AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuwe koringkultivars

Twee nuwe koringkultivars - een vir droëland in die Vrystaat en die ander vir besproeiingslande - is deur die Kleingraaninstituut (KGI) by Bethlehem bekendgestel. Albei het goeie gehalte-eienskappe wat vir meulenaars én bakkers aanvaarbaar is.

Koringkultivars moet al hoe meer aan spesifieke vereistes voldoen om vir die bedryf aanvaarbaar te wees.

Een kultivar wat aan dievereistes voldoen, is Komati, 'n nuwe kultivar vir die Vrystaat. Dit is 'n intermediêre kultivar sonder 'n hoë kouebehoefte. Die strooi is lank, maar die staanvermoë goed. Dit sal wel in sekere hoëpotensiaal-toestande omval.

Dit het 'n lang koleoptiel van meer as 90 mm. Dit kan dus diep geplant word om te verseker dat die saad in vogtige grond beland. Komati se uitstekende weerstand teen vooroes-uitloop is voordelig vir die valgetal.

Omdat dit nie aluminium-verdraagsaam is nie, word dit nie aanbeveel vir grond met 'n lae pH en hoë suurversadiging nie. Die vergeling van blare, soos by Betta-tipe kultivars, kom ook by Komati voor. Dit word deur kalsium- en magnesiumtekorte in die grond veroorsaak - veral in jare met 'n hoë reënval in die groeiseisoen. Die vergeling het die opbrengs nie merkbaar benadeel nie.

Komati het goeie weerstand teen die Russiese koringluis. Hoewel dit vatbaar is vir geelroes, is dit net in optimale toestande vir die ontwikkeling van die siekte nodig om 'n swamdoder te spuit.

Dit is geskik vir hoë- en laepotensiaalgrond. Die opbrengs is stabiel. Dit vaar goed met 'n vroeë (1 tot 20 Junie) én laat (21 Junie tot 31 Julie) planttyd. Die opbrengs vergelyk goed met die van ander kultivars.

Dit voldoen ook aan meulenaars en bakkers se vereistes vir graangehalte, proteïeninhoud, wateropname en mengeienskappe. Vir boere is dit 'n uitstekende kultivar met 'n goeie gemiddelde hektolitermassa, proteïeninhoud en valgetal (tabel 1).

TABEL 1: Opbrengs en gehalte-eienskappe van Komati; vroeg en
later geplant

Kultivar

Opbrengs
(t/ha)

HLM1
(kg/hl)

Proteïen
(%)

Valgetal
(sek.)

Graad

Vroeë aanplanting
PAN 3191

4,99

74,2

11,03

313

BS2
Elands

4,59

78,7

11,51

310

BS1
SST 399

4,54

76,2

11,07

321

BS1
Komati

4,54

78,4

11,62

312

BS1
Latere plantdatums
SST 983

5,00

75,2

10,8

302

BS2
Elands

4,55

78,8

11,0

315

BS1
PAN 3377

4,24

74,2

11,1

334

BS2
Komati

4,46

78,5

11,1

325

BS1
1 = hektolitermassa

Met sy uitstekende hektolitermassa, valgetal en proteïeninhoud behaal Komati dus 'n goeie graad. En met die tydige toediening van 'n swamdoder kan die opbrengs en hektolitermassa van Komati verbeter word in jare wat gunstig is vir geelroes-epidemies.

Omdat Komati 'n matige kouebehoefte het, kan dit tot laat in Julie geplant word, wat dit geskik maak om in Junie en Julie teen 15 kg/ha tot 30 kg/ha geplant te word.

Saad vir Komati sal nie voor die 2004-plantseisoen beskikbaar wees nie. Olifants is 'n nuwe besproeiingskultivar met 'n uitstekende opbrengspotensiaal (tabel 2). Die potensiaal vergelyk goed met dievan die bekende top-produseerder SST 876. Sy mediumgroeiperiode maak dit geskik vir 'n vroeë tot gewone planttyd in koeler én warmer besproeiingsgebiede.

TABEL 2: Opbrengs van Olifants by Bethlehem en Standerton in 2001 en Bergville in 1999 tot
2000 vergeleke met ander besproeiingskultivars (geplant in Junie en Julie)

Plek

Olifants

Kariega

Marico

Baviaans

SST 876

 

Junie

Julie

Junie

Julie

Junie

Julie

Junie

Julie

Junie

Julie

Bethlehem

5,17

6,69

5,64

4,92

5,46

4,22

5,18

4,84

5,32

6,34

Standerton

4,88

4,56

5,83

5,40

5,33

4,36

5,70

5,42

5,44

5,69

Bergville

-

6,15

-

6,72

-

5,67

-

6,36

-

5,99

Dit stoel goed en vaar goed as dit yler en vroeër gesaai word. Dit het 'n sterk, mediumlengte strooi en goeie staanvermoë, wat dit bestand maak teen omval. Dit is goed bestand teen die heersende blaarsiektes en het sterk weerstand teen die bekende soorte geelroes en mediumweerstand teen blaar- en stamroes.

Olifants is 'n semi-dwerg-lentebroodkoring met goeie

gehalte-eienskappe wat aan meulenaars en bakkers se vereistes voldoen. Die

hektolitermassa is gemiddeld tot bogemiddeld as dit met ander kultivars, soos Kariega, Marico, Baviaans en Steenbras vergelyk word. Die proteïeninhoud is hoër as enige van die genoemde kultivars s'n (tabel 3).

TABEL 3: Hektolitermassa en proteïenin-
houd van Olifants teenoor ander be-
sproeiingskultivars in koeler en warmer
gebiede in 2000 en 2001

Kultivar

HLM1
(kg/hl)

Proteïen2

(kg/hl)

Olifants

76,6

12,7

Kariega

76,5

12,4

Marico

76,3

12,3

Baviaans

77,0

12,3

Steenbras

77,5

12,1

1 = hektolitermassa
2 = proteïeninhoud

Nog 'n vergelyking met die bogenoemde kultivars toon dat Olifants se korrelvulperiode medium tot kort is en dat dit 'n goeie stoelvermoë, strooisterkte en pitvastheid het. Olifants bied weerstand teen streeproes en matige weerstand teen meeldou. Dit is matig vatbaar vir blaarroes en vatbaar vir stamroes.

Saad sal van die 2003-seisoen af kommersieel beskikbaar wees.

14 Februarie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-0.4%
Rand - Pond
19.08
+1.6%
Rand - Euro
17.39
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.71
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,638.78
-0.3%
Silwer
18.60
-1.4%
Palladium
2,082.49
+0.5%
Platinum
860.00
+0.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot