'n Splinternuwe, luisbestande Suid-Afrikaanse lusernkultivar, SA Select,
se teelproses is pas afgehandel en saad sal binne die volgende twee jaar
kommersieel beskikbaar wees. Die bestuurder van die Lusernsaad-organisasie,
asook die teler vertel meer van diekultivar - die eerste volbloed-kultivar wat
in Suid-Afrika geteel is.
Die lusernkultivar SA Select word beskou as een van die Lusernsaad-organisasie (LSO) se groot suksesverhale in die afgelope tyd. Wat dit nóg belangriker maak, is dat dit 'n verbetering is op die bekende SA Standaard waaruit dit geteel is. Dienuweling is matig tot grootliks bestand teen luise - 'n faktor wat 'n groot tekortkoming by SA Standaard was.
Mnr. Derick Engelbrecht, bestuurder van die LSO op Oudtshoorn, sê SA Select is deur dr. Albert Smith van die LNR se Instituut vir Veld en Weiding op Roodeplaat uit SA Standaard geteel. SA Standaard is 'n landras en het sy oorsprong in die Karoo, waarskynlik deur herhaalde natuurlike kombinasie-seleksies van die Chinese, Hunters River- en Provence-genotipes. Dit het gepaardgegaan met opvolgende natuurlike seleksiedruk vir die beste aangepaste plante.
Daar was destyds geen georganiseerde kruisingsprogram in die ontwikkeling van SA Standaard nie. Daar kan egter aanvaar word dat geharde en aangepaste plante van die genoemde drie kultivars saad gevorm het wat deur uitruiling tussen boere saamgevoeg is om die kultivar te kon vorm.
Weidingsdruk is deur verskillende diere - van volstruise tot skape en beeste - toegepas in die verskillende streke waar SA Standaard verbou is. Weens die uiterste klimaat in sekere dele is daar dikwels voertekorte ondervind, wat die druk op die kultivar vererger het.
Dr. Smith sê hoewel daar glo nog suiwer voorbeelde van die Chinese en Hunters River-genotipe by enkele boere voorkom, onder meer in die distrikte van Oudtshoorn, Calvinia, Sutherland en Upington, was dit net moontlik om enkele sulke bronne op te spoor. 'n Probleem is dat daar geen outentieke beskrywing van dieplante bestaan nie.
'n Ondersoek na die bestaande genetiese voorbeelde het gehelp om die oorsprong van SA Standaard te verklaar. Só het dit byvoorbeeld duidelik geword dat veral die Chinese genotipe, 'n relatief robuuste plant met hol stingels, 'n goeie bydrae gelewer het tot die opbrengsvermoë van SA Standaard. Dieeienskap kon dalk met CUF 101 verwar word. Die Chinese genotipe se sterk ontwikkelde wortelstelsel het ook bygedra tot die baie goeie droogteweerstand wat van SA Standaard 'n wenner gemaak het.
Die herhaalde siklusse van kruisings en saadvermenging weens die beperkte aantal geregistreerde saadskoonmakers in die land het daartoe gelei dat SA Standaard oor groot dele van die land aan talle siektetoestande blootgestel is. Hierdeur het SA Standaard 'n sterk weerstand teen die Suid-Afrikaanse wortelsiekte-kompleks ontwikkel.
Met die ondersoeke kon ook vasgestel word dat sommige van die plante wat meer as 20 jaar oud is, 'n lae voorkoms van wortelsiekte toon teenoor ander ingevoerde kultivars, sê mnr. Engelbrecht.
Lusernluise was egter 'n probleem. Omdat daar geen lusernluise in Suid-Afrika voorgekom het in die jare waarin SA Stan-daard ontwikkel is nie, het diekultivar min weerstand teen lusernluise gebied.
Dít is waar die nuwe SA Select 'n belangrike rol kan speel, meen mnr. Engelbrecht. Dienuweling is regstreeks uit suiwer bronne van SA Standaard geselekteer en is deur die LNR se Instituut vir Veld en Weiding ontwikkel op versoek van die LSO.
Volgens die oorspronklike teeldoelwitte is SA Standaard gebruik as die uitsluitlike ouer. Daar is probeer om luisbestandheid in te teel sonder om die voordelige eienskappe van SA Standaard prys te gee.
Om seker te maak dat SA Standaard se voortreflike eienskappe behou en selfs versterk word, is suiwer bronne van diekultivar geïdentifiseer, versamel en gebruik om 'n hektaar weiding by Roodeplaat te vestig. Van 1993 tot 1996 is diehektaar onder hoë druk bewei teen 30 skape per hektaar.
In 1996 is daar uit dieaanplanting 400 plante versamel wat belowend gelyk het. By nadere ondersoek het dit geblyk dat hulle hul bestandheid teen wortelsiektes (soos diewat op Roodeplaat voorkom) behou het. Die plante is in kruisingsblokke gevestig, vanwaar saad gekry is wat op hul beurt vir bestandheid teen blougroenluis, ertjieluis en die gespikkelde lusernluis geselekteer is.
In die toetse is die weerstand wat die saad teen die blougroenluis en ertjieluis gebied het, van 27 % tot 67 % verhoog, terwyl die weerstand teen die gespikkelde luis wel verhoog is, maar net tot 'n gematigde weerstand, sê dr. Smith.
Die geselekteerde saad is in isolasie by Roodeplaat as voortelersaad van die nuwe kultivar geproduseer.
Dr. Smith sê SA Select is naby verwant aan SA Standaard ten opsigte van gebruike en aanpassing, maar weens die uitsonderlik hoë weidingsdruk wat in die seleksieproses gebruik is, mag dit selfs meer bestand teen beweiding wees. Daar het egter geen verlaging in dormansie plaasgevind nie.
"Die belangrikste is egter dat SA Select heelwat meer bestand is teen luise, en dít vul die leemte wat by SA Standaard voorgekom het," sê hy.
Mnr. Engelbrecht sê met die vrystelling van diekultivar betree Suid-Afrika die unieke veld van moontlike lusernuitvoer, want SA Select sal net as 'n gesertifiseerde saad geproduseer en beskikbaar wees. Omdat dit 'n beweidingskultivar is, behoort dit veral met welslae met ander oorsese kultivars te kan meeding.
Die LSO is besig om 'n sentrale gesagstruktuur vir die lusernbedryf in Suid-Afrika tot stand te bring. Dit sal beteken dat navorsing meer doelgerig gedoen kan word en beter ondersteun sal word. Die moontlikheid van 'n nasionale lusern-evaluasieproef word byvoorbeeld ondersoek. Dit sal produsente 'n aanduiding gee van watter kultivars die beste vir hul omgewings aangepas is.
Kenmerke van SA Select
Die nuwe lusernkultivar, SA Select, kan soos
volg beskryf word:
- Planthoogte: Gemiddeld, as dit met ander plaaslike kultivars vergelyk
word. Die hoogte wissel van 668 mm met knopvorming, tot 837 mm met eerste
blomvorming en 896 mm met tweede blomvorming.
- Blomkleur: Die blomme is gewoonlik lig- tot donkerblou, met min donkerpers
blomme. Daar is gewoonlik min tot geen blomme met gestreepte kleure nie en
geen wit of geel blomme nie.
- Stingeldikte: In die algemeen is diekultivar dunstammig, maar weens die
invloed van die Chinese genotipe kom daar wel in gunstige toestande dik, hol
stingels voor, soos by SA Standaard.
- Kroon: Een van die belangrikste eienskappe van SA Standaard wat ook by SA
Select voorkom, is die plasing van die kroon. Die ondergrondse kroon is 'n
genetiese eienskap wat 'n besondere weidingsbestandheid aan diekultivar gee.
Krone van 40 mm tot 70 mm onder die grond en stingels vorm die kroon.
- Blare: Die blare is lig- tot mediumgroen, maar effens donkerder as dievan
SA Standaard. Die blare is relatief dun, met die lengte van die middelste
blaartjie gemiddeld 295 mm en 145 mm breed.
Verspreiders
Die Lusernsaad-organisasie is die eienaar en lisensiehouer van planttelersregte vir SA Select. Diekultivar sal met sub-lisensies vanaf Maart 2005 deur die volgende ondernemings versprei word: Klein Karoo Saad Beherend en Welverwacht Saad op Oudtshoorn, Wes-Karoo Koöperasie en Diepdrift Saad op Calvinia, en Agricol (Edms.) Bpk., Brackenfell, Kaapstad.
27 Junie 2003