Op die plaas Adowa net buite Protem in die Overbergse Rûens is kanola en voergrane reeds geplant, en hier is mnr. Jan-Hendrik Human besig om gars te plant.
“Die omstandighede is maar droog en stowwerig,” sê hy.
“Die grond is hard en droog. Nat kolle van laasjaar se groot reën is maar vas en toegeslaan. Ons hou egter moed en doen ons deel as boere om die saad in die grond te sit. Die res sal die Here doen op sy tyd.”