AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuwe dam bring rekordoes

Vir suikerboere by Pongola was die voltooiing van die Bivane-dam die verwesenliking van 'n jare lange droom wat vir dielandbou-toekoms van die gebied ongekende voorspoed kan beteken. Ongelukkig het diedam ook tot twis en tweespalt gelei.

Vir suikerboere by Pongola was die

voltooiing van die Bivane-dam die verwesenliking van 'n jare lange droom wat vir

dielandbou-toekoms van die gebied ongekende voorspoed kan beteken. Ongelukkig

het diedam ook tot twis en tweespalt gelei.

Die Bivane-dam (voorheen bekend as Parisdam) is einde 1999 voltooi en was 'n projek wat in baie opsigte waarskynlik enig in sy soort ter wêreld is.

Die dam is nie net as die voortreflikste siviele-ingenieursprojek in die land vir 1999 bekroon nie, maar is ook waarskynlik die eerste waar boere en die private sektor, met die samewerking van die Regering, só 'n groot damprojek aangepak het.

Die dam is in die Bivanerivier, 'n sytak van die Pongolarivier. Met sy wal van 72 m hoog hou dit 115 miljoen kubieke meter water oor 'n oppervlakte van 700 ha. Dit is een van die grootste damme wat in jare in Suid-Afrika gebou is en waarskynlik die grootste in private besit.

Suikerrietboere by Pongola, wat hul riet langer as 40 jaar uit die Pongolarivier besproei het, se droom van diedam het vroeg in die 1980's begin. " 'n Tekort aan besproeiingswater in die winter het 'n al groter bedreiging geword en die Pongola-suikerrietkwekersvereniging, onder die vaandel van die Impala-besproeiingsraad, het die moontlikheid van só 'n dam begin ondersoek," vertel mnr. Eswan Hall, een van die boere wat ten nouste met die projek gemoeid was.

Omdat die dam ook vir landelike gemeenskappe in die omgewing geweldige voordele ingehou het, het die projek aan die vereistes vir die Heropbou-en-Ontwikkelingsprogram voldoen en die Regering het die groen lig én R31 miljoen gegee.

"Die aanvanklike veronderstelling was dat die boere self, Illovo Suiker en die Departement van Waterwese en Bosbou elk sowat 'n derde van die koste sou bydra. In 1996 was die finansiering goedgekeur, in Julie 1997 is met die bouwerk begin en teen Desember 2000 was die dam voltooi en vol water."

Mnr. Staal Burger, voorsitter van die Impala-watergebruikersvereniging (wat intussen die besproeiingsraad vervang het), sê ongelukkig het onvoorsiene bykomende uitgawes die koste opgejaag. Waar die koste aanvanklik op R93 miljoen geraam is, was dit uiteindelik R137 miljoen (finansieringskoste uitgesluit). Rente maak die las by die dag swaarder.

Van die bykomende koste was die verskuiwing van die Mthethwastam, verdere omgewingsimpakstudies en konsultante waarop die owerhede aangedring het asook die koste van die vestiging van nuwe boere ingevolge die ooreenkoms met die Regering.

Volgens berekeninge in 1997 sou boere jaarliks sowat R240 per hektaar suikerriet vir die dam moes bydra. Weens die groter koste is dit nou sowat R1 200 per hektaar. Van die boere weier om te betaal en nadat die Impala-watergebruikersvereniging onlangs hul watertoevoer afgesny het, het 'n groep boere 'n hofbevel verkry om die toevoer te herstel. 'n Appél oor diebeslissing was met die skryf hiervan hangende.

Hoewel van die boere ongelukkig is oor die koste van die dam is daar ander wat meer optimisties is. "Dit maak nou seer om te betaal, maar die dam bly 'n ongelooflike bate vir almal. Daar is boere wat nie weet hoe dit voel as daar die een jaar geen water is nie. Suikerriet se produksiekoste is hoog en dit sal baie jare duur om die terugslag te oorkom as ons een jaar se oes moet misloop," sê mnr. Edmond Rouillard, verlede jaar se Boer van die Jaar in diegebied.

"Die dam is 'n bate waarvan nie net ons nie, maar ook die toekomstige geslagte nog die vrugte sal pluk," sê hy.

"Die voordele is legio. Ons het nou een van die min besproeiingskemas waar goeie water deurlopend beskibaar is en dit verminder ons risiko's aansienlik," sê mnr. Burger, wat twee keer die afgelope paar jaar Pongola se Suikerboer van die Jaar was.

"Ek dink die boere het verlede jaar eers die werklikhede begin besef, toe ons 'n buitengewoon droë seisoen ondervind het. Van Maart 2002 af is water uit die dam onttrek - soveel dat die dam teen Desember 48 % water gehad het.

"Die dam het ons gehelp om soos in 'n normale jaar voort te gaan en ons het 'n rekordoes van 1,408 miljoen ton gelewer. Sonder die dam se water sou ons 'n verlies van tussen 30 % en 40 % gely het - wat vir die boere alleen 'n verlies van R87 miljoen sou beteken het. Die suikermeul sou op sy beurt waarskynlik net soveel verloor het."

Mnr. Burger sê die boere sien vanjaar ook uit na 'n rekordoes.

Verlede jaar in die winter is sowat 35 miljoen kubieke meter water uit die dam in die Pongolarivier vrygelaat.

Buiten die deurlopende beskikbaarheid van water, is die pH-vlak aansienlik laer en die gehalte van die water beter. "Dit stel elk van die 120 besproeiingsboere in staat om sy oesopbrengste te verbeter. Die gemiddelde verbetering verlede jaar was 4,5 t/ha terwyl sommige boere hul opbrengs met tot 10 t/ha verhoog het en tot 120 t/ha oes," sê mnr. Burger.

Vanweë die hoë suikerproduksie is Illovo Suiker se bydrae tot die dam deur middel van 'n produksiebonus wat aan boere betaal word, ook aansienlik. 'n Bonus van sowat R6/ton word betaal sodra die algehele produksie 1,415 miljoen ton bereik. Dit kan boere se bydrae tot die dam met meer as 50 % subsidieer as dit ten volle benut word.

Die deurlopende beskikbaarheid van water maak dit ook moontlik om wisselbou toe te pas. Waar alle beskikbare water voorheen in die winter gebruik is om langtermyngewasse aan die gang te hou, kan boere nou ook groente plant.

Mnr. Johan Boonzaaier, uitvoerende hoof van die Impala-watergebruikersvereniging, sê die dam het ook wonderlike potensiaal vir ekotoerisme ontsluit. "Rondom die dam is 15 000 ha van die mees ongerepte natuurgebied in KwaZulu-Natal. Die dam, met sy eie kampeerterrein, bied uitstekende geleenthede vir watersport. Dit is selfs moontlik om die dam met 'n wildreservaat, soos Itala, te verbind.

Daar word nou gesoek na 'n ontwikkelaar wat as 'n vennoot die toerismepotesiaal kan ontgin."

Intussen het die grondwaarde in die omgewing stewig gestyg. Die verhoogde invloei van kapitaal het die lewensstandaard van almal in Pongola en in die omgewing verhoog.

As deel van die ooreenkoms moes 700 ha van die mees vrugbare besproeiingsgrond aan opkomende boere beskikbaar gestel word. Altesaam 47 boere is reeds op 535 ha gevestig en dieboere het verlede jaar reeds 'n omset van R8,7 miljoen uit hul suiker verdien. Daar word beoog om nog nuwe boere op nog 650 ha te vestig.

Daarbenewens maak die damprojek dit moontlik om uiteindelik water vir huishoudelike gebruik aan bykans 260 000 mense te voorsien en om 'n bykomende 20 000 ha se bosbouplantasies te vestig.

Vanweë die verhoogde suikerproduksie is 900 werksgeleenthede op plase geskep, terwyl uitbreiding in bosbou en verwante bedrywe 'n verdere 8 400 werkgeleenthede kan voorsien.

Omdat die dam die ekonomiese vooruitsigte vir die hele gebied van 'n kwynende ekonomie tot een van groei, ontwikkeling en armoedeverligting omskep het, het die Impala-watergebruikersvereniging vertoë tot die Departement van Waterwese en Bosbou gerig om sy bydrae tot die projek te verhoog.

"Gewoonlik sou 'n mens verwag dat die staat 'n projek soos hierdie sou finansier. In hierdie geval het die Impala-watergebruikersvereniging nie net R106 miljoen teenoor die staat se bydrae van R31 miljoen belê nie, maar ook ál die koste gedurende die projek se ontwikkelingsfase gedra," sê mnr. Burger.

Om die besproeiingsprojek vir opkomende boere te laat slaag, moes die boere ook R14,3 miljoen voorsien omdat die staat se bydrae nie voldoende was nie. Hiervoor is hulle nog nie vergoed nie.

"Toe die boere van Pongola jare gelede met die projek begin het, was dit om 'n diens te lewer aan ál die gemeenskappe van die gebied. In diedoel is uitstekend geslaag. Ons hoop dat die onderhandeling met die staat en ander betrokkenes 'n haalbare oplossing sal oplewer. 'n Oplossing sal verseker dat hierdie unieke projek as 'n prototipe vir toekomstige ontwikkelaars sal kan dien," sê mnr. Burger.

11 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.4%
Rand - Pond
19.46
-0.7%
Rand - Euro
17.30
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,634.19
+0.7%
Silwer
18.60
+1.3%
Palladium
2,046.32
+0.2%
Platinum
860.01
+0.8%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,263
-0.1%
Alle aandele
63,626
0.0%
Hulpbronne 10
56,003
-0.4%
Industriële 25
79,418
-0.1%
Finansiële 15
14,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot