AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Opkomende Boer van die Jaar tap alle beskikbare kennis

Kennis, die bereidwilligheid om nooit op te hou leer nie en goeie bestuur is die wenresep vir enige boerdery. Só meen mnr. Karabo Peele, 'n boer van Noordwes wat onlangs bekroon is as Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar.

Graanboere sal mnr. Karabo Peele onthou as die man wat verteenwoordigers vroeër vanjaar op Graan SA se kongres laat regop sit het toe hy in suiwer Afrikaans sy mening oor gevoelige landbousake gegee het. "As mense my vra wat ek doen, sê ek nie ek is 'n swart boer, of 'n opkomende boer nie. Ek sê ek is 'n f....n boer!" het hy kras-reguit verklaar.

Hy het hom ook uitgespreek teen grondbesetting, misdaad en luiheid en vir sy bydrae is hy as die beste spreker onder die kongresgangers aangewys.

Later, op een van verskeie plase wat hy in die omgewing van Rustenburg bewerk, het die 45-jarige mnr. Peele ook bewys dat hy nie net 'n prater is nie, maar die daad by die woord voeg as dit by suksesvolle boerdery kom.

Terwyl hy vir twaalf jaar 'n onderwyser was, het mnr. Peele in 1982 op klein skaal en op huurgrond met nege beeste begin boer. Midde in die droogte van 1983/84 het hy sy nek uitgesteek en nog 60 Brahman-kruisings gekoop en twee jaar later aansoek gedoen vir landbougrond van die destydse Bophuthatswana-regering.

"Om die grond te kry, moes ek as skoolhoof bedank en onderneem het om voltyds te boer. Ek het 1 400 ha by Varkfontein, naby Northam, ontvang en begin om 'n ten volle geregistreerde Brahmanstoetery op te bou.

"Vir 'n swart boer was dit egter 'n slegte tyd om as teler welslae te behaal. Ek kon nooit dieselfde hoë pryse vir my stoetdiere as wit boere kry nie en het in 1992 besluit om my stoetbeeste te verkoop."

Drie jaar vroeër het mnr. Peele ook met 'n saaiboerdery begin. Met sy pensioengeld uit die onderwys het hy die deposito op 'n trekker betaal en op 40 ha grond by Boschfontein, buite Rustenburg, het hy sy eerste sonneblomme geplant.

Mettertyd het hy sy saaiboerdery uitgebrei en ook in die omgewing van Bospoortdam 450 ha sonneblomme en by Mankwe 500 ha geplant.

"Weens 'n gebrek aan ervaring het ek vir tien jaar nie goeie oeste gehad nie. Ek het op die moeilike manier geleer en eers later besef hoe belangrik dit is om jou bure en kenners se raad te vra as jy nie weet nie.

"My belangrikste leermeester is mnr. Basie Ntsimane, 'n groot saaiboer in die omgewing. Hy het 'n studiegroep begin en deesdae doen ons alles saam. Ons leer ook baie uit voorligting deur organisasies soos Agri SA," sê hy.

Mnr. Peele sê hy het altyd sy grondvoorbereiding goed gedoen, maar kon nie verstaan hoekom die resultate nie na wense was nie. "Eers later het ek besef hoe belangrik dit is om die beste moontlike planter te gebruik. Nadat ek een jaar een van die beste beskikbare planters geleen het, het ek my eerste goeie oes gehad.

"Vandag weet ek presisieboerdery is die antwoord. Alles moet reg gedoen word. Mens moet voor die tyd grondmonsters laat neem en weet wat om in die aarde terug te sit, die plantproses moet reg verloop, onkruid moet bestry word en bemarking moet deeglik gedoen word."

Die afgelope seisoen het hy 1 200 ha onder sonneblomme gehad en op sommige droë lande meer as 2 ton/h geoes. Vanjaar wil hy meer as 1 500 ha sonneblomme plant.

Hy sê vir teling gebruik hy Simmentaler- en Limousinbulle by sy Brahman- en kruisraskoeie. Die hitte in die gebied is egter erg vir die Simmentalers en hy vestig nou sy hoop op die Limousins omdat hul kleurpigment en gladde hare meer geskik is vir die warm omgewing.

Hy maak voorsiening vir 10 ha tot 12 ha natuurlike weiding per bees omdat daar baie suurgras in die omgewing is en vul die natuurlike weiding aan met 'n energielek, sout en koringsemels.

Vir die toekoms het mnr. Peele groot planne. Hy sê die regte bemarking raak al hoe belangriker. "In die verlede het ek ál my sonneblomsaad aan die koöperasie gelewer en is goed verneuk met die pryse. Nou hou ek die markte dop en dit gaan beter."

Hy wil onder meer saam met sy mentor, mnr. Ntsimane, 'n opgaarplek vir sonneblomsaad bou sodat dit langer opgeberg kan word.

"Ek het op die harde manier geleer en baie keer my kop gestamp. Met die jare het die ervaring gekom en vandag is al my skuld bykans afgelos. Vir my was dit die moeite werd en ek glo enigeen wat bereid is om te leer, kan dieselfde of beter doen," sê hy.

Soek en deel inligting

Eers nou het die ervaring begin betaal, maar dit het te lank geduur. Sy raad aan jong boere is om te tap waar daar ook al kennis is en om bereid te wees om te leer. Van sy kant af deel hy sy kennis met enigeen wat iets wil weet en hy leer van almal wat meer weet.

Volgens mnr. Peele is dit hoekom hy so sterk voel dat daar geen apartheid in landbou moet wees nie. "Ons is almal boere wat kos produseer vir almal in die land. Mense met ervaring moet dit met ander deel en die enigste rol wat politiek moet speel, is om landbouproduksie te verbeter."

Volgens hom gebeur daar nie genoeg om nuwe boere te vestig nie. Dit is net die ou gevestigde boere wat oorleef. Gemeenskaplike weidingsgebiede werk nie, want dit is ongeorganiseerd en die grond word verniel. "Mense moet byvoorbeeld leer dat 'n os van 20 jaar oud net kos vreet en onproduktief is. Hy moes lankal in iemand se maag gewees het.

"Landbou-organisasies soos Agri SA en Graan SA kan 'n belangrike bydrae lewer, maar daar moet gewaak word om politiek uit die organisasies uit te hou. Elke boer moet 'n student hê wat hy kan oplei."

Vir hom het alles nie altyd voor die wind gegaan nie en politieke veranderings het ook tot terugslae gelei. Teen 1994 het sy beesboerdery tot 500 aanteelkoeie en 20 bulle aangegroei en hy was onder die drie grootste boere in Bophuthatswana gereken.

Ná die verkiesing is sy plaas aan die Bakgatla-stam oorhandig en hy moes 'n ander heenkome vir sy beeste by Klipplaat, 50 km noord van Rustenburg, vind. "Ek kan nou glad nie meer op 'n groot skaal met beeste boer nie en het nou net sowat 120 beeste. Ek beplan egter deeglik, sorg dat ek die regte vervangingsverse identifiseer en het 'n kalfpersentasie van 97." 6 Desember 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.98
-0.8%
Rand - Pond
19.89
-2.4%
Rand - Euro
17.61
-1.4%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,661.34
+0.1%
Silwer
18.78
-0.6%
Palladium
2,218.50
+3.1%
Platinum
870.00
+0.4%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.3%
Industriële 25
76,769
-2.2%
Finansiële 15
13,707
-2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot