AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Onafhanklike inligting oor kultivars goud werd

Boere het betroubare inligting oor die prestasie van mielies nodig wanneer hulle saad bestel. Daarom evalueer die Instituut vir Graangewasse met die samewerking van die saadbedryf en landboubesighede elke jaar talle kultivars om boere te help om die regtes te kies.

Boere het betroubare inligting oor die prestasie van

mielies nodig wanneer hulle saad bestel. Daarom evalueer die Instituut vir

Graangewasse met die samewerking van die saadbedryf en landboubesighede elke

jaar talle kultivars om boere te help om die regtes te kies.

Geen twee kultivars is eenders nie en elkeen het 'n eiesoortige aanpasbaarheid en opbrengspotensiaal. Hierdie eiesoortigheid stel elke boer in staat om diekultivars te plant wat die beste in sy streek aangepas is.

'n Boer behoort egter nie net een kultivar te kies wat die beste vir sy toestande is nie, maar behoort 'n aantal - met verskillende groeiseisoenlengte en ander eienskappe - te plant om sy risiko te verminder.

Nog raad van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) is die volgende: Moenie 'n staatmaker-kultivar binne een seisoen met 'n nuwe of onbekende kultivar vervang nie. Kultivars moet by 'n spesifieke opbrengspotensiaal aangepas wees, maar ook in staat wees om toestande vir 'n hoër potensiaal te benut en 'n aanvaarbare opbrengs in laerpotensiaaltoe-stande te lewer. Hier speel kultivars met 'n wye aanpassingsvermoë 'n belangrike rol.

Kultivarkeuse behoort jaarliks hersien te word. Dit kan gedoen word aan die hand van die Mielie-inligtinggids (MIG), wat elke jaar aanbevelings vir geel en wit mielies vir droëland en besproeiing bevat na aanleiding van die nasionale kultivarproewe wat die LNR, landboubesighede en saadmaatskappye doen.

Hierdie artikel bevat die belangrikste aanbevelings uit MIG 2003. Volgens die LNR is die proewe sover moontlik in streke verdeel. Inligting wat oor kultivars verskaf word, is meestal oor die afgelope drie jaar ingesamel. Die artikel verskaf ook inligting oor nuwer kultivars wat nog net vir 'n jaar of twee geëvalueer is. Aanbevelings is afsonderlik vir droëland en die besproeiingsgebiede.

Om voldoende betroubare inligting vir droëland te verskaf, is van die koöperatiewe gebiede saamgevoeg. Proewe van NTK Beperk, NWK Beperk en Suidwes Landbou (Edms.) Beperk is saamgevoeg. Geen inligting was vir die bedieningsgebiede van Vrystaat Koöperasie Beperk, OTK Beperk (Vrystaat) en Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk beskikbaar nie. Voldoende proewe is in Senwes Beperk, OTK Beperk (Mpumalanga) en Natalagri se bedieningsgebiede gedoen vir betroubare ontledings.

Die oessekerheidswaardes, 'n afleiding van inligting wat deur die regressiegrafiek van 'n kultivar in die tabelle uitgebeeld word, is 'n waardevolle hulpmiddel by kultivarbeplanning.

By die berekening van oessekerheidswaardes (opbrengs)

word die opbrengsgeneigdheid, gemiddelde opbrengs en stabiliteit in ag geneem.

  • In die oessekerheidstabelle word die volgende

    inligting verskaf:

  • Die oessekerheidswaardes by verskillende

    potensiaaltoestande.

  • Die kultivar se gemiddelde opbrengs in die proewe.

  • Die helling van die regressielyn waarvan die

    opbrengsgeneigdheid afgelei kan word. Indien die helling groter as 1,0 is, dui

    dit op 'n hoëpotensiaalkultivar, kleiner as 1,0 op 'n laerpotensiaalkultivar,

    en naby of gelyk aan 1,0 op 'n wyd aangepaste kultivar.

  • Die opbrengsstabiliteit word deur die D-waarde

    aangedui: Hoe meer die D-waarde na nul neig, hoe stabieler en voorspelbaarder

    is die kultivar se opbrengs. Hoe groter die D-waarde, hoe meer sal die

    opbrengs tussen seisoene wissel.

Prosedure

Die prosedure wat die boer moet volg om die beste

kultivars vir sy gebied en toestande te selekteer, is as volg:

  • Stel vas vir watter opbrengspotensiaal die

    aanbevelings in die tabel gemaak word. Die boer moet hom dus vergewis van die

    potensiaal wat ter sprake is.

  • Kyk na die vasgestelde potensiaal in die

    oessekerheidstabel. Selekteer by die gekose potensiaal daardie kultivars met

    die hoogste oessekerheidswaardes. Die kultivars met die hoogste waardes

    behoort die beste kans op 'n stabiele opbrengs te verseker.

  • As verdere verfyning in die keuse nodig is, kan die

    opbrengsgeneigdheid en -stabiliteit gebruik word. Hy kan dieselfde prosedure

    met potensiaalgebiede weerskante van die gekose potensiaal vir 'n

    betroubaarder aanbeveling volg.

Die opgesomde uitslae van die nasionale kultivarproewe verskyn ook in die tabelle.

Onder die geel basters het Pannar se geel kultivars

(tabel 1) soos vorige jare baie goed in die

westelike produksiegebied gevaar, met Monsanto se Carnia- en Sensako-kultivars

kort op hul hakke. PAN 6146 het die beste gemiddelde opbrengs van 4,66 t/ha behaal in Suidwes Landbou, NWK en NTK se produksiegebiede (hy het verlede jaar óók die hoogste opbrengs gehad). Vanjaar is hy gevolg deur sy stalmaat PAN 6734 (4,65 t/ha) en een van Monsanto se kultivars, CRN 3760 (4,59 t/ha). Laasgenoemde was verlede jaar ook onder die top-presteerders.  

TABEL 1: Die beste geelmieliekultivars vir droëland

Kultivar

Opbrengspotensiaal
(t/ha)

Gem. opbrengs
 (t/ha)

Helling van
regressielyn

D-waarde (op-
brengsstabiliteit)

 

2

3

4

5

 

Suidwes Landbou, NWK en NTK

CRN 3760

1,64

2,64

3,64

4,63

4,59

1,06

0,1577

PAN 6146

1,45

2,57

3,70

4,83

4,66

1,13

0,1317

PAN 6256

1,43

2,47

3,51

4,55

4,55

1,04

0,1990

PAN 6568

1,65

2,53

3,42

4,30

4,51

0,62

0,2850

PAN 6734

1,72

2,70

3,67

4,65

4,65

0,98

0,1738

SNK 2682

1,04

2,21

3,38

4,56

4,53

1,17

0,2359

Senwes

CRN 3760

0,71

1,95

3,19

4,43

4,85

1,24

0,3968

PAN 6146

1,73

2,77

3,82

4,87

5,06

1,05

0,1650

PAN 6256

1,19

2,34

3,50

4,66

4,79

1,16

0,1494

PAN 6568

1,53

2,49

3,44

4,39

4,61

0,95

0,1583

PAN 6734

1,83

2,96

4,09

5,21

5,20

1,13

0,0815

SNK 2472

1,32

2,44

3,57

4,69

4,90

1,13

0,1864

Afgri

CRN 3604

1,33

2,37

3,40

4,43

6,58

1,03

0,2947

CRN 3760

0,19

1,51

2,83

4,15

6,59

1,32

0,2302

PAN 6568

0,89

2,06

3,22

4,38

6,70

1,16

0,2908

Phb 30H22

0,86

2,13

3,39

4,66

6,99

1,26

0,2064

Phb 3442

1,75

2,64

3,53

4,42

6,56

0,89

0,4576

SNK 2972

1,60

2,62

3,64

4,65

6,64

1,02

0,1952

Natalagri

CRN 3760

2,62

3,34

4,05

4,77

7,42

0,71

0,5221

PAN 6480

0,91

1,95

2,99

4,04

7,27

1,04

0,3637

PAN 6568

0,80

1,99

3,19

4,39

8,10

1,20

0,4640

SNK 2472

0,69

1,80

2,90

4,01

7,37

1,11

0,3504

SNK 2778

1,62

2,54

3,47

4,39

7,50

0,92

0,5025

SNK 2972

0,79

1,96

3,12

4,29

7,63

1,17

0,2301

In Senwes se gebied het PAN 6734 die bordjies met 'n gemiddelde opbrengs van 5,20 t/ha verhang, PAN 6146 (verlede jaar se top-presteerder) was met 5,06 t/ha tweede en SNK 2472 (4,90 t/ha) derde. Albei Monsanto-kultivars het verlede jaar ook blink vertonings gelewer.

In die bedieningsgebiede van Afgri en Natalagri het 'n Pioneer-kultivar hom tussen die beste presteerders ingewikkel. Phb 30H22 was met 6,99 t/ha die beste presteerder in Afgri se gebied, gevolg deur PAN 6568 (6,70 t/ha), wat ook in die westelike gebied onder die ses beste kultivars was, en SNK 2972 (6,64 t/ha).

Pannar het die septer in die Natalagri-gebied geswaai - weer met PAN 6568, diekeer met 'n hoë gemiddelde opbrengs van 8,10 t/ha. SNK 2972 was weer onder die beste drie kultivars met 7,63 t/ha, terwyl SNK 2778 met 7,50 t/ha die derde plek gevul het.

Onder die wit basters (tabel 2 ) troon CRN 3549 uit. Diekultivar was eerste in Suidwes Landbou/NWK/NTK se proewe (4,84 t/ha) én by Afgri (6,95 t/ha), tweede in die Senwes-gebied en onder die beste ses kultivars in Natalagri se area. Verlede jaar het diekultivar die hoogste gemiddelde opbrengs in Suidwes Landbou/NWK/NTK, Senwes en Afgri se gebiede behaal. By Suidwes Landbou/NWK/NTK was PAN 6043 (4,58 t/ha) vanjaar tweede en PAN 6633 (4,57 t/ha) derde. By Senwes het PAN 6335, 'n top-presteerder in die vorige nasionale proewe, die botoon met 5,04 t/ha gevoer. Twee Pannar-kultivars, PAN 6615 en PAN 6633 was saam derde.

TABEL 2: Die beste witmieliekultivars vir droëland

Kultivar

Opbrengspotensiaal
(t/ha)

Gem. opbrengs
 (t/ha)

Helling van
regressielyn

D-waarde (op-
brengsstabiliteit)

 

2

3

4

5

 

Suidwes Landbou, NWK en NTK

CRN 3549

1,77

2,84

3,90

4,97

4,84

1,07

0,1321

PAN 6043

0,94

2,16

3,38

4,60

4,58

1,22

0,2589

PAN 6243

1,17

2,31

3,44

4,58

4,54

1,14

0,2108

PAN 6573

1,41

2,46

3,52

4,58

4,56

1,06

0,1957

PAN 6633

1,52

2,58

3,63

4,69

4,57

1,05

0,1333

SNK 2969

1,76

2,75

2,74

4,93

4,50

0,99

0,0666

Senwes

CRN 3549

1,46

2,55

3,63

4,71

4,95

1,08

0,1981

PAN 6335

0,96

2,22

3,48

4,75

5,04

1,26

0,2765

PAN 6573

1,17

2,28

3,39

4,49

4,58

1,11

0,1215

PAN 6615

1,40

2,43

3,46

4,46

4,75

1,03

0,1977

PAN 6633

1,46

2,41

3,37

4,32

4,75

0,95

0,2964

SNK 2969

1,47

2,43

3,39

4,35

4,60

0,96

0,1734

Afgri

CRN 3549

1,59

2,62

3,65

4,67

6,95

1,03

0,4076

PAN 6573

1,46

2,35

3,24

4,14

6,35

0,89

0,5249

PAN 6615

1,60

2,40

3,20

4,00

6,10

0,80

0,5351

PAN 6777

0,61

1,62

2,64

3,65

6,18

1,01

0,6905

Phb 3203W

2,19

2,96

3,74

4,51

6,44

0,77

0,4137

SNK 2969

0,65

1,69

2,72

3,76

6,16

1,04

0,5187

Natalagri

CRN 3549

0,30

1,39

2,47

3,55

7,28

1,08

0,7791

PAN 6243

-0,40*

0,90

2,19

3,48

7,61

1,29

0,6989

PAN 6479

1,31

2,31

3,31

4,31

7,34

1,00

0,2728

PAN 6573

0,10

1,22

2,34

3,46

7,56

1,12

1,1909

PAN 6777

-1,29*

0,13

1,56

2,98

8,03

1,42

1,6268

Phb 3203W

1,66

2,45

3,25

4,05

7,18

0,80

0,8714

* Wiskundige berekenings

 

Afgri-gebied
In die Afgri-gebied was Phb 3203W (6,44 t/ha) tweede ná die top-presteerder van Monsanto, gevolg deur PAN 6573 (altesame 6,35 t/ha).

In Natalagri se gebied het Pannar-basters geseëvier, naamlik PAN 6777 (8,03 t/ha), PAN 6243 (7,61 t/ha) en PAN 6573 (altesame 7,56 t/ha).

Boere plant deesdae hoofsaaklik vinnige groeiers onder besproeiing, veral as koring in die wisselboustelsel ingesluit is. Dit is omdat diemielies só vroeg oesgereed is dat koring daarna geplant kan word. Medium-groeiers is ook in aanvraag, selfs al gebruik die boere dit as enkelgewas (een oes per jaar). By die kultivars wat onder besproeiing (tabel 3 ) geëvalueer is, duik dieselfde basters wat op droëland uitgeblink het, weer op. Onder die geel kultivars het CRN 3760 'n mooi 10,07 t/ha opgelewer, gevolg deur Phb 30H22 (9,99 t/ha) en PAN 6146 (9,71 t/ha).  

TABEL 3: Die beste kultivars vir besproeide lande

Kultivar

Opbrengspotensiaal
(t/ha)

Gem. opbrengs
(t/ha)

Helling van
regressielyn

D-waarde (op-
brengsstabiliteit)

 

8

9

10

 

Geel mielies

CRN 3604

7,10

8,07

9,04

9,54

0,97

0,7164

CRN 3760

7,97

9,02

10,07

10,07

1,05

0,3033

PAN 6146

7,43

8,54

9,64

9,71

1,10

0,3899

PAN 6568

7,24

8,33

9,42

9,67

1,09

0,5429

Phb 30H22

7,48

8,58

9,67

9,99

1,09

0,6223

SNK 2778

7,58

8,49

9,40

9,66

0,91

0,4236

Wit mielies

CRN 3549

7,22

8,32

9,42

9,36

1,10

0,2901

PAN 6479

7,21

8,16

9,11

9,25

0,95

0,3476

PAN 6615

5,75

6,86

7,96

8,89

1,11

1,4599

PAN 6777

6,48

7,34

8,21

9,00

0,86

0,9828

Phb 3203W

5,94

7,06

8,19

9,25

1,12

1,7160

SNK 2969

6,42

7,57

8,72

8,98

1,15

0,6045

Die beste wit kultivars was CRN 3549 (9,36 t/ha), PAN 6479 en Phb 3203W (albei 9,25 t/ha) en PAN 6777 (9,00 t/ha). Die basters met 'n kort groeiseisoen (vinnige groeiers) word apart getoets (tabel 4). Phb 3203W se naam is weer daar as die top-presteerder, terwyl drie van sy stalmaats ook goed gevaar het. Die ander basters met groot potensiaal is DK 618, PAN 6804 en Advanta se Woodriver.

TABEL 4: Mielies met 'n kort groeiseisoen

Kultivar

Opbrengspotensiaal (t/ha)

Gem. opbrengs
(t/ha)

Helling van
regressielyn

D-waarde
(opbrengs-
stabiliteit)

 

5

6

7

8

9

10

DK 618

4,67

5,75

6,77

7,74

8,69

9,61

6,30

1,04

0,6189

PAN 6804

4,92

5,98

6,98

7,94

8,88

9,79

6,50

1,02

0,5055

Phb 31B13

3,88

4,81

5,63

6,36

7,04

7,69

5,59

0,85

1,9790

Phb 3203W

5,18

6,21

7,19

8,13

9,04

9,93

6,72

1,00

0,4801

Phb 3394

4,51

5,48

6,40

7,27

8,12

8,95

5,97

0,93

0,4833

Phb 33A14

4,91

5,91

6,86

7,77

8,64

9,50

6,43

0,97

0,5425

Woodriver

4,17

5,32

6,44

7,51

8,55

9,58

5,84

1,13

0,4328

Die saadmaatskappye kan kultivaraanbevelings verder vir die boere verfyn en behoort geraadpleeg te word.

Die MIG 2003

bevat ook meer inligting van talle ander kultivars wat oorweeg kan word. Die publikasie kan bestel word by me. ElsabeSteyn, Private sak X1251, Potchefstroom 2520; e-pos: elsabe@igg1.agric.za en tel. 018 299 6204;

Navrae: Mnre. Jean du Plessis, Private sak

X1251, Potchefstroom 2520; tel. 018 299 6261; e-pos jean@igg2.agric.za; en Dirk

Bruwer, tel. 018 299 6268.

 

Nuwe basters ook getoets

'n Klompie opwindende nuwe basters se proefresultate is ook beskikbaar. Dit is kultivars wat nog net vir een of twee jaar beproef is. 'n Paar name toon mooi beloftes en boere kan hulle gerus in die toekoms dophou, veral CRN 3505, PAN 6844 en DK 2551.

Die uitblinkers in die verskillende

evalueringsgebiede is:

  • Suidwes Landbou/NWK/NTK: PAN 6844 met 4,87 t/ha

    (twee seisoene) en SC 602 met 4,74 t/ha (een seisoen) was die beste onder die

    geel basters. Onder die wit kultivars het CRN 3505 met 5,14 t/ha (twee

    seisoene) en PAN 6845 met 5,76 t/ha (een seisoen) uitgeblink.

  • Senwes: PAN 6844 met 4,59 t/ha (twee seisoene) en

    CRN 4070B met 4,42 t/ha (een seisoen) was die beste geel kultivars. Onder die

    wit basters kan CRN 3505 met 4,60 t/ha (twee seisoene) en DK 2551 met 4,57

    t/ha (een seisoen) dopgehou word.

  • Afgri: PAN 6844 met 6,67 t/ha (twee seisoene) en PAN

    6966 met 7,93 t/ha (een seisoen) is die geel kultivars met die hoogste

    gemiddelde opbrengste, terwyl CRN 3505 met 7,01 t/ha (twee seisoene) en DK

    2551met 7,31 t/ha (een seisoen) die top wit basters was.

  • Natalagri: Van die nuwe geel basters het PAN 6740 met

    7,04 t/ha (twee seisoen) en CRN 4070B met 7,54 t/ha (een seisoene) die beste

    gevaar, en onder die wit kultivars CRN 3505 met 7,26 t/ha (twee seisoene) en

    Phb 30D05 met 7,71 t/ha (een seisoen).

  • Besproeiing: Vir hierdie soort produksie is die geel

    basters PAN 6730 met 10,13 t/ha (twee seisoene) en PAN 6966 met 10,06 t/ha

    (een seisoen) die blinkste sterre, terwyl CRN 3505 met 10,23 t/ha (twee

    seisoene) en DK 2551 met 10,14 t/ha (een seisoen) die opkomende wit basters

    is.

  • Vinnige groeiers: PAN 6929 met 7,13 t/ha (twee

    seisoene) en PAN 6026 met 8,26 t/ha (een seisoen) toon belofte.

4 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.6%
Rand - Pond
20.10
+0.0%
Rand - Euro
17.69
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,701.33
-0.7%
Silwer
20.25
-2.0%
Palladium
2,188.00
-3.3%
Platinum
920.00
-0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot