Pogings deur Graan SA om die metodologie vir die bepaling van liggingsdifferensiale vir grane te vernuwe, word eersdaags deur die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) in oënskou geneem.
Dr. Dirk Strydom, hoof van bemarking, Nampo en navorsingskoördinering by Graan SA, het tydens die organisasie se onlangse streeksvergadering op Delmas gesê die JSE het die werkbaarheid van die voorgestelde nuwe ontwerp ingesien en dit na sy landbou-advieskomitee verwys.
’n Tegniese komitee sal die haalbaarheid van die model op 7 Junie oorweeg. Indien dit as werkbaar gesien word, kan die model, wat aanvanklik op soja- bone gegrond is, op ander gewasse toegepas word.