AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9212
58,00
CORN
07 Okt
-
4811
-7,00
SOYA
07 Okt
-
8805
45,00
SUNS
07 Okt
-
10625
145,00
WEAT
07 Okt
-
7203,2
-6,80
WMAZ
07 Okt
-
5061
1,00
YMAZ
07 Okt
-
4832
-18,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nuwe denke nodig vir oorlewing

Die graanbedryf én individuele boere moet bereid wees om waardevolle lesse uit die huidige probleme in die bedryf te leer. 'n Gebrek aan vernuwende bestuur en aanpassing bring 'n boerdery se finansiële vooruitgang in die gedrang.

Die graanbedryf én individuele boere moet bereid wees om

waardevolle lesse uit die huidige probleme in die bedryf te leer. 'n Gebrek aan

vernuwende bestuur en aanpassing bring 'n boerdery se finansiële vooruitgang in

die gedrang.

Graanboere vra gereeld op studiegroepe en boereverenigings se byeenkomste of daar 'n optimale bemarkingstrategie is wat hulle as algemene norm kan gebruik. Die stelling word ook gereeld gemaak dat telkens wanneer boere dink hulle neem 'n goeie bemarkingsbesluit dit uiteindelik blyk dat dit nieso 'n goeie besluit was nie.

Dit was weer die geval met die skielike daling in mieliepryse die afgelope maande - veral omdat daar aanduidings was dat verlede jaar se hoë pryse sou voortduur. Die daling was vir talle mense in die graanbedryf 'n groot skok.

Die huidige swak marktoestande hou ernstige gevolge vir

die komende produksieseisoen in. Hoë produksiekoste, ongeag die sterker

wisselkoers, sal die volhoubaarheid en winsgewendheid van graanproduksie teen

die huidige graanprysvlakke ernstig in gedrang bring.

  • Ondanks die swak marktoestande is daar steeds graanboere wat met die

    huidige someroes nie net alle koste sal kan delg nie, maar boonop wins sal

    maak. Om wins uit die huidige oes te kan maak, moet minstens een van die

    volgende kriteria geld:

  • Die boerdery moet 'n lae kostestruktuur hê.
  • Die graanopbrengs moet goed wees.
  • Pryse is verskans toe dit hoog was.

Volgens 'n jaarlikse ondersoek deur Senwes se

landbou-ekonome verskil boere se produksiekoste vir mielies in dieselfde

omgewing met tot R1 220/ha en meer As na die onderskeie koste-items gekyk

word, is dit duidelik dat groot verskille tussen boere voorkom.

Die boere met die lae produksiekoste se kunsmiskoste per hektaar is wel laer as die gemiddeld, maar hul graanopbrengs is nie noodwendig laag nie. Sommige van hierdie boere se koste per ton graan is gevolglik laer as die gemiddelde koste per ton graan.

Senwes se landbou-ekonome probeer juis om deur die studiegroepstruktuur boere te identifiseer wat telkens goeie ekonomiese resultate behaal. Die vraag is nie wie hierdie boere is nie, maar wat hulle anders as die ander doen.

Sommige boere wat met die huidige someroes goeie graanopbrengste gaan hê, sal ál hul koste kan delg én 'n surplus oorhou, ondanks die lae graanpryse. Met 'n mielie-opbrengs van 3 ton/ha en 'n plaashekprys van R750/t sal sommige boere in staat wees om 'n surplus oor te hou nadat produksiekoste, skuld en private uitgawes afgetrek is.

Die benutting van die beste tegnologie en boerderypraktyke dra by tot 'n boerdery se finansiële prestasie en is net so belangrik soos 'n goeie bemarkingspoging. Volgens ontledings wissel die produktiewer boer se graanopbrengs minder as dievan die minder produktiewe boer. Sommige boere sal dus telkens beter graanopbrengste as ander boere kry, ongeag die klimaatstoestande.

Na raming is net 'n klein persentasie van die huidige mielie-oes verskans. Baie boere sal dus tevrede moet wees met die huidige pryse, wat baie laer is as die prysvlakke aan die einde van 2002.

Prysversekering was egter vir sommige boere belangrik. Met 'n strategie om veilig te speel, het hulle einde verlede jaar as gevolg van die groter aanplantings en hoë pryse minimum-pryskontrakte van tot R1 700/ton vir wit mielies en R1 370/ton vir geel mielies aangegaan. Hulle het die gunstige prysvlakke benut en terselfdertyd seker gemaak dat hulle deel sou kon hê in toekomstige pryse indien die droogteveroorsakende weerverskynsel El Niño, wat toe 'n waarskynlikheid was, 'n werklikheid sou word.

Gegewe diedrie kriteria en die huidige probleme in die graanbedryf, kan 'n mens vra wat die bedryf en ook die individuele boer hieruit kan leer.

Volgens navorsing bring 'n gebrek aan vernuwende bestuur en aanpassing 'n boerdery se finansiële vooruitgang in die gedrang. In die komende jaar gaan vernuwing op bestuursvlak nodig wees om te kan oorleef op boerdery- én bedryfsvlak. Die afskaal van aanplantings, soos deur Graan SA versoek is, sal nie alle probleme in die graanbedryf oplos nie. Vernuwende denke is ook nodig vir oorlewing.

Mnr. Pieter van Zyl is 'n landbou-ekonoom van Senwes Landboudienste.

Veilige opsie is die beste

Vandag se boer is ook bemarkingsbestuurder. 'n Magdom faktore, soos klimaat, uitvoerkontrakte, rente, graanverbruik en -voorraad, silokoste, invoertariewe, aanplantings, produksie, wisselkoers sowel as uit- en invoerpariteit, vorm 'n prysverwagting by 'n individuele graanboer.

Die vraag is egter hoeveel tyd en moeite 'n boer moet afstaan aan die inwin van inligting om seker te maak sy bemarkingstrategie is die beste.

Die eerste stap in die opstel van 'n bemarkingsplan is om die graanboerdery se produksiekoste te bepaal en te bestudeer. Dieplan behoort opgestel te word voordat enige graan geplant word. 'n Minimum prys wat hoog genoeg is om alle produksiekoste te delg, moet vir verskillende opbrengsscenario's vasgestel word. Gelykspeelpryse word dus bereken sodat die boer kan bepaal watter graanpryse hy kan bekostig en watter nie.

Hoeveel boere kan met eerlikheid sê hulle doen gereeld 'n gedetailleerde koste-ontleding om die koste per hektaar of die koste per ton te bereken? Hoewel die regstreekse koste oral min of meer dieselfde is, maak die oorhoofse koste 'n groot verskil aan die totale produksiekoste van verskillende boerderye.

As aanvaar word dat die totale produksiekoste vir mielies R2 500/ha is en die gemiddelde langtermynopbrengs van 2,5 ton/ha as opbrengsnorm geneem word, is die gelykspeelprys R1 000/ton. Die boer weet dus vooraf watter mieliepryse hy kan bekostig en wat nie.

Elke boer moet hierdie minimum pryse vir 'n goeie, normale en swak jaar bereken, want elke boer se situasie is anders. As dít bekend is, sal dit heelwat raaiwerk uit 'n boer se beplanning en bemarking haal.

Gestel in die geval van mielies word die minimum pryse vir 2003/04 vóór planttyd bereken. Die boer vergelyk dan die Safex-prys vir Julie 2004 met die verskillende minimum pryse (vir 'n goeie, normale en swak jaar) om te besluit of hy mielies moet plant of nie.

As 'n boer besluit om mielies te plant, moet sy volgende stap wees om so gou moontlik pryse te verskans om te verseker dat hy minstens sy produksiekoste sal kan delg. Indien hy verskansing nalaat, is hy besig om te spekuleer.

Die meeste graanboere was verlede jaar ondanks hoë graanpryse gulsig en wou nie eens minimum pryse vasmaak nie. Boere se bemarkingstrategie moet gevolglik ingestel wees om veilig te speel, aangesien daar te veel faktore is wat toekomstige pryse kan beïnvloed.

Wenke vir bemarking

Boere wat suksesvolle graanbemarkers wil wees, moet

aandag aan die volgende kriteria gee, wat ál drie deel van die bemarkingsproses

moet uitmaak:

  • Ken, verstaan en gebruik die meganismes wat die mark

    bied. Baie boere reken Safex is te ingewikkeld en dat dit teen die boer werk.

    Dit is egter 'n meganisme waarvolgens prysrisiko bestuur kan word. Die boer

    wat nie bereid is om hierdie instrumente te verstaan en te gebruik nie, kan

    net homself blameer. Hy hoef nie 'n kundige te wees om Safex te gebruik nie.

    Kursusse oor Safex word voortdurend aangebied.

  • Bereken gelykspeelpryse. Elke graanboer moet vir

    homself vra: "Wat moet ek doen om veilig te speel?" Te veel boere verwys nog

    na graanbemarking as 'n dobbelspel. Dit hoef nie so te wees nie. Boere moet

    bereken watter graanpryse hulle kan bekostig, want hoe sal hulle weet teen

    watter prys om te verkoop as hulle nie weet watter prys minstens ál hul

    produksiekoste dek nie? Dit help ook nie om 'n gemiddelde kostesyfer, soos die

    van Graan SA, te gebruik om berekenings te doen nie. Die verskil tussen

    boerderye is te groot. Elke boer moet dus sy eie

    kosteberekeninge doen. In Senwes se bedieningsgebied kan die landboukundiges

    op Klerksdorp, Kroonstad, Hartswater en in Bloemfontein daaroor geraadpleeg

    word. Hulle het volledige kostebegrotings van byna elke gewas wat in die

    gebiede verbou word. (Die landbou-ekonome probeer om voor 2003/4 se

    somerproduksieseisoen 'n projek te begin wat 'n bydrae tot verbeterde

    graanprysbestuur sal lewer.)

  • Bly op die hoogte van die nuutste markinligting. Dit

    is belangrik om akkurate markinligting te versamel en 'n idee van verwagte

    prysneigings te vorm. Heelwat bronne van markinligting kan gebruik word. Dit

    is vir individuele boere egter nie nodig om 365 dae van die jaar markinligting

    te versamel soos sommige mense wil voorskryf nie. 'n Goeie bron van

    markinligting is 'n betroubare bemarker wat op die hoogte is van ál die

    faktore wat bemarking beïnvloed. Geen boer kan op die hoogte van ál hierdie

    faktore bly én nog boer ook nie. Al is die beste markinligting beskikbaar, is

    die kans steeds daar dat boere verkeerd kan wees oor die koers wat pryse

    inslaan en wanneer om teen watter prys te verkoop. 'n Boer moet dus ook beplan

    wat om te doen indien hy verkeerd sou wees.

Die bestuur van prysrisiko in die graanbedryf is nie 'n ingewikkelde vakdissipline nie en nog minder 'n dobbelspel. Dit is ook nie 'n tydrowende proses nie. Die boer kán dus sy prysrisiko suksesvol bestuur.

1 Augustus 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-0.0%
Rand - Pond
20.18
-0.4%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,710.63
-0.1%
Silwer
20.73
+0.4%
Palladium
2,253.50
-0.4%
Platinum
929.00
+0.4%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,101
-0.5%
Alle aandele
65,484
-0.5%
Hulpbronne 10
63,360
+0.1%
Industriële 25
79,331
-0.9%
Finansiële 15
13,945
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot