AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9438
0,00
CORN
27 Sep
-
4808
0,00
SOYA
27 Sep
-
9245
0,00
SUNS
27 Sep
-
9867
0,00
WEAT
27 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
27 Sep
-
4802
0,00
YMAZ
27 Sep
-
4710
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Plant reg vir groot kanola-oes

Goeie kanolapryse van tot R2 600/ton verlede jaar, welslae met kultivars wat weerstand teen triasien bied en die voordele van diegewas in kleingraanwisselboustelsels gaan meer boere vanjaar aanmoedig om kanola te plant. Oplossings vir swak stande, die bedryf se grootste probleem, word hier gegee.

Dit kan met sekerheid gesê word dat kanola nou 'n permanente staanplek in die wisselboustelsels van die Wes-Kaap gekry het. Dit is grootliks te danke aan die oplossing wat dieoliesaad vir kleingraanboere bied wat met toenemende onkruidweerstand worstel, sê mnr Charl van Rooyen, voorligtingsbeampte van Caledon.

'n Kenmerk van die 2002-seisoen was dat triasien-weerstandbiedende en Clearfield-kanola vir die eerste keer op groot skaal met uitstekende resultate verbou is.

Kommer bestaan egter nog oor watter nagevolge triasien op die grond gaan inhou. Talle boere het nietemin aangedui dat hulle hierdie twee stelsels gaan gebruik om veral raaigras en breëblaaronkruide te beheer.

Mnr. Van Rooyen sê die afgelope tyd is heelwat gegis oor die moontlike oorsake van swak stande in kanolalande. Tot nou kon nog geen klinkklare bewyse vir 'n enkele oorsaak van die probleem gevind kon word nie.

'n Swak stand word wêreldwyd as die grootste probleem van die kanolabedryf erken. Die saaidiepte bepaal grootliks hoe die saad gaan opkom en hoe vinnig die saailinge gaan groei.

Om die beste ontkieming te verseker, behoort kanolasaad 12 mm tot 25 mm diep in ferm, nat en warm saadbeddens gevestig te word. Dít is ou nuus in die bedryf, maar word dikwels nog verontagsaam.

Wat nie altyd besef word nie, is dat saad wat 12 mm diep geplant is, beter opkom as diewat 25 mm diep geplant is. Aan die ander kant kom saad wat 25 mm diep geplant is, vinniger op, wat belangrik is omdat 'n vinnige opkoms 'n egaliger stand met optimum digtheid tot gevolg het. Dit stel die jong plante in staat om beter met onkruid mee te ding.

Plante wat gelyk opkom, vorm gou 'n egalige stand en 'n vinnige blaredak wat die potensiële opbrengs merkbaar verhoog. Só 'n stand neig om meer gelyk te blom, blom langer en word gelyktydiger ryp. 'n Egaliger stand verhoog dus nie net die opbrengs nie, maar verminder ook probleme tydens oestyd, sê mnr. Van Rooyen.

Wanneer die gereelde kouefronte hul opwagting in die suide van die land maak en die grond goed nat is, kan vlakker geplant word. Die saad kan dan uitgestrooi en toegekrap word, soos wat die algemene gebruik in dele van die Wes-Kaap is. Die voorbehoud is dat saadbeddens ferm en nat genoeg moet wees om ontkieming en opkoms aan te moedig. Dit sal ook die vorming van 'n sterk wortelstelsel aanmoedig.

Hy beveel aan dat grondsoorte wat geneig is om toe te slaan, gelaat word om goed nat te word. Die fynbewerking van sulke grond moet egter vermy word. Verkieslik moet sulke grond ook nie gerol word nie, behalwe as baie klippe bo-op lê. Slegs op sanderige grond waar die bogrond geneig is om uit te droog, kan dieper gesaai word.

Dit moet egter in gedagte gehou word dat hoe dieper die saad geplaas word, hoe kouer is die grond en hoe verder moet die saailing groei voordat dit opkom. Saailinge wat op `n diepte van byvoorbeeld 75 mm ontkiem, kan maklik drie tot vyf dae langer neem om op te kom (indien dit wel opkom) as diewat 25 mm diep gesaai is.

Saailinge wat stadig opkom, word langer aan die vernietigingswerk van siekteveroorsakende organismes en ander plae blootgestel. Dit gee onkruid meer tyd om goed gevestig te raak. Sulke aanplantings neig dikwels om in kolle ryp te word, wat om die beurt weer probleme met platsny en droging veroorsaak omdat blootstelling aan wind te lank uitgerek word. Oesverliese as regstreekse gevolg hiervan het verlede jaar op sommige plase na raming tot 700 kg/ha beloop.

In die seisoen 2002 is wisselende resultate met verskillende planters behaal, sê mnr. Van Rooyen. 'n Fout wat algemeen voorgekom het, is dat werktuie te kort voor planttyd op die plaas afgelaai is. Dit het te min tyd toegelaat om die planter te toets en in te stel. Planters moet só gestel word dat saad op 'n egalige diepte van sowat 25 mm in voortjies geplaas kan word.

Voorts moet 'n saaidigtheid van 2,5 kg tot 3,5 kg per hektaar gehandhaaf word. Die saad moet nooit ooplê nie. Dit moet met genoeg grond toegemaak word en waar grondtoestande dit toelaat, moet die grond rondom die saad gekompakteer word vir vinnige en egalige ontkieming en opkoms.

Hiervoor kan 'n drukwiel of roller gebruik word. Drukwiele moet verkieslik 'n geronde voorkoms hê en nie breër as 70 mm wees nie, anders word onvoldoende saad-grond-kontak vir die ontkieming van die saad verkry.

Nog 'n fout wat algemeen voorkom, is dat die oopmakers te diep (soos vir kleingraan) gestel word. Die saad beland dan diep onder in die voor wat deur die skeurtand gemaak is.

Mnr. Van Rooyen sê die beste kanolastand verlede jaar is verkry met planters wat vir geenbewerking gebruik word.

Uitstrooi en toekrap is egter die tegniek wat die algemeenste toegepas word om kanola te vestig. Dietegniek vereis dat die grond óf droog óf nat genoeg moet wees. Hy het goeie stande waargeneem waar met 'n Rovic-strooier geplant en daarna met 'n gallop-eggie toegekrap is. Wanneer dit toegekrap word, moet verhoed word dat saad te diep in die saadbed ingewerk word.

Vir goeie kompaksie as die grond aan die droë kant is, behoort 'n roller, 'n eg of 'n roltand-eg gebruik te word.

Die uitstrooi-en-toekrapmetode is deur altesaam 73 % van die boere gebruik wat verlede jaar aan die kanolakompetisie deelgeneem het. Hul opbrengs het van 989 kg/ha tot 2,11 ton/ha gewissel.

Die deelnemers wat planters gebruik het, het 1,13 t/ha tot 2,54 t/ha geoes. Hoewel die hoogste opbrengs in die kompetisie met 'n planter behaal is, is ook swak stande gesien waar planters gebruik is.

Probleme met die groeikrag van kanolasaad is 'n aspek wat verlede jaar sterk na vore gekom het en dringend reggestel sal moet word, sê mnr. Van Rooyen. In dieverband is daar besliste verskille tussen kultivars. Basterkultivars, soos Hyola 60, het gewoonlik uitstekende groeikrag.

Kultivars met weerstand teen triasien se groeikrag is meestal laer as dievan gewone kultivars. Hierdie eienskap moet in gedagte gehou word.

"Ons moet meer professioneel wees en nie alles vir soetkoek opeet wat die Australiërs na ons kant toe gooi nie. Hou 'n monster van die saad terug, insluitende die strokie wat die lotnommer aandui. Só kan agterna noukeurig bepaal word of daar probleme met die kiemkrag van die saad was."

'n Kanolaland met 'n geskiedenis van raaigrasweerstand of probleme met breëblaaronkruid oefen 'n groot invloed op die boer se keuse van kultivars uit. Boere moet ook onthou dat saadbehandeling met insekmiddels, soos dimetoaat, die groeikrag van saailinge kan benadeel as die aanbevole dosis van 600 ml per 100 kg saad oorskry word.

Mnr. Van Rooyen sê plaaslike maatskappye wat die meeste van hul saad uit Australië kry, se saad is dikwels met verskeie middels behandel. Boere moet hulle hiervan vergewis voordat hulle die saad met swam- of insekmiddels behandel. Die saadbehandeling deur saadmaatskappye is vir insekte in die opbergplek, vir swamme en om aan invoerregulasies te voldoen. Dit is selde gemik op die verbouing van die produkte.

Daar moet veral uitgekyk word vir aktiewe bestanddele in middels wat vir die behandeling van saad gebruik word. Onder hulle is 'n swam- en insekmiddel, soos Rovral ST, wat maklik met Rovral Flo verwar kan word.

In die handel word net na 'n Rovral-saadbehandeling verwys wat óf net 'n blote swambehandeling kan wees, óf ook die insekmiddel lindaan kan bevat.

Mnr. Van Rooyen sê as twyfel bestaan, moet insekmiddels gespuit word verkieslik net nadat die saad geplant is. Dit kan met 'n tweede bespuiting opgevolg word as monitering op die nodigheid daarvan wys. Dit lyk of die praktyk om insekmiddels met die voorsaai-onkruidbespuiting te kombineer, werk.

Boere moet die besonderhede aanteken van alle onkruiddoderbespuitings in elke land vir ten minste die hele graansiklus omdat sommige vervaardigers wagtydperke voorskryf. Sekere middels, grondsoorte en gewasse het 'n wisselwerking wat tot groot verliese kan lei. Hierdie aantekeninge moet byderhand wees as die boer en sy verskaffer van chemiese middels besluite oor onkruidbespuitings neem.

Die beplanning vir toekomstige wisselbougewasse moet die onkruidprofiel van die spesifieke land en die beskikbare onkruiddoders wat aangewend kan word insluit, sê mnr. Van Rooyen.

Kobus van Tonder is 'n vryskutjoernalis.

21 Maart 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.4%
Rand - Pond
19.41
-0.4%
Rand - Euro
17.35
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,631.60
+0.6%
Silwer
18.53
+1.0%
Palladium
2,052.89
+0.5%
Platinum
856.53
+0.4%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,290
0.0%
Alle aandele
63,626
0.0%
Hulpbronne 10
56,215
0.0%
Industriële 25
79,529
0.0%
Finansiële 15
13,982
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot