AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nuwe plantmetode vir koring getoets

'n Nuwe verbouingsmetode vir besproeiingskoring, waarvolgens die rye in 'n bedding geplant word om water en kunsmis te bespaar, is vir die eerste keer op 'n kommersiële basis in Suid-Afrika geëvalueer.

Omdat Suid-Afrika 'n marginale reënval het, is water gewoonlik skaars. Boonop raak dit duurder. Dit beteken dat die boer besproeiingswater spaarsamiger moet gebruik.

Vir die komende seisoen lyk dit of besproeiingsboere werklik vir die eerste keer beproef gaan word ten opsigte van die beskikbaarheid van water om hul koring te besproei. Die Regering het waterkwota's besnoei en min damme is vol weens droogte in sommige opvanggebiede.

Koringtelers het egter voorkomend opgetree en reeds 'n paar jaar gelede begin om kultivars te ontwikkel wat beter stoel en water en stikstof spaarsamiger gebruik, sonder om opbrengs in te boet. Sodoende word die besproeiingsboer se winsgrens verhoog sonder dat opbrengsverliese noodwendig ter sprake kom.

Dr. Ken Sayre van CIMMYT, 'n internasionale teelorganisasie in Mexiko, het deurbraak-navorsing gedoen deur kultivars te identifiseer wat 10 % meer lewer en terselfdertyd produksiekoste en verbruik van besproeiingswater met 20 % tot 30 % verlaag.

Hy het ook 'n permanente beddingtegniek ontwikkel in die plek van tradisionele vloedbesproeiing. Tans gebruik ál die boere in die Yaqui-vallei in Mexiko reeds dienuwe tegniek omdat hulle swaar grond het. Die beddings is 700 mm tot 1 m breed (gemeet van die middel van een bedding tot die volgende bedding). Twee tot vier rye koring word dan op elke bedding geplant. Die tussenry-spasiëring is 150 mm tot 300 mm en die wydte van die voortjies tussen die beddings is 200 mm tot 250 mm. Die saaidigtheid is 80 kg/ha.

Omdat die meeste van die Suid-Afrikaanse besproeiingsgrond leem- of sandgrond is, is dit nie geskik vir beddings nie, omdat dit deur die besproeiingswater weggespoel word. Die maak van beddings kan ook ekstra koste teweeg bring.

Volgens die saadmaatskappy Monsanto is die stelsel se voordele die volgende:

  • Dit skep 'n kantry-effek, plante stoel meer, halms is dikker en plante is gesonder met beter ontwikkelde wortelstelsels. Sulke plante se are is ook groter en het meer pitte per aar.

  • Meer ligindringing tot op grondvlak is moontlik; selfs die soliede stam (houtstam) se sponsweefsel-ontwikkeling is van sonligindringing afhanklik.

  • Onkruid kan meganies bestry word.

  • Stikstof kan gebandplaas word vir optimale gebruik.

  • Omval verminder dramaties. Veral as die plantrigting noord-suid is, kan die uitwerking op die kant van die perseel wat meer son kry, duidelik waargeneem word.

  • Geenbewerking word vergemaklik.

  • Dit skep 'n natuurlike spoorverkeer in die beddings, wat grondverdigting uitskakel.

  • Die saaidigtheid word verlaag, met 'n gevolglike besparing in saadkoste.

  • Omdat daar minder plante per vierkante meter is, word die behoefte aan water en stikstof aansienlik verlaag.
  • 'n Span navorsers van die universiteit van Alberta in Kanada het onlangs navorsingsresultate gepubliseer oor hoe groot die invloed van voorblom-vogstremming is op die aantal steriele blompakkies wat by sommige semi-dwergkultivars waargeneem is. (In Suid-Afrika is die meeste kultivars soos SST876, SST806 en SST825 semidwergkultivars.) Hulle het onteenseglik bewys dat die betrokke kultivars se steriliteitsfrekwensie van blompakkies met tot 78 % verhoog het met 'n onderbreking van sewe dae tussen besproeiingsiklusse (voor die blomstadium) en vogstremming dus plaasgevind het. Dit beteken dat 78 % van die blompakkies nie saad sal vorm indien vogstremming voorkom tydens intervalle tussen besproeiingsiklusse van sewe dae of langer nie. Sodoende word die opbrengs drasties verlaag. Selfs met 'n interval van net vier dae het die toename in blompakkiesteriliteit tussen 36 % en 56 % gewissel.

    Tans is die meeste van die kultivars wat in Suid-Afrika se besproeiingsgebiede geplant word, semi-dwergtipes en temperature in hierdie dele is dikwels vir meer as vier dae aaneen 35 ?C en hoër. Dan vind boere dit moeilik om by te bly met besproeiingskedulering.

    Omdat die beddingmetode sterker en gesonder wortelstelsels daarstel, kan die koringplante strestoestande makliker verduur. Dit is duidelik waarneembaar in die resultate van 'n proef oor hektolitergewig waar die beddingmetode se skepelgewig 2,4 kg/hl hoër was as met die tradisionele metode van verbouing (tabel).

    Monsanto het die nuwe planttegniek met die samewerking van Omnia vir die eerste keer by Marble Hall kommersieel beproef. Boere in die omgewing het ongeveer 500 ha koring volgens diemetode geplant. 'n Statisties verwerkbare proef (kultivar SST806) is egter ook by mnr. Andries Kruger van W.J. Kruger-boerdery in die distrik geplant deur 'n besproeiingsirkel in die helfte te verdeel: Die helfte is volgens die gewone metode geplant, met 170 mm tussen die rye, terwyl die ander helfte volgens die beddingmetode geplant is.

    Die bedding-effek is verkry deur elke vierde inlooprat se gat in die saaikas met 'n stukkie karton en maskeerband toe te plak. In beide die kontrole en beddingproef was die saaidigtheid 115 kg/ha. Omdat elke vierde ry toegemaak word, verlaag die werklike saaidigtheid vir die beddingmetode egter met ongeveer 25 % (een 25 kg-sakkie saad/ha).

    Tydens strooptyd is vier herhalings met perseelgroottes van 100 vierkante meter uit elk van die helftes gestroop. Gewig, skepel-massa, proteïeninhoud en die plantkomponent is op elk van die herhalings bereken. Dieinligting verskyn in die tabel. Daaruit is dit duidelik dat die beddingtegniek die kontrole betekenisvol met meer as 'n halfton per hektaar geklop het.

    Die opbrengsverhoging is hoofsaaklik verkry deurdat die aantal are per vierkante meter betekenisvol meer was as by die kontrole. Hoewel wintertemperature in die warmer besproeiingsgebiede selde onder 14 grade C daal en dit gewoonlik die stoelvermoë nadelig beïnvloed, het SST806 genoeg vir die verlies in oppervlakte vergoed deur meer halms per plant te produseer, soos waargeneem in die groter getal are per vierkante meter.

    Verder kan daar ook afgelei word dat die plantkompetisie in die ry by die beddingtegniek by 'n saaidigtheid van 115 kg/ha van so 'n aard is dat dit nie stoelvermoë nadelig beïnvloed nie.

    Hoewel dit nie 'n betekenisvolle verskil is nie, is die graad van die koring, soos weerspieël deur die skepelmassa, ook beduidend hoër.

    Dit is verblydend dat die proteïeninhoud nie betekenisvol verlaag het nie. Gewoonlik is proteïeninhoud en opbrengs negatief gekorreleer by dieselfde bemestingsvlakke en hoër opbrengsvlakke. Dus, hoe minder plante per vierkante meter, hoe meer stikstof is vir elke plant beskikbaar.

    Die ander spilpuntsirkels waar die bed-dingtegniek toegepas is, het ook uitstekende resultate gelewer. Die gewasfaktor was ongeveer 0,4 vir die beddingtegniek, terwyl dit vir die 170 mm-rye 0,8 was, wat beteken dat daar 'n 50 %-besparing in waterverbruik was. Opbrengste van meer as 7 t/ha is verkry, al is net 380 mm water toegedien pleks van die tradisionele waterverbruik van 600 mm tot 700 mm per groeiseisoen.

    Al is dit nog net een jaar se kommersiële inligting, is genoeg oor jare op proefperseelbasis versamel om te bevestig dat die tegniek genoeg potensiaal inhou vir verdere kleinskaalse toepassing deur die Suid-Afrikaanse koringprodusente onder besproeiing, om sodoende netto inkomste per hektaar aansienlik te verbeter.

    Lesers met navrae kan in verbinding tree met mnr. Francois Koekemoer, Posbus 556, Bethlehem 9700. Sy foonnommers 082 388 0323 en 058 303 4690.

    Mnr. Francois Koekemoer is verbonde aan Monsanto en mnr. Chris Burbidge aan Omnia.

    16 Mei 2003

    Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.79
    -0.9%
    Rand - Pond
    20.13
    +0.5%
    Rand - Euro
    17.65
    -0.2%
    Rand - Aus dollar
    11.48
    -0.1%
    Rand - Jen
    0.12
    -0.7%
    Goud
    1,711.73
    -0.9%
    Silwer
    20.31
    -3.6%
    Palladium
    2,269.50
    -2.3%
    Platinum
    923.00
    -1.1%
    Brent-ruolie
    91.80
    +3.2%
    Top-40
    59,345
    -0.8%
    Alle aandele
    65,739
    -0.9%
    Hulpbronne 10
    63,602
    -1.5%
    Industriële 25
    79,607
    -0.6%
    Finansiële 15
    13,986
    -0.5%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
    Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
    Kom ons skryf on eie verhaal
    Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot