Dié verbeterde produk is die gevolg van ’n kruising tussen twee kultivars en word as ’n nuwegeslag-soetsorghum bestempel wat in Argentinië ontwikkel is.
Die verspreider is Seednet (Edms.) Bpk., ’n Suid-Afrikaanse saadmaatskappy. Die eienaar, mnr. Alie Engelbrecht, is reeds sedert 1986 aktief in die saadbedryf betrokke en was voorheen bestuurder en direkteur van verskeie saadmaatskappye.
Die Seednet-span het uitgebreide kennis van die plaaslike en internasionale saadbedryf. Die hoofareas waarop hulle konsentreer, is graan, weiding, peulgewasse en lusern. Engelbrecht sê die kruising van twee soetsorghums veroorsaak dat die plant se suikerinhoud hoog is.