Niks word opgepiep nie, maar met aandag aan elke besonderheid kan Suid-Afrikaners met die bestes saampraat.
Die wêreld se graanrekords is meer binne die bereik van Suid-Afrikaanse boere as wat party mense dink, sê mnr. Hannes Bruwer (38) van Hopetown, wat ál nader aan die internasionale mielie- en koringrekords kruip.
Op die land waar hy verlede jaar die hoogste mielie-opbrengs van 23,361 t/ha onder besproeiing in Graan SA se Groei vir Goud-opbrengskompetisie behaal het, het die stroper se opbrengsmonitor soms verby 30 t/ha geskiet. Bruwer is in beheer van die Genade-boerdery by Hopetown.