Mnr. Japie Breedt van die plaas Bronkhorstfontein by Bapsfontein glo in die wonder van moderne tegnologie.
Hy hoop om oor twee jaar ’n mielie-opbrengs van 24 t/ha onder besproeiing te bereik. Sy wenmielie-opbrengs van 15,23817 t/ha op ’n uitgesoekte deel van 2 ha is behaal met die kultivar DKC 64-54BR van Bayer, ’n vinnige groeier wat in die groeiklas van 114-117 dae vanaf opkoms tot fisiologies rypheid val.
Breedt en die landboukundiges wat hom bystaan, jaag nou ’n gemiddelde oes van 20 t/ha onder besproeiing en 13 t/ha op droëland na.