Só reken dr. Ajay Dalai, wat die Kanadese leerstoel in bio-energie en omgewingsvriendelike chemiese prosesse aan die Universiteit van Saskatchewan beklee.
Hy sê dit kan as alternatief vir steenkool of natuurlike gas gebruik word. Dalai werk reeds etlike jare aan die ontwikkeling van ’n werkbare produk wat nie maklik verkrummel nie en ook genoeg energie vrystel. Die volgende stap is om dit grootskaals te vervaardig en te kommersialiseer.
“Uiteindelik gaan die wêreld steenkool uitfaseer weens besoedeling.” Dalai reken die landboubedryf moet die voorbeeld van die bosbousektor volg om biokole te maak van die groot hoeveelhede afvalmateriaal wat dit het.