AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nuwe aartappelkultivars hou belofte in

Nuwe aartappelkultivars vir spesifieke markte is in die onlangse verlede in Suid-Afrika vrygestel, terwyl twee kultivars wat vanjaar die eerste keer beproef word, baie belowend lyk. Van diekultivars is in die Sandveld aan boere bekendgestel.

In Suid-Afrika is in die verlede grootliks gekonsentreer op ou bekende aartappelkultivars soos BP1, Up to Date, BP13 en Van der Plank. Behoeftes van die verskillende markte het in die laaste jare egter geweldig verander en daar moes indringend gekyk word na nuwe kultivars om dienuwe aanvraag te bevredig. Dit is 'n proses wat deurlopend aan die gang is.

Só sê mnr. Fanie Louw, tegniese direkteur van First Potato Dynamics (FPD) op Piketberg. Hy het tydens 'n aartappelinligtingsdag naby Aurora in die Sandveld 'n paar nuwe kultivars wat baie belofte inhou vir die Sandveld, asook die res van die land, aan boere bekendgestel.

Diemaatskappy is die agent in Suid-Afrika vir die firmas Meijer BV en Agrico in Nederland. Alle moere word plaaslik deur FPD bemark en tantieme is betaalbaar aan diefirmas vir elke sakkie moere wat verkoop word.

Mnr. Louw het onder meer vier van hul kultivars bespreek, naamlik Fianna, Lady Rosetta, Lady Jo en Melody.

Fianna is 'n uitstekende veeldoelige kultivar wat geskik is vir die vars mark sowel as verwerking. Dit word reeds suksesvol in die Koue Bokkeveld asook ander dele van die land verbou. Heelwat proefaanplantings is vanjaar in die Sandveld gedoen, en alles dui daarop dat Fianna ook in diestreek sal gedy.

Mnr. Louw sê die groeitydperk is medium tot lank - 100 tot 120 dae vanaf opkoms tot loofafsterwing. Opbrengste is goed (40 t/ha tot 60 t/ha) en vergelykbaar met dievan BP1. Die verwerkingsgehalte is baie goed, en die kultivar word deur die droëskyfie- sowel as die slaptjipsbedryf gebruik.

Die kultivar is 'n sterk vegetatiewe groeier, en is redelik bestand teen laatroes en bruinskurf, maar is meer vatbaar vir vroeëroes.

Knolle is ovaal tot lank, met vlak ogies en wit tot roomkleurige vel en vleis. Knolle was mooi en maak dus mooi voorafverpakkings uit, meen mnr. Louw. Die kultivar se raklewe is goed, wat dit by uitstek geskik maak vir uitvoer weens die langer knolrusperiode van 105 tot 120 dae vanaf natuurlike loofafsterwing tot spruiting.

Van alle aartappels wat internasionaal verwerk word tot droë skyfies, is 38 % van die kultivar Lady Rosetta, sê mnr. Louw. Plaaslik vaar dit reeds baie goed en word dit met groot sukses in veral die Wes-Kaap verbou.

Die groeitydperk is kort, naamlik 90 tot 100 dae vanaf opkoms tot loofafsterwing. Die opbrengs (30 t/ha tot 50 t/ha) is ietwat laer as dievan Fianna.

Dit is 'n kultivar wat hom uitstekend leen tot die verwerking tot droë aartappelskyfies. Die hoë styselinhoud, grootte, verspreiding en vorm van die knolle dra veral daartoe by. Die interne verwerkingsgehalte, naamlik 'n hoë styselinhoud en lae reduserende suikervlakke, is baie stabiel oor 'n wye reeks omstandighede.

Mnr. Louw sê Lady Rosetta het 'n baie goeie weerstand teen bruinskurf, maar is baie vatbaar vir laatroes. Knolle is rond met 'n rooi vel en ligte geel vleis. Die knolrusperiode is medium tot lank - 80 tot 100 dae vanaf natuurlike loofafsterwing tot spruiting.

Lady Jo is 'n heeltemal nuwe kultivar wat vanjaar die eerste keer in Suid-Afrika beproef word. Dit is, net soos Lady Rosetta, deur Meijer BV in Holland geteel. In Nederland is die opbrengs soortgelyk aan dievan Lady Rosetta, en die groeitydperk kort - 90 tot 100 dae.

Die kultivar is geteel vir gebruik in die droëskyfiebedryf en vaar goed in Europa. Dit bied goeie weerstand teen bruinskurf, maar is vatbaar vir roes. Die knolle is rond, met 'n effens geel skil en geel vleis.

Melody word ook vanjaar die eerste keer plaaslik beproef en is ook deur Meijer BV geteel. Die groeitydperk is kort tot medium, en die opbrengs is medium tot hoog (35 t/ha tot 55 t/ha). Dit lewer groot knolle met 'n lae soortlike gewig wat dit baie geskik maak as 'n bakaartappel ("baker"), waarvan daar nie tans spesialis-kultivars in Suid-Afrika beskikbaar is nie.

'n Bakaartappel is 'n aartappel wat groot, ronde of ovaal knolle lewer, met 'n lae soortlike gewig en 'n mooi en sterk vel. Dit het nie baie stysel nie, en word gewoonlik heel gebak in die vel en met souse bedien.

Diekultivar toon goeie weerstand teen bruinskurf en redelike weerstand teen roes. Die knolle is rond, die vel gelerig en die vleis geel.

6 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.24
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.46
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,725.57
+1.5%
Silwer
21.05
+1.7%
Palladium
2,312.00
+3.9%
Platinum
934.00
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot