AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Onkruid ruk handuit oor swak bestuur

Die toename in weerstand teen onkruiddoders is die gevolg van die onoordeelkundige gebruik van diemiddels en nie as gevolg van die toepassing van sekere bewerkingsmetodes - soos verminderde bewerking - nie. Dit is 'n bestuursprobleem wat alle bewerkingsmetodes raak.

Die toename in weerstand teen onkruiddoders is die gevolg van die

onoordeelkundige gebruik van diemiddels en nie as gevolg van die toepassing van

sekere bewerkingsmetodes - soos verminderde bewerking - nie. Dit is 'n

bestuursprobleem wat alle bewerkingsmetodes raak.

Onkruidsoorte se weerstand teen chemiese onkruiddoders is 'n onderwerp wat gereeld opduik waar graanboere vergader. By sulke geleenthede word soms die vinger gewys na verminderde bewerkingsmetodes as 'n moontlike oorsaak vir die ernstige toename in onkruiddoderweerstand by veral raaigrasse.

Verminderde bewerkingspraktyke het die afgelope klompie jare dramaties onder kleingraanboere van die Wes- en Suid-Kaap toegeneem. Diepraktyk steun swaar op chemiese onkruiddoders om onkruid te bestry. Dit lei daartoe dat sommige mense tot die gevolgtrekking kom dat dievorm van bewaringsboerdery regstreeks vir die toename in onkruiddoderweerstand verantwoordelik is.

Mnr. Chris Cumming van Bayer CropScience op Stellenbosch, en voorsitter van HRAC, 'n organisasie wat weerstandbiedendheid teen onkruiddoders fyn dophou, sê egter onkruidweerstand in kleingrane is nie net eie aan verminderde bewerkingspraktyke nie. Konvensionele monokultuurstelsels, wat as 't ware die teenpool van minimumbewerking is, is ewe veel aan onkruidweerstand blootgestel.

"Weerstand neem toe wanneer onkruiddoders onoordeelkundig gebruik word, veral in gevalle waar middels met dieselfde aktiewe bestanddele herhaaldelik toegedien word. Geen produksiestelsel as sodanig kan vir die toename in die aantal bevestigde gevalle van onkruiddoderweerstand verantwoordelik gehou word nie. Dit is eerder 'n bestuursprobleem wat alle bewerkingsmetodes raak. Die bewys daarvoor is 'n aantal kleingraanboere wat al jare lank verminderde bewerking toepas, sonder om enige probleme met onkruiddoderweerstand te ondervind."

Hy sê dit kan egter nie ontken word nie dat boere se afhanklikheid van nie-selektiewe vooropkoms-onkruiddoders om lande plantgereed te kry, een van die grootste gevare is wat aan verminderde bewerkingstelsels verbonde is.

Dit is juis daardie boere wat glifosaat-onkruiddoders jaar ná jaar op dieselfde lande vir voorsaaibespuitings gebruik, wat die gevaar van weerstandbiedendheid deur middel van seleksiedruk loop. Die gevaar is des te groter in gebiede soos Suid-Kaapland waar somerreëns veelvuldige voorsaaibespuitings noodsaak.

Elke nuwe stand onkruid sluit gewoonlik 'n onbeduidende klein persentasie weerstandbiedende plante in, danksy 'n oorlewingsmeganisme waaroor die natuur beskik. Deur aanhoudend die onbestande soorte met chemiese spuitstowwe te verwyder, word onderlinge mededinging vir vog en voedsel verminder. Só word die geleenthede geskep vir die onkruidsoorte wat teen die onkruiddoders bestand is om dermate in getalle toe te neem tot 'n punt waar dit krisisafmetings aanneem en waar weerstandbiedende biotipes die populasie oorheers.

Suid-Afrika is nie die eerste of enigste land waar weerstandbiedendheid teen glifosaat-spuitstowwe 'n groot probleem word nie. In verskeie wêrelddele is 'n verskeidenheid breëblaaronkruidsoorte en raaigras al aangemeld as synde weerstandbiedend teen glifosaat te wees.

Die eerste bevestigde geval van glifosaatweerstand by raaigras in Wes-Kaapland is onlangs in vrugteboorde waargeneem. Hier is dieselfde chemiese produk herhaaldelik in 'n enkele seisoen gebruik.

Die beste aanbeveling vir boere wat afhanklik is van nie-selektiewe onkruiddoders, is om minstens een van hierdie toedienings met parakwat-bevattende middels te vervang. Dit is 'n redelik algemene praktyk in Wes-Australië om diedubbele dosis, oftewel "double shot"-benadering soos dit daar bekend staan, te volg.

Dit bestaan uit 'n enkele glifosaat-bespuiting wat binne sewe tot 10 dae met 'n parakwat-bespuiting opgevolg word. Enige glifosaat-weerstandbiedende onkruid wat die eerste toediening oorleef, word deur die parakwat-bespuiting doodgemaak. Sodoende word weerstandbiedende onkruidsaad verhinder om saadbanke op te bou.

"Verwar onkruidsoorte voortdurend. Hulle sal by omtrent enige bestuursprogram aanpas wat elke jaar dieselfde is. Verander onkruiddoders gereeld, wissel gewasse af en - as dit kan - ook bewerkingsmetodes en saaitye. Dit sal die kanse vir weerstandbiedende onkruidsoorte bederf omdat hulle meestal sukkel om by wisselende toestande aan te pas."

Mnr. Cumming sê bestuurspraktyke wat help om onkruidgetalle laag te hou, is deurslaggewend in die stryd teen weerstandbiedendheid. Dit verminder die kanse dat daardie buitengewoon bestande enkelinge geselekteer word. Dit vertraag ook die evolusieproses waarvolgens weerstandbiedende enkelplante die geleentheid kry om in groot getalle toe te neem onder toestande wat dieselfde bly.

In die praktyk beteken dit om nie middels uit dieselfde groep meer as een keer per seisoen op dieselfde land te gebruik nie. Middels uit dieselfde groep moet ook nie in die daaropvolgende seisoen op dieselfde land gebruik word nie. Goeie beplanning en die byhou van besonderhede oor bespuitings is dus noodsaaklik om onkruidweerstand te bekamp.

Mnr. Piet Gildenhuys van die plaas Kleinbosheuwel, Heidelberg, is een van die eerste mense wat verminderde bewerking toegepas het. Hy is ook 'n voormalige Graanboer van die Jaar en 'n man wat weinig probleme met onkruid in sy graan ondervind.

Mnr. Gildenhuys sê hy het juis nie meer probleme met grasse, insluitende steekgras, gedurende die graanfase van sy wisselboustelsel nie. Dit is daarom nie nodig om te spuit nie. Grassoorte word tydens die weidingfase verwyder.

Hy het vroeg al besef dat as onkruid nie in die weidingfase bekamp word nie, wag daar probleme op 'n mens. 'n Wisselboustelsel kom as 'n pakket waar ál die fases by mekaar aansluit om onkruidsoorte te bekamp.

Hy stem saam dat onkruid wat handuit ruk eerder 'n bestuursprobleem is. Vooruitbeplanning is noodsaaklik. So weet hy nou al reeds wat en waar vir die volgende 15 jaar geplant gaan word. 'n Mens kan eenvoudig nie wag tot die einde van elke seisoen en dan besluit hoe om op te tree nie, sê hy.

Mnre. Gildenhuys en Cumming se raad aan boere is die

volgende:

  • Hou volledig boek van jou spuitprogram.
  • Betrek kundiges om 'n goed deurdagte strategie te ontwikkel om die

    weerstandrisiko te beperk.

  • Volg altyd die riglyne soos dit op die verskillende chemiese groepe van

    toepassing is. Dit is verpligtend dat maatskappye die manier waarop 'n

    spesifieke onkruiddoder werk, op etikette op die middels moet aanbring.

  • Waar moontlik moet nie-chemiese opsies gebruik word om die druk op

    onkruiddoders ligter te maak.

  • Beperk saadvorming van veral gras-onkruidsoorte wat die saadbank kan

    aanvul.

  • Verlaag die saadreserwes in die saadbank voor saaityd tot hanteerbare

    vlakke - hetsy meganies of met nie-selektiewe onkruiddoders.

  • Plant onkruidvrye saad (dit geld veral vir produsente wat hul eie saad

    terughou) en verbou 'n hoogs kompeterende gewas met voldoende bemesting en die

    regte saaidigtheid.

27 Junie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot