Dit is herfs en Wes-Kaapse graanboere is weer verdeel oor die wenslikheid en waarde van stoppels brand. Party sê om te brand is die enigste manier om van raaigras ontslae te raak. Ander sê dit is nie nodig nie.
Hoe dit ook al sy, weerstand wat by onkruid teen onkruiddoders ontwikkel en verbruikers wat daarop aandring dat minder landbouchemiese middels gebruik word, dwing boere al hoe meer om ander maniere te vind om van onkruid ontslae te raak.
Hoewel vordering gemaak word om die gebruik van dekgewasse wat onkruid onderdruk, te laat posvat, het boere en wetenskaplikes van Australië die afgelope dekade voorlopers op die gebied van oestyd-onkruidsaadbestryding geword.