vir hulle geskik is. Om die toerusting se eenheidskoste te verlaag, het hulle sesryplanters ontwerp. Voorheen het hulle vyf drieryplanters gebruik; nou gebruik hulle net twee sesryplanters. Dit beteken minder trekkers, minder diesel en net twee stelle elektroniese toestelle vir presisieboerdery.

Mnr. Muller sê dit is moeilik om te veralgemeen en 'n som te maak om die winsgewendheid van presisieboerdery te bepaal. Dit behoort eerder uit 'n ander hoek benader te word, waarvolgens 'n plaas se grondvariasie eerstens vasgestel moet word om te bepaal of dit ekonomies regverdigbaar sal wees om presisieboerdery aan te pak.

In die geval van hierdie drie boere blyk dit of die bykomende kapitaalbesteding aan toerusting en werktuie binne 'n jaar of drie gedelg kan word.

Trekker het drywer byna nie nodig

Gevorderde toerusting vir presisieboerdery stel die boer nou in staat om saad en kunsmis gelyktydig met dieselfde planter en trekker wisselend volgens die voedingbehoeftes en opbrengspotensiaal toe te dien. Daar is selfs 'n toestel wat die trekker op 'n vooraf bepaalde roete stuur.

Danksy gevorderde elektroniese tegnologie, rekenaarkommunikasie en satellietnavigasiestelsels vir landboutoerusting neem die moontlikhede van presisieboerdery vir die boer by die dag toe.

Sommige trekkers, stropers en spuite is nou elektronies toegerus om die verskeidenheid komponente van presisieboerdery te integreer om hoë gehalte en ekonomiese werkverrigting te verseker, sê mnr. Leon Pretorius, John Deere se fabrieksbestuurder.

Die nuutste toevoeging tot GreenStar-produkte vir presisieboerdery is die AutoTrac-stuurstelsel, wat die trekker outomaties stuur na gelang van die roete en spasiëring wat die boer vooraf bepaal het.

Nóg nuwe toerusting is SeedStar, die wisselbare aandrywing van die saad- en kunsmis-uitmeetstelsels op die 1750-planter, wat in Suid-Afrika ontwikkel en twee jaar lank met die samewerking van boere getoets is. Die wisselbare aandryfstelsel vir die meganismes wat saad en kunsmis uitmeet, is volledig vir Suid-Afrikaanse toestande ontwikkel. Dit is belangrik om tydens planttyd deurlopend inligting te hê oor die planter se werkverrigting, want dit is van deurslaggewende belang dat die plantdigtheid, saadspasiëring en kunsmislewering presies reg is.

Die uitmeetstelsel bestaan uit hidrouliese eenhede wat elkeen afsonderlik die saad- en kunsmisdryfasse aandryf. Dit is toegerus met 'n elektroniese olietoevoerklep en rotasiespoedsensor wat die eenheid se draaitempo volgens die verlangde plantestand en kunsmislewering beheer. Die beheerseine kom vanaf 'n sentrale prosesseerder op die planter en huisves die planterbeheer-program. Die prosesseerder is met die monitor én 'n tweede prosesseerder in die trekkerkajuit verbind, van waar die plantproses beheer en gemonitor word. Die planter het hoogte- en bewegingsensors.

'n Radarsensor op die trekker monitor die trekker se snelheid. As die trekker tydens die plant-aksie vinniger of stadiger beweeg, gaan 'n sein onmiddellik na die hidrouliese motors wat die saad- en kunsmisdryfasse aandryf om die verlangde lewering van saad en kunsmis te handhaaf.

Die StarFire-posisieseinontvanger op die kajuitdak vertolk seine vir lengte- en breedtegrade vanaf vyf satelliete om 'n akkurate posisie aan die sentrale rekenaar te verskaf. Die ontvanger weet te alle tye waar die trekker op die land is en verskaf hierdie posisie deurlopend aan die sentrale rekenaar, wat op sy beurt die aanpassing aan die hidrouliese motors doen om die plantdigtheid en kunsmistoediening volgens die saad- en kunsmisvoorskrifte aan te pas.

Mnr. Pretorius sê só kan die boer die saaidigtheid en kunsmistoediening outomaties volgens die profiel van 'n bepaalde land se opbrengsgeskiedenis en -potensiaal en voedingstofstatus afwissel. Om hierdie inligting saam te stel in 'n formaat wat deur die rekenaars op die trekker en planter gelees en uitgevoer kan word, is 'n nuwe rekenaarprogram, JD Office, ontwikkel wat vanaf die boer se skoot- of persoonlike rekenaar funksioneer. Hy kan dus die voorbereiding en opstel van voorskrifkaarte vooraf afhandel wanneer hy vir die volgende plantseisoen beplan.

Sodra diewerk afgehandel is, word die voorskrifinligting vanaf die rekenaar na 'n sleutelkaart oorgedra. Wanneer die plantproses begin, word die sleutelkaart met die betrokke lande se voorskrifinligting in die trekker se monitor/prosesseerder geplaas om die beheerinligting aan die planter se sentrale rekenaar beskikbaar te stel.

Ná planttyd kan die boer die aandryfstelsel na 'n rygewasskoffel oordra om varieerbare kantbemesting met dieselfde trekker toe te dien.

As hy reeds die GreenStar-toerusting op sy trekker het, kan die boer ook John Deere se navigasie-sagteware kry. Die trekkeroperateur gebruik dan die elektroniese rigtingwyser wat hom in staat stel om byvoorbeeld in bepaalde reguit bane oor die land te beweeg, of oorvleueling te voorkom by ander aksies, soos beitelploeg, die uitstrooi van kalk of die toediening van plaag- en onkruiddoders.

Lande volgens behoefte

bemes

Die voedingstofbehoefte van verskillende grondsones maak doeltreffende bemesting moeilik. 'n Mengsel kan toegedien word, maar dit beteken dat te veel of te min van 'n bepaalde voedingstof meestal toegedien word.

Mnr. WH van Zyl en sy vennote het vir die 2002-plantseisoen voorskrifkaarte saamgestel sodat hulle reeds voor planttyd enkelvoudige voedingstowwe, soos superfosfaat (10,5 % fosfaat) en kaliumchloried (50 % kalium) volgens behoefte kon toedien.

Omdat hulle 'n spoorstelsel (rip-op-ry-stelsel) volg, is dit maklik om die superfosfaattoediening aan te pas deur dit op die uitgemerkte rye te bandplaas. Voor planttyd dien hulle 12 kg/ha tot 28 kg/ha fosfaat toe. In die plantmengsel word 'n konstante hoeveelheid van 12 kg fosfaat toegedien. Die verskil tussen die totale fosfaatbehoefte en die 12 kg fosfaat in die mengsel word dus vooraf aangepas.

Met saadbeddingvoorbereiding dien mnre. Van Zyl en Minnaar 'n konstante hoeveelheid van 30 kg stikstof per hektaar in die vorm van ureum toe, wat hulle as die goedkoopste stikstofbron beskou. Die saad word volgens die voorskrifkaart geplant, tesame met 'n konstante 150 kg plantmengsel per hektaar met 'n samestelling van 5:2:1(32), wat 30 kg stikstof, 12 kg fosfaat en 6 kg kalium verskaf. Min kalium is nodig omdat hul grond kaliumryk is en aanvullings (in die vorm van kaliumchloried) net op sommige lande nodig is. Altesame 60 kg stikstof word per hektaar voor topbemesting toegedien.

Vyf weke ná opkoms kry die mielies 'n skoffelbewerking en topbemesting in die vorm van 'n vloeibare mengsel ureum-ammoniumnitraat (UAN) na gelang van die opbrengspotensiaal. Hulle verkies UAN omdat 'n plant stikstof in die vorm van nitraat opneem. Die nitraat in UAN is dus vinniger opneembaar.

Kalktoediening bly een van die basiese praktyke, en kalk en ander grondverbeteraars word nou doeltreffender gebruik omdat die kalkbehoeftes van verskillende sones met die grondchemiese kaarte geïdentifiseer kan word. Hulle sê hul kunsmisrekening is nie noodwendig kleiner as voorheen nie - dit gaan eerder oor doeltreffendheid en 'n hoër opbrengs. Met konvensionele bemesting word 'n hele land vir 'n opbrengs van byvoorbeeld 4 ton/ha bemes. Met wisselende bemesting volgens potensiaal kry diedele wat eintlik in staat is om 6 ton/ha te lewer, nou die regte voedingstowwe - só ook diedele wat voorheen te veel kunsmis gekry het. 25 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
+0.8%
Rand - Pond
19.36
-0.2%
Rand - Euro
17.25
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,637.50
+0.9%
Silwer
18.68
+1.8%
Palladium
2,072.17
+1.4%
Platinum
863.26
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,361
+0.1%
Alle aandele
63,733
+0.2%
Hulpbronne 10
56,135
-0.1%
Industriële 25
79,389
-0.2%
Finansiële 15
14,138
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot