AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nuwe misstof laat waai

'n Wateroplosbare, droë kunsmismengsel wat koolstof en humiensuur as basis het en wat met mikro-elemente verryk is, word reeds na bewering met uitstekende resultate op 'n plaas in die Oos-Vrystaat gebruik. Kenners meen dit kan die landbou wêreldwyd verander.

'n Wateroplosbare, droë kunsmismengsel wat koolstof

en humiensuur as basis het en wat met mikro-elemente verryk is, word reeds na

bewering met uitstekende resultate op 'n plaas in die Oos-Vrystaat gebruik.

Kenners meen dit kan die landbou wêreldwyd verander.

'n Unieke, organies gebaseerde, koolstofverrykte kunsmismengsel word die afgelope drie jaar na bewering met groot sukses vir die produksie van snyblomme, koring, mielies en grassaad gebruik. Verskeie boere reg oor die land behaal die allerbeste opbrengste met diebemesting, wat by die Misstofvereniging geregistreer is en kommersieel vervaardig word.

Die Green Gain-kunsmis word deur mnr. Piet van Rooyen, 'n boer van Clocolan, vervaardig. Hy sê humiensuur is 'n wondermiddel. As die wortelstelsel van die plant sterk is, lewer dit goeie bogrondse groei. Die "fabriek" van die plant werk optimaal en dit lei vanselfsprekend tot hoër produksie. Weens die hoë koolstofinhoud van die nuwe kunsmis is dit uiters geskik vir gebruik in sanderige grond.

Dr. Hennie Swart, 'n chemikus van Nutrichem ('n maatskappy wat blaarvoedingprodukte vervaardig), en wat ook tegniese adviseur vir mnr. Van Rooyen is, sê die resultate wys dat dieproduk die nuwe geslag bemesting van die toekoms kan word. Die konsep is uniek en kan 'n revolusionêre bydrae tot die landbou lewer. "Koolstof-gebaseerde bemesting wat met humiensuur verryk is, verander die landbou wêreldwyd."

Volgens hom is humus, oftewel die organiese inhoud, en

organiese sure, waarvan humiensuur een is, uiters belangrike komponente vir

grondvrugbaarheid. Die belangrikste funksies van humus/humiensure kan soos volg

saamgevat word:

  •  Dit verbeter die fisieke struktuur van die grond.
  •  Die grond se bufferkapasiteit word verhoog.
  •  Dit beskerm plantvoedingstowwe gedeeltelik teen uitloging.
  •  Die plantgroeistimulasie en wortelvorming word bevorder.
  •  Dit verhoog die grond se waterhouvermoë.
  •  Sekere elemente in die grond word gedetoksifiseer.
  •  Dit is 'n voedingsbron vir mikro-organismes.

Droë humiensuur in die vorm van oksihumaat-K en koolstof word in die nuwe bemesting gevoeg saam met die belangrike elemente, soos stikstof (N), fosfaat (P), kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg) en swael (S), sowel as die mikro-elemente yster (Fe), koper (Cu), mangaan (Mn), boor (B) en molibdeen (Mo).

Die plantvoedingstowwe los feitlik heeltemal in water op en is vir plante beskikbaar. Bemesting wat in water oplos, is die enigste manier waarop plante voedsel kan opneem. Kunsmis se oplosbaarheid kan getoets word deur twee eetlepels vol in 'n heuningbottel water te skud en te kyk wat oplos en hoeveel vastestowwe nie oplosbaar is nie.

Mnr. Charl Marais, 'n onafhanklike bemestingskonsultant, sê kunsmis wat met humate van hoë gehalte verryk is, het in statistiese proewe uitstekend gepresteer. Die bevinding was dat diekunsmis noemenswaardige opbrengsverskille teweegbring op grondsoorte met 'n koolstof-inhoud wat laer as 2 % is.

Hy skryf dit toe aan 'n verskeidenheid faktore, waarvan die verhoging in die opneembaarheid van kalium een is.

Die kalium-inhoud van die meeste van die grondsoorte in die Vrystaat is hoog. Tog bewys oplosbaarheidstoetse dat 'n baie lae persentasie daarvan werklik vir plante toeganklik is.

Mnr. Marais sê in die proewe is grondontledings met tussenposes van ses weke gedoen om die oplosbaarheid van kalium te bepaal. Die plek waar die verskillende monsters geneem is, is elke keer met 'n satellietnavigasiestelsel vasgelê sodat die opvolggrondmonsters op dieselfde plek geneem kon word. Kalium-oplosbaarheid het binne ses weke ná aanplanting met byna 100 % verbeter.

Die hoë koolstof-inhoud van die kunsmis het 'n positiewe invloed op die biomassa rondom die wortelsone. Die vermeerdering en die gevolglike uitbreiding van bestaande mikrobe-kolonies stel vermoedelik plantvoedingstowwe optimaal aan die plant beskikbaar.

3 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
-1.2%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,710.14
-1.0%
Silwer
20.45
-2.9%
Palladium
2,246.00
-3.3%
Platinum
917.50
-1.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
'n Horison vol Avonture
Weet wat ek doen en wat ek wil hê in die lewe. Sober gewoontes, opreg en dinamiese optimis. Hou van opregte mense Avonturier, hou van alles waarvan manne hou Roei, gholf, fiets...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot