In hierdie artikel val die klem op die doeltreffende bestuur van kalium, swael en boor, drie elemente wat ’n groot bydrae tot pitgewig lewer:
Biotegnologie, teling en agronomiese vooruitgang het gewasopbrengste na nuwe hoogtes gevoer met relatief min leiding oor hoe om hierdie moderne basters te bemes om die maksimum potensiaal te bereik.
Luidens ’n verslag deur die International Plant Nutrition Institute het vlakke van fosfor (P), kalium (K), swael (S) en sink (Zn) die afgelope tien jaar tot onder of naby aan kritieke drempelwaardes gedaal, wat tot die gevolgtrekking gelei het dat bemestingsriglyne nie meer kers vashou by die nuwe basters, hul voedingstofopname, plantestand en potensiaal nie.