AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Palette werk vir groot byeboer

Palette, wat met 'n vurkhyser gehanteer word, maak die verskuiwing van groot getalle byekorwe makliker. Boonop beïnvloed reënweer nie die plasing van korwe nie.

Groot hoeveelhede sonneblomme wat binne 'n kort tyd bestuif moet word, is die hoofrede waarom mnr. Theunis Engelbrecht van Douglas Bee Farms op Douglas sy byekorwe steeds op palette versprei. Ander Suid-Afrikaanse byeboere het diegebruik, wat wêreldwyd in lande met duur arbeid toegepas word, laat vaar.

Mnr. Engelbrecht sê hoewel baie ouer byeboere hom afgeraai het oor probleme wat hulle met korwe op palette gehad het, het hy in 1993 palette begin gebruik. Hy plaas vier korwe op 'n palet, wat die verspreiding van die korwe baie vergemaklik. Aanvanklik was die korwe in vier rigtings gerig, maar ná proefnemings het hy besluit op 'n stelsel waar die korwe twee-twee rug aan rug staan. Met diemetode word meer korwe op 'n vrag gelaai en dit is ook makliker om daarmee te werk.

Hy gebruik 'n klein vurkhyser om die palette met vier korwe by die lande uit te plaas. Gewoonlik sou die korwe een-een deur werkers gedra moes word. Diewerkers kan dus elders gebruik word.

Diemetode het verskeie ander voordele. Omdat die swaar korwe nie meer met die hand gedra hoef te word nie, doen die mense wat die korwe moet hanteer, minder beserings op. Groter korfsamestellings kan uitgeplaas word, wat meer bye beskikbaar stel vir bestuiwing. Die werk kan selfs in reënweer gedoen word — iets wat voorheen moeilik was.

Vir die bye is dievorm van hantering beter, want die korwe word minder versteur en groter swerms kan gehanteer word. Met die hand kan korwe van 30 kg tot 35 kg, wat swerms van sowat 20 000 bye is, gehanteer word. Met die paletstelsel weeg die korwe sowat 50 kg elk en bestaan die swerms uit 30 000 bye tot 40 000 bye elk.

Die gebruik van palette beteken ook dat die korwe hoër van die grond af is. Die ingange word dus nie maklik deur onkruid versper nie en die bye minder deur miere gehinder. Die korwe is ook nie so kwesbaar vir oorstroming as dit reën nie. Dit beteken dat die bye doeltreffender werk.

Vir die bestuiwing van veral sonneblomme is dit nodig dat baie korwe in 'n kort tyd uitgeplaas word. In mnr. Engelbrecht se gebied moet sonneblomme van 20 Februarie tot 20 Maart bestuif word, met 'n hoogtepunt teen omstreeks 15 Maart, waarna dit afneem. Saadmaatskappye wat sonneblomme vir saad plant, is dan baie afhanklik van die bye vir bestuiwing.

Mnr. Engelbrecht sê die behoefte in die Noord-Kaap wissel na gelang van hoeveel sonneblomme geplant is — 2 000 tot 11 000 korwe per seisoen. Vir saaduie, wat ook bestuif moet word, is 200 tot 2 000 korwe per seisoen nodig. In uielande kan die korwe só versprei word dat die bye nie verder as 100 m hoef te vlieg nie. Pampoene word op 'n kleiner skaal bestuif en in die Benede-Oranjeriviergebied word ook spanspekke en lusern bestuif.

Hy het al tot 4 000 korwe in een week uitgeplaas, iets wat beswaarlik sonder die paletstelsel moontlik sou wees. Vir die bestuiwing van sonneblomme is drie korwe per hektaar nodig teenoor een per hektaar vir heuningproduksie in besproeiingsgebiede.

Die korwe word op bestelling by die boere op die plase afgelewer. Die belangrikste sonneblomgebiede wat hy bedien, is Jacobsdal, Christiana, Douglas, Prieska en Barkly-Wes.

Mnr. Engelbrecht sê om genoeg swerms beskikbaar te hê, verg goeie beplanning. Hy kry in November 'n voorlopige beplanningslys van saadmaatskappye.

In die begin van Januarie moet hy dus seker maak dat hy volgens dielys genoeg swerms het. Voorsiening word gemaak vir sowat 20 % meer korwe as wat volgens beplanning nodig is. As die swerms te min is, word die bye in Januarie vermeerder. Swerms kan in ses tot agt weke gebou word sodat daar sowat 30 000 tot 40 000 bye per korf is. In dietyd word die bye gevoer.

Aan die einde van Januarie word kwekerslyste ontvang van die saadmaatskappye met die plantdatum en die verwagte blomdatum. Die finale bevestiging van korfplasing moet nie later nie as 48 uur voor plasing gedoen word.

Van 20 Februarie af is die eerste swerms gereed om uitgeplaas te word. Teen 10 Maart is die swerms op hul sterkste.

Die korwe word 21 dae lank by die lande gelaat waarna hulle verskuif word na byvoorbeeld bloekombome met blomme. As genoeg blomme nie beskikbaar is nie, moet die bye gevoer word sodat hulle genoeg vir die winter kan opgaar. In die tydperk ná bestuiwing tot die winter word geen heuning geproduseer nie.

In die tweede helfte van die jaar word die bye vir heuningproduksie ingespan. In Augustus word alle bye Douglas toe gebring en naby swarthaakbome geplaas.

Hoewel min heuning in die Noord-Kaap geproduseer word, is dit van baie hoë gehalte. 'n Klein hoeveelheid word plaaslik bemark. Die meeste word in dromme aan botteleerders verskaf. 'n Korf lewer gemiddeld 25 kg per jaar.

Mnr. Engelbrecht sê sonder die paletstelsel sou hy moeilik 'n gehaltediens aan die saadmaatskappye en kwekers kon lewer, wat nodig is vir die doeltreffende bestuiwing van sonneblomme in sy gebied. Dit hou verskeie voordele vir kwekers, hanteerders en die bye self in.

Lesers wat meer wil weet, kan met mnr. Engelbrecht in verbinding tree by Posbus 354, Douglas 8730; of tel./faks 053 298 1101 of sel 083 270 6278.

23 Mei 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot