
Vitamech se Väderstad Tempo L-planter kan 16 rye saad van 0,76 cm en kunsmis met ’n positiewe lugdrukstelsel plant. Dit het tenks met ’n inhoudsmaat van onderskeidelik 5 000 liter vir korrelkunsmis en 1 000 liter vir saad. Dié werktuig uit Swede verg ’n trekker van sowat 350 kW. Prys: Sowat R4,195 miljoen. Navrae: Mnr. Louis van der Merwe, 072 626 8409.

Horsch se Maestro 8 CV-presisieplanter het agt saadkaste en werk met ’n vakuumstelsel. Dié Duits vervaardigde werktuig plaas met dieselfde aksie ook kunsmis in die grond. Voor in die tenk van 3 000 liter is die kunsmis en agterin is die saad. Prys: R2,3 miljoen. Navrae: Mnr. Charl Eloff, 079 997 8938.

Die Early Riser-planter in die Case IH 2000-reeks is bekend om sy akkurate en doeltreffende plantaksie. Die Early Riser laat ’n verstelbare plantdiepte toe en kombineer ’n geharde planter-ry-eenheid met ’n maklik verstelbare T-stuk-diepteverstelling. Dié planters kan gemaklik teen ’n hoër spoed plant sonder om akkuraatheid op te offer. Dit is alles danksy beter beweegbaarheid in die vertikale ry-eenheid. Selfs in onegalige saadbeddings word ’n doeltreffende en akkurate plantdiepte gehandhaaf en word ’n goeie toetrap-aksie verseker, selfs teen ’n spoed van tot 16 km/h. Danksy Precision Planting se tegnologie, waaronder die vSet 2-uitmeeteenheid en die vDrive- elektriese aandry-wingseenheid word akkurate en betroubare saadplasing, saai-digtheid en saadspasiëring bewerkstellig. Die uitmeeteenheid, saam met DeltaForce- hidrouliese afwaartse druk en ry-vir-ry-afskakeling vir saad, vloeibare kunsmis en chemiese middels, laat elke ry toe om individueel op veranderende planttoe-
stande te reageer.
Navrae: Case IH Suid-Afrika, 011 922 2300.

Orthman-planterbalke is bekend om hul robuuste en geharde afwerking. Geen wonder dat van die wêreld se bekendste landboumasjinerievervaardigers hierdie balke as grondslag vir hul eie planters gebruik nie. Verskillende weergawes van hierdie balke is beskikbaar, waaronder 12 rye van 76 cm, 12 rye van 91 cm, 16 rye van 76 cm en 16 rye van 91 cm. Die 955-eenheid (foto), kan volgens enige behoefte aangepas word om ’n planter te bou volgens die klant se spesifikasie. Navrae: Mnr. Brian Nieuwoudt, 076 283 9766.

Die Equalizer Precision CII Narrow-planter is in weergawes van 6-24 rye beskikbaar en is opgegradeer na die Narrow-weergawe wat tot 3,5 m wyd opvou vir padvervoer. Dit beweeg ook makliker deur plaashekke. Die Narrow se maksimum hoogte is 4,5 m om risiko van oorhoofse hindernisse, soos kraglyne en brûe, te verminder. Dit is toegerus met groter bande van 380/90R46 vir beter beweging op sagte of nat grond. Dié planter het steeds die talle standaard- gevorderde presisietegnologieë en -vermoëns van sy voorganger. Dit kan nou ook in die fabriek toegerus word met verdere opsionele tegnologieë vir selfs beter presisie en produktiwiteit.
Prys: Vanaf R920 000. Navrae: Equalizer, 021 981 2161.

Monosem se 8-16 ry Wing-Max- vertikale vouplantermodelle is beskikbaar in ’n volledig grondgedrewe meganiese opsie of ’n Isobus-versoenbare elektroniese opsie wat saad en kunsmis wisselend toedien. Afgesien van hul dubbelbalk-raamkonstruksie wat geskik is vir konvensionele bewerking én geenbewerking, is die Wing-Max se vlerkseksies elk toegerus met ’n verstelbare gewigoordragsilinder om te verseker dat daar altyd die nodige grondkontak tydens planttyd is. ’n Sentraal gemonteerde sleepbak van 5 500 liter vir droë of vloeibare kunsmis het twee groot 480/80R50-bande om grondverdigting te beperk en die risiko van vasval te verminder. Elke plantry het ’n toegewyde kunsmislyn om eenvormige toediening oor die hele plantwydte te verseker. Die vlerke van die Monosem Wing-Max kan gedeeltelik opgelig word om op wenakkers te draai en volledig gevou word vir reis op paaie. Prys: Vanaf R3 220 000 (vir die 12-ry-model op die foto). Navrae: Monosem Suid-Afrika, 021 865 2048.